Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Ekonomie & geldsake » SA in tegniese resessie
SA in tegniese resessie [boodskap #120768] So, 09 September 2018 15:17
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Volgens die jongste statistiek is Suid-Afrika "tegnies" in 'n resessie. Die land se groeikoers het in die tweede kwartaal van 2018 met 0.7% afgeneem, na 'n inkrimping van 2,3% in die eerste kwartaal. 'n Tegniese resessie ontstaan as die ekonomie vir twee agtereenvolgende kwartale negatief groei.

Die ekonoom Chris Hart het getweet: "As Suid-Afrika sedert 2010 die gemiddelde groeikoers van Sub-Sahara en sy eweknieë in die ontluikende markte kon handhaaf, die ekonomie vandag sowat R1 miljard groter sou wees. Dit is self-veroorsaak deur oorbelasting, oorregulering en weghol-korrupsie."

Selfs Dawie Roodt het gewaarsku: "Alle Suid-Afrikaners behoort baie, baie bekommerd te wees." Hy raai selfs mense aan om in veiliger plekke as Suid-Afrika te belê.

Volgens pres. Ramaphosa sal die regering in die komende dae 'n plan van aksie bekendmaak. Hy het die publiek gemaan om nie moed te verloor nie en dat alle lande deur siklusse met op- en afwaartse fases gaan. Die ingryping om verhogings in brandstofpryse te absorbeer is een van hierdie maatreëls.

Die regering se uitspraak dat "mens grond aan mense kan gee op 'n manier wat werkskepping sal bevorder en die ekonomie laat groei" laat mens egter wonder of hulle weet hoe 'n ekonomie werk. En, vanoggend in die Rapport: "Grondpryse val 32%".

Laat ons maar eerder nie oor die Rand se swak vertoning praat nie...
Vorige onderwerp: Arm wittes ná maand steeds sonder hulp
Volgende onderwerp: Petrol 93c?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 17:39:41 MGT 2024