Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Eksamenflaters
Eksamenflaters [boodskap #39] Ma, 21 Mei 2018 19:45 na volgende boodskap
admin  is tans af-lyn  admin
Boodskappe: 46
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 4
Volle Lid
Administrateur
Afrikaans Graad 8
Maak 'n sin met "ter aarde bestel"
Wie op ter aarde bestel so 'n groot koek?

Wiskunde Graad 9
Gee die formule om die oppervlakte van 'n sirkel te bepaal
Paai straal kordaat.

Afrikaans Graad 8
Gebruik "bruin" as 'n werkwoord.
Die kommuniste het die man gebruinwash.

Aardrykskunde Graad 10
Hoe het berge ontstaan?
Deur baie sterk winde.

Rekenaarstudie Graad 12
Waarom moet rekenaargebruikers gereeld rugsteunkopiee maak?
Sodat hulle nie rugpyn kry nie.

Geskiedenis Graad 11
In watter jaar het Suid-Afrika 'n unie geword?
Ek weet nie meneer. Maar 'n geseënde Kersfees en 'n voorspoedige Nuwejaar vir meneer en meneer se gesin.

Afrikaans Voltooi: Hoe kaler jonker...
...hoe stouter in die donker.

Wiskunde Graad 8
Wat is regoorstaande hoeke?
Dit is hoeke wat vir mekaar kyk.

Geskiedenis Graad 8
Waarom is die Mona Lisa-skildery so baie werd?
...omdat sy so 'n mooi vrou was.

Bybelkunde Graad 8
Waar het die koning van Israel twee afgodsbeelde laat oprig?
In Jerusalem en Gauteng.

As kinders nog te klein is om pille te sluk, hoe kan 'n mens vir hulle medisyne ingee?
Tepelsgewys.

Wat is 'n vlieënde piering?
'n Ding soos hierdie: O

Waar word sykouse vervaardig?
By Pep Stors.

Waarom is die seun in die verhaal gestraf?
Omdat hy sy eie virgin van die volkslied gesing het.

Noem drie soorte grafiese rekenaarpakkette wat 'n mens kry.
Reghoekiges, rondes en langwerpiges.

Noem die vier seisoene.
Sout, peper, mosterd en asyn.

Hoe word dou gevorm?
Die son skyn op die blare en dan sweet hulle.

Wat veroorsaak getye in die see?
Die getye is 'n geveg tussen die aarde en die maan.
Al die water wil na die maan vloei, want daar is nie water op die man nie.
Ek het vergeet waar die son in die geveg inkom.

Watter waarborge kan 'n bank vereis as hulle 'n huisverband toestaan?
As jy 'n huis koop, kan hulle aandring dat jy goed geërf het.

Hoe belangrik is eleksies in 'n demokratiese samelewing?
Baie belangrik. Voortplanting kan slegs gebeur as 'n man 'n eleksie het.

Wat is 'n terminale siekte?
As jy op die lughawe siek word.
Re: Eksamenflaters [boodskap #120739 is 'n antwoord op boodskap #39] Ma, 20 Augustus 2018 18:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Juffrou vra vir Jannie om 'n sin te maak met die woord "oomblik".
Jannie dink 'n bietjie en sê:
"Juffrou, wat sê die klein blikkie vir die groot blikkie... Goeie môre Oomblik!"
Re: Eksamenflaters [boodskap #120741 is 'n antwoord op boodskap #120739] Wo, 22 Augustus 2018 19:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Waarvoor word beesvelle gebruik?
A: Om die bees binne te hou.

Wat is outobiografie?
A: Dis die ontstaan en geskiedenis van die motorkar.

Waarvoor staan die afkorting t.o.v.?
A: Tot onder die voete.

Wat is die doel van die kies- en oogtande?
A: Die kiestande kou die kos en die oogtande kyk dat hulle die kouwerk goed doen.

Voltooi die volgende idioom: Hoe meer haas............
A: Hoe groter haaspastei.

Wat is die teenoorgestelde van kleinneef?
A: Kleinteef.

Wat is die meervoud van kabeljou?
A: Kabeljulle.
Re: Eksamenflaters [boodskap #120742 is 'n antwoord op boodskap #120741] Wo, 22 Augustus 2018 19:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Noem 5 dinge wat melk bevat?
A: Kaas, botter en drie koeie

Wat is die verlede tyd van EET?
A: Honger

Wat is die verkleinwoord van OUPA?
A: Kleinseun

Vertaal in Afrikaans: 'I beg your pardon?'
A: HUH?

Wat noem ons iemand wat velle looi?
A: Onderwyser

Voltooi: Wat jonk is, (speel) graag.
A: Wat oud is, ....... kreun graag

Wat kry jy as jy jou melktande wissel?
A: Pepermenttande
Re: Eksamenflaters [boodskap #120759 is 'n antwoord op boodskap #120742] So, 02 September 2018 18:34 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
In 'n Afrikaanse toets word gevra: "Wat is die trappe van vergelyking van deur".
Een van die kinders se antwoorde was: "Deur, dwarsdeur, anderkant uit, moer toe!"
Vorige onderwerp: Mike en die Bankrower
Volgende onderwerp: So 'n bietjie sielkunde...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 15:48:24 MGT 2024