Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Generaal in die hof
Generaal in die hof [boodskap #8360] Wo, 05 Februarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Interresante nuusbrokkie vir die wat oorsee is en nie die plaaslike
koerante op die net lees nie:

Wouter Basson, voormalige generaal in die weermag en een van die
hoofde van die geneeskundige dienskorps tot baie onlangs en PW se
persoonlike lyfarts in die jare tagtig, is in die hof vir
dwelmsmokkelary.
Hy is betrap in 'n lokval dat hy (na bewering - die saak moet nog
voorkom) honderde Ecstasy tablette probeer verkoop het.
Die vermoede is dat hy dit vervaardig het en dat daar 'n laboratorium
iewers is, se die polisie.
Hy was ook nou verbonde met para-militere aksies in die verlede, se
die mense.
Die Waarheidskommissie se ook hy kan 'n sleutelfiguur wees.
Hy word gekoppel aan die moorde op mense soos Lubofski en Webster.
Hy is glo 'n hart-chirurg.

In elke geval, daar is deesdae 'n lekker Suid-Afrikaanse soek-enjin te
kry by www.gogga.ru.ac.za
Dit soek oor omtrent al die groot koerante (Afrikaanse en Engels) na
berigte oor 'n item.
Re: Generaal in die hof [boodskap #8391 is 'n antwoord op boodskap #8360] Do, 06 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Charl Durand  is tans af-lyn  Charl Durand
Boodskappe: 55
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Koos wrote in article
...
>
> Wouter Basson, voormalige generaal in die weermag en een van die
> hoofde van die geneeskundige dienskorps tot baie onlangs en PW se
> persoonlike lyfarts in die jare tagtig, is in die hof vir
> dwelmsmokkelary.

Jislaaik mense, die rotte van die Afrikanerdom kom darem nou vinnig uit
hulle gate. Nou kom dit uit dat hierdie ou en sy cronies glad dwelms in die
laboratoriums van een van die militere frontmaatskappye vervaardig het.
Hierdie stories lees soos 'n Nazi-novel.

Laat my wonder hoeveel van hierdie skelmstreke het in die tagtigs ongesiens
verbygegaan.

Kierankies braai.

Charl
Re: Generaal in die hof [boodskap #8412 is 'n antwoord op boodskap #8360] Vr, 07 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Charl Durand  is tans af-lyn  Charl Durand
Boodskappe: 55
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Koos wrote in article
...
>
> Interresante nuusbrokkie vir die wat oorsee is en nie die plaaslike
> koerante op die net lees nie:
>
> Wouter Basson, voormalige generaal in die weermag en een van die
> hoofde van die geneeskundige dienskorps tot baie onlangs en PW se
> persoonlike lyfarts in die jare tagtig, is in die hof vir
> dwelmsmokkelary.

In my vorige boodskap oor Basson wou ek die volgende woorde insluit:
"Suid-Afrika se dr Mengele", maar toe vee ek dit weer uit. Dis 'n bietjie
sterk gestel, het ek gedink.

Vanoggend lui The Star se hoofopskrif: Basson's gruesome human experiments.
In die artikel word vertel hoe, in die tagtigs, onder andere the gif
Thallium op grenssoldate en Swapo-lede getoets is, asook hart-middels op
Boesmans, wat 'n genetiese weerstand teen hartaanvalle het.

Mengele inderdaad.
Re: Generaal in die hof [boodskap #8474 is 'n antwoord op boodskap #8360] Ma, 10 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 7 Feb 1997 11:00:52 GMT, "Charl Durand" <ev...@aztec.co.za> wrote:
> <<>Mengele inderdaad.>>>

Die apartheid-verlede van Suid-Afrika.
Daar broei nog meer skokkende goed.

Een van die meer skokkendes is inligting wat lyk asof mandrax dalk
doelbewus deur sekere organisasies onder sekere dele van die
bevolking versprei is.

Ander stukke inligting laat dit lyk asof SA ecstasy na Brittanje
kon uitgevoer het.
Re: Generaal in die hof [boodskap #120872 is 'n antwoord op boodskap #8474] Ma, 05 November 2018 18:53 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Dis 'n stok ou storie hierdie waarvan daar net mooi niks gekom het nie.
Basson het homself verdedig en is na 30 maande se hofverrigtinge van alle klagte vrygespreek.
Die regter het geen komplemente vir die staat gehad nie en die saak as "gefragmenteerd en verwarrend" bestempel.
Vorige onderwerp: Ek dink hulle is dood! Almal van hulle.
Volgende onderwerp: Voorspoed vir 2019!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 04:17:52 MGT 2024