Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Boeke, tydskrifte & koerante » Die era van BOEKIES: Ruiter in Swart ens...
Die era van BOEKIES: Ruiter in Swart ens... [boodskap #7639] Di, 12 November 1996 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Koos skryf oor die "Ruiter in Swart" boekies, n.a.v. Gert Vlok Nel
se gedig:

> Die boekies het soms onbedoelde heerlikhede opgelewer. Soos 'n
> karakter wat geboe" teen 'n bult staan met een voet vooruit en arms in
> 'n hardloop-posisie. Dis dan duidelik 'n akteur wat stil staan vir die
> kamera en probeer lyk soos iemand wat hardloop.
> Dan staan daar in die "bubble" langs sy kop: "hyg! hyg!"

Ja, Koos ek lag my alweer keduks!. Dit is nes ek dit ook onthou.
Dit bring baie herrineringe op. Die boekies was baie amateuragtig,
en mens het jou dikwels doodgelag.
Die mees gewilde sinsnede in die boekies was:
"...heelwat later..."

Die ontploffings en die vlam van 'n rewolwer was gewoonlik
met Tip-Ex ingeverf ens. Motorongelukke is aangedui deur die kar
van skuins-voor af te neem met 'n oop deur.
Daar was baie ander ook: BEAU BRUMMEL, SAAL 10 (oor dokters & verplieers),
met suster Teresa,Die Valk/Arend (of so iets), Die Adelaar, Die Saboteur,
Dr Conrad Brand en ook 'n groterige boek "KYK",
vol soetsappige liefdesdramas.
Was daar nie ook nog 'n "Kaptein Caprivi" ook nie ?
Almal "verhale" uitgebeeld met swart&wit fotos.

Jy praat hier van Africana hoor!. Ek raak sommer homesiek.
Ons mag dit nie gelees het nie, (Sonde !)
maar iemand het altyd 'n stapel gehad en dit uitgeleen.
Die kleurling "bediendes" was vreeslik lief daarvoor, en ek weet
van baie ouens wat dit (met groot skaamte) by hulle gaan leen het.
Hulle het dit dan onder die bed weggesteek vir hul ouers.

Daar was aan ons gesê dat dit jou lees en taalvermoe nadelig beinvloed.
(die taal was maar swak). Baie mense (uit die werkersklas) het egter
so leer lees.

Vriendelike Groete

|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Re: Die era van BOEKIES: Ruiter in Swart ens... [boodskap #7648 is 'n antwoord op boodskap #7639] Wo, 13 November 1996 00:00 Na vorige boodskap
Louis  is tans af-lyn  Louis
Boodskappe: 32
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Haai, hoe kon julle van Mark Condor vergeet het ???

Skande !!!

Terloops, sy Jaguar E-type model is vandag 'n redelik gesogte motor onder
versamelaars. Ek sien Martin Pols (Mark Condor) het die een of ander
geldleenbesigheid aan die gang.

Ja, die heimwee........
Re: Die era van BOEKIES: Ruiter in Swart ens... [boodskap #7649 is 'n antwoord op boodskap #7639] Wo, 13 November 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ja, dis wonderlik om oor die boekies te praat.
Ek onthou goed hoe indrukwekkend daai groot
spinnekoppe was.

Dis juis deur die boekies wat ek spoed-lees
bemeester het. Ek moes vinnig lees, dit was
verbode, my suster het 'n vriendin gehad
wie se ma dit vermasel het.

Dit was in ons huis ook streng verbode.

Om nog verder terug te gaan, moes julle
ook al die name van die Bollie famile leer ken ?

Ek vertrek in Desember na Bahrain om daar te woon
vir 'n ruk .... en soek na afrikaanse cd's, het
julle miskien op iets besonder af gekom ?

groete, dis winderig in die Kaap
Vyg
Re: Die era van BOEKIES: Ruiter in Swart ens... [boodskap #120634 is 'n antwoord op boodskap #7639] Wo, 13 November 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 12 Nov 1996 14:27:21 GMT, gal...@ibm.net wrote:
> Was daar nie ook nog 'n "Kaptein Caprivi" ook nie ?

Dink so, ja. Die grensvegter (he,he,)

> Ons mag dit nie gelees het nie, (Sonde !)

Ek ook nie. Maar ek mag ander comix gelees het. Vreemde dinge van die ouers.
In die "army" was daar natuurlik baie van die goed in die slaapsale.

Dit laat my dink aan 'n vriend wat op 'n baie klein plekkie in Tvl
grootgeword het. So klein dat as ek die naam noem, gaan hulle nou na
al die jare nog altyd weet wie hy was!

Hy sê al pornografie wat hulle daar as tiener-seuns gehad het, was
Woolworths se advertensie-bylaes in kleur in die koerante en tydskrifte.
Hulle het dan dadelik na die onderklere-blaaie gekyk.

Cheers.
Vorige onderwerp: afrikaanse boeke
Volgende onderwerp: Coetzee se boek 'In the heart of the country'
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 13:42:37 MGT 2024