Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Roger slaan 'n bal ver, maar Kevin slaan hom "federer"
Roger slaan 'n bal ver, maar Kevin slaan hom "federer" [boodskap #120666] Do, 12 Julie 2018 15:42 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Kevin Anderson het gister die wedstryd van sy lewe gespeel deur Roger Federer te klop, die eerste Suid-Afrikaner in 35 jaar om die halfeindronde van Wimbledon te haal. Federer het al agt Wimbledon-titels agter sy naam en het beslis nie verwag om teen Anderson vas te val nie. Die wedstryd het 4 uur en 15 minute geduur en die finale telling was 2-6, 6-7(5), 7-5, 6-4 en 13-11.

Suid-Afrika se Kevin Curren het laas in 1983 na die halfeindstryd deurgedring. Curren het in 1985 die eindstryd gehaal, maar was toe reeds 'n Amerikaanse burger.

Anderson kom Vrydag in die halfeindstryd teen John Isner van Amerika te staan. As hy wen sal hy teen Novak Djokovic of Rafael Nadal in die eindstryd speel.

Veels geluk ou Kevin, jy hou Suid-Afrika se naam hoog! Roger slaan 'n bal ver, maar Keven, jy slaan hom verder "federer". Nod

Ons hou duim vas dat hy die eindstryd sal haal...
Re: Roger slaan 'n bal ver, maar Kevin slaan hom "federer" [boodskap #120667 is 'n antwoord op boodskap #120666] Vr, 13 Julie 2018 19:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Kevin Anderson is deur na die eindstryd!

Anderson het Isner met 7-6, 6-7, 6-7, 6-4 en 26-24 verslaan. Die wedstryd het 'n verstommende 6 uur 35 minute geneem en is blykbaar die langste halfeindstryd in Wimbledon se geskiedenis, asook die tweede langste Grand Slam-wedstryd van alle tye. Hy is ook die eerste Suid-Afrikaner in 97 jaar om na die eindstryd deur te dring (sedert Brian Norton dit in 1921 gedoen het).

In 2010 was Isner vir 11 uur en 5 minute op Wimbledon se baan nommer 18 in 'n stryd teen Nicolas Mahut betrokke. Isner het hierdie wedstryd uiteindelik in 'n valbylpot met 70-68 gewen.

Nadal en Djokovic se wedstryd is vertraag en hulle is tans besig om sake uit te spook.
Re: Roger slaan 'n bal ver, maar Kevin slaan hom "federer" [boodskap #120675 is 'n antwoord op boodskap #120667] So, 15 Julie 2018 15:31 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Djokovic is toe deur na die finaal en het korte mette met Anderson gemaak. Die telling was 2-6, 2-6 en 6-7 (3-7 in valbyl). Anderson het teen die einde meer belowend begin speel, en het so amper-amper 'n vierde stel afgedwing. Die wedstryd het 2 uur en 18 minute geduur en het hom £1,125 miljoen (ongeveer R19,75 miljoen) vir sy 2de plek in die sak gebring. Glad nie te versmaai nie...

Per WhatsApp ontvang ek toe die boodskap:
Kevin het gedink dis sy trofee, nou is dit iemand "anderson".
Vorige onderwerp: Welkom in SA. sokkermense
Volgende onderwerp: 2018 FIFA Sokker-Wêreldbekerbeker
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 20:54:34 MGT 2024