Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Emigrasie & buiteland » Australie: Ek bly lekker dankie !
Australie: Ek bly lekker dankie ! [boodskap #13015 is 'n antwoord op boodskap #13044] Wo, 04 Maart 1998 00:00 na volgende boodskap
Galjoen!  is tans af-lyn  Galjoen!
Boodskappe: 44
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Volle Lid
Ek, die uwe, 'n opregte Afrikaner, bly lekker hier dankie.
My kinders praat uitstekend Afrikaans en dit is na 8 jaar nog
ons huistaal.
Ek mis natuurlik my land, familie en kultuur soms vreeslik,
maar dit verander niks aan die feit dat ek lekker hier bly nie.

En, terloops, hier is omtrent net soveel redes waarom Suid Afrikaners
hier is as wat daar suid afrikaners is. So moenie veralgemeen nie.
My rede is dat die Apartheidsbewind en meegaande weermagsbetrokkenheid
my te veel ingesleep het by 'n verkeerde beleid. Maar kom ons los nou
maar die politiek vir 'n slag ne ?

Vriendelike groete, vir julle daar tuis,
ek hoop dinge werk goed uit sodat ek daar kan gaan aftree.

NS: En moet my om godswil nie kontak oor raad vir emmigrasie nie,
ek is nou bietjie gatvol vir ryk Suid Afrikaners wat gedurig
hulp en raad wil he om hiernatoe te kom. Is julle bleddiewil
hulpbehoewend ?!! Sit dan eerder skouer aan die wiel en help SA opbou.
Re: Australie: Ek bly lekker dankie ! [boodskap #13043 is 'n antwoord op boodskap #13015] Wo, 04 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Nico wrote in message ...
> Moenie so liggeraak wees nie, ou J.
> Feit is feit - dis baie lekker om in 'n beskaafde land te bly! En ek dink
> dis net eenvoudig 'n feit - as jy nie wil of kan SA verlaat nie, moet jy
> maar daar plaaslik skouer aan die wiel sit en jou bes doen om te oorleef en
> jou lewensomstandighede so lekker te maak as wat jy kan.

Is dit net ek wat 'n probleem het met die idee dat "lekker
lewensomstandighede" die norm is waarvolgens ons belangrike besluite moet
maak - soos die land waarin mens woon en of jy skouer aan die wiel sal sit
of nie?

Groete, Leendert
Re: Australie: Ek bly lekker dankie ! [boodskap #13044 is 'n antwoord op boodskap #13015] Di, 03 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Onrusstoker wrote:

> NS: En moet my om godswil nie kontak oor raad vir emmigrasie nie,
> ek is nou bietjie gatvol vir ryk Suid Afrikaners wat gedurig
> hulp en raad wil he om hiernatoe te kom. Is julle bleddiewil
> hulpbehoewend ?!! Sit dan eerder skouer aan die wiel en help SA opbou.

Al wat ek vir jou kan sê is soos Breyten Breytenbach tereg opgemerk het
'Gaan Kak'. Wie is jy om vir ons te sê ons moet skouer aan die wiel sit
en SA help opnou sodat jy, nadat jy vir jare op die draad gesit het,
hier kan kom aftree. Ek raak heeltemal gatvol vir mense wat oorsee bly
en vir ons wil kom vertel wat om te doen. Sit eerder skouer aan die wiel
en help jou nuwe vaderland opbou.

Cheers
Lou
Re: Australie: Ek bly lekker dankie ! [boodskap #13045 is 'n antwoord op boodskap #13044] Wo, 04 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Nico wrote:
>
> Moenie so liggeraak wees nie, ou J.
> Feit is feit - dis baie lekker om in 'n beskaafde land te bly! En ek dink
> dis net eenvoudig 'n feit - as jy nie wil of kan SA verlaat nie, moet jy
> maar daar plaaslik skouer aan die wiel sit en jou bes doen om te oorleef en
> jou lewensomstandighede so lekker te maak as wat jy kan.
> --
> Net Nico ...
>

Hoekom kry julle mense so 'n hoogwaardige houding sodra julle die land
verlaat. Hou op om ons neuse daarin te vryf, as jy gewaai het, het jy
gewaai my ou . Hou op om vir ons te preek en maak die beste van jou
nuwe land - en lekker Afrikaans praat vir die eerste paar jaar - jou
kinders en kleinkinders sal heel moontlik nie.

Cheers
Lou
Re: Australie: Ek bly lekker dankie ! [boodskap #13046 is 'n antwoord op boodskap #13044] Wo, 04 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek stem saam met jou - ons is nou al hier vir drie jaar en ons huistaal en
die van my kinders is steeds Afrikaans. Ons is trots op ons taal, ons
herkoms en kultuur.

Sekerlik een van die dinge wat ons die meeste mis is die Afrikaner se sin
vir humor en vermoe" om altyd positief (Gloudina nie..) te bly. Ons mense
doen goed hier !

Ons gaan nog gereeld terug na Suid Afrika en het steeds eiendom daar.

Ek nooi enige Suid Afrikaner uit om met my te skakel as hulle enigsins hulp
nodig het om te emmigreer - ek weet van 'n baie goeie en betroubare Suid
Afrikaner wat ook hier woon en wat al talle mense gehelp het om te emmigreer
en ook toesien dat hulle hier 'n begin kan maak.

Onrusstoker wrote in message ...
> Ek, die uwe, 'n opregte Afrikaner, bly lekker hier dankie.
> My kinders praat uitstekend Afrikaans en dit is na 8 jaar nog
> ons huistaal.
> Ek mis natuurlik my land, familie en kultuur soms vreeslik,
> maar dit verander niks aan die feit dat ek lekker hier bly nie.
>
> En, terloops, hier is omtrent net soveel redes waarom Suid Afrikaners
> hier is as wat daar suid afrikaners is. So moenie veralgemeen nie.
> My rede is dat die Apartheidsbewind en meegaande weermagsbetrokkenheid
> my te veel ingesleep het by 'n verkeerde beleid. Maar kom ons los nou
> maar die politiek vir 'n slag ne ?
>
> Vriendelike groete, vir julle daar tuis,
> ek hoop dinge werk goed uit sodat ek daar kan gaan aftree.
>
> NS: En moet my om godswil nie kontak oor raad vir emmigrasie nie,
> ek is nou bietjie gatvol vir ryk Suid Afrikaners wat gedurig
> hulp en raad wil he om hiernatoe te kom. Is julle bleddiewil
> hulpbehoewend ?!! Sit dan eerder skouer aan die wiel en help SA opbou.
>
Re: Australie: Ek bly lekker dankie ! [boodskap #13047 is 'n antwoord op boodskap #13044] Wo, 04 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Lou:

>> 'Gaan Kak'. Wie is jy om vir ons te sê ons moet skouer aan die wiel sit

Ferdi:

> Ja.
> Miskien moet ons hel uit hom uit tax as hy eendag terugkom.

Bly om te sien julle stem 'n slag saam! Net om nie uit te voel nie, sal ek
beide voorstelle sekondeer.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
Re: Australie: Ek bly lekker dankie ! [boodskap #13048 is 'n antwoord op boodskap #13044] Wo, 04 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
JP  is tans af-lyn  JP
Boodskappe: 40
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Ja, dit is seker lekker om in 'n ander land te woon en op 'n afstand na ons
probleme te kyk. Kyk, moord, verkragting motor kapings is geen rumor nie,
dit gebeur elke dag om ons. Daar is al twee keer in my huis ingebreek. Glo
my, ons wil die wette in eie hande neem maar ons weet dit sal net 'n jong
oorlog veroorsaak. Kom terug en woon so rukkie in ons land en kyk of jy weer
sulke opmerkings sal maak soos "sit skouer aan wiel" ens.

Lekker bly daar down under
Re: Australie: Ek bly lekker dankie ! [boodskap #13049 is 'n antwoord op boodskap #13044] Wo, 04 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Moenie so liggeraak wees nie, ou J.
Feit is feit - dis baie lekker om in 'n beskaafde land te bly! En ek dink
dis net eenvoudig 'n feit - as jy nie wil of kan SA verlaat nie, moet jy
maar daar plaaslik skouer aan die wiel sit en jou bes doen om te oorleef en
jou lewensomstandighede so lekker te maak as wat jy kan.
--
Net Nico ...

J wrote in article ...
| Ja, dit is seker lekker om in 'n ander land te woon en op 'n afstand na ons
| probleme te kyk. Kyk, moord, verkragting motor kapings is geen rumor nie,
| dit gebeur elke dag om ons. Daar is al twee keer in my huis ingebreek. Glo
| my, ons wil die wette in eie hande neem maar ons weet dit sal net 'n jong
| oorlog veroorsaak. Kom terug en woon so rukkie in ons land en kyk of jy weer
| sulke opmerkings sal maak soos "sit skouer aan wiel" ens.
|
| Lekker bly daar down under
|
|
|
Re: Australie: Ek bly lekker dankie ! [boodskap #13050 is 'n antwoord op boodskap #13044] Wo, 04 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Nico wrote:
>
> Relax Lou! Ek preek nie en ek hoop nie ek kom hoogwaardig voor nie. Ek
> was net baie gelukkig dat ek wel kon kwalifiseer om in die VSA in te kom en
> dat ek nou hierdie groot avontuur in my lewe ervaar. Ek dink beslis nie
> dit maak van my 'n helikopterpilot nie! Is maar net lekker, dis al!
> --
> Net Nico ...
>

Ja swaer.
Re: Australie: Ek bly lekker dankie ! [boodskap #13051 is 'n antwoord op boodskap #13044] Wo, 04 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 03 Mar 1998 23:05:28 +0200, Lou wrote:

'Gaan Kak'. Wie is jy om vir ons te sê ons moet skouer aan die wiel sit[/color]
> en SA help opnou sodat jy, nadat jy vir jare op die draad gesit het,
> hier kan kom aftree. Ek raak heeltemal gatvol vir mense wat oorsee bly
> en vir ons wil kom vertel wat om te doen. Sit eerder skouer aan die wiel
> en help jou nuwe vaderland opbou.>>

Ja.
Miskien moet ons hel uit hom uit tax as hy eendag terugkom.
Re: Australie: Ek bly lekker dankie ! [boodskap #13060 is 'n antwoord op boodskap #13044] Do, 05 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Relax Lou! Ek preek nie en ek hoop nie ek kom hoogwaardig voor nie. Ek
was net baie gelukkig dat ek wel kon kwalifiseer om in die VSA in te kom en
dat ek nou hierdie groot avontuur in my lewe ervaar. Ek dink beslis nie
dit maak van my 'n helikopterpilot nie! Is maar net lekker, dis al!
--
Net Nico ...

Lou wrote in article
...
| Hoekom kry julle mense so 'n hoogwaardige houding sodra julle die land
| verlaat. Hou op om ons neuse daarin te vryf, as jy gewaai het, het jy
| gewaai my ou . Hou op om vir ons te preek en maak die beste van jou
| nuwe land - en lekker Afrikaans praat vir die eerste paar jaar - jou
| kinders en kleinkinders sal heel moontlik nie.
|
| Cheers
| Lou
|
Re: Australie: Ek bly lekker dankie ! [boodskap #13061 is 'n antwoord op boodskap #13044] Do, 05 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Nee, jy is nie alleen nie - ek het nie vir myself gesê nou wil ek lekker
leef en daarom besluit ek om VSA toe te gaan nie.
Ek het 'n hele string oorwegings gehad wat 'n rol gespeel het - seker die
belangrikste was dat ek net nie verder in my loopbaan kon vorder in SA nie
en hierdie vir my 'n verdere uitdaging sou skep. Omdat ek nie in SA verder
kon vorder nie, het ek ook vasgehaak met salaris en dit net bloot eenvoudig
onmoontlik gevind om verder kop bo water te hou. 'n Skuif oorsee het dus
ook vir my beteken dat ek my finasiele posisie baie verbeter.
Daarom kan ek ook nou lekkerder leef en die avontuur geniet. Ek het ook
tot die besef gekom dat die Calvinistiese opvatting dat dit edel is om
swaar te kry, sommer nonsies is. Mens mag maar lekker leef!
--
Net Nico ...

Leendert van Oostrum wrote in article
| Is dit net ek wat 'n probleem het met die idee dat "lekker
| lewensomstandighede" die norm is waarvolgens ons belangrike besluite moet
| maak - soos die land waarin mens woon en of jy skouer aan die wiel sal sit
| of nie?
|
| Groete, Leendert
Vorige onderwerp: Wie's almal oorsee?
Volgende onderwerp: Australia Inligting!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 08:36:56 MGT 2024