Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Antie, asseblief gee my die gediggie
Antie, asseblief gee my die gediggie [boodskap #97746] Ma, 06 September 2004 19:44 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Gister toe ons daar deur die berge ry onthou ek 'n gedig wat deur
Langenhoven of Visser of iemand geskryf is oor 'n seun wat in 'n skeur geval
het en hoe sy pa probeer om hom uit te help met die riem, maar die riem bly
breek en later is dit net knoop op knoop. Teen die einde van die gedig vra
die seun dat sy pa hom liewer moet skiet, maar hy moet hom asb. nie so daar
los nie. Die gedig is blykbaar op 'n ware gebeurtenis gebaseer. Weet jy
waarvan ek praat en as jy weet, kan jy die gedig hier vir my plaas, groot
asseblief?

Elaine
Re: Antie, asseblief gee my die gediggie [boodskap #97747 is 'n antwoord op boodskap #97746] Ma, 06 September 2004 21:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" skryf
...
> Gister toe ons daar deur die berge ry onthou ek 'n gedig wat deur
> Langenhoven of Visser of iemand geskryf is oor 'n seun wat in 'n skeur geval
> het en hoe sy pa probeer om hom uit te help met die riem, maar die riem bly
> breek en later is dit net knoop op knoop. Teen die einde van die gedig vra
> die seun dat sy pa hom liewer moet skiet, maar hy moet hom asb. nie so daar
> los nie. Die gedig is blykbaar op 'n ware gebeurtenis gebaseer. Weet jy
> waarvan ek praat en as jy weet, kan jy die gedig hier vir my plaas, groot
> asseblief?

Nee, ek dink nie ek ken so 'n gedig nie. Ek sal weer
deur die Groot Verseboek kyk, maar ek dink nie
dis óf Langenhoven óf Visser wat so 'n gedig geskryf
het nie. Miskien kan iemand anders jou help.

Gloudina
Re: Antie, asseblief gee my die gediggie [boodskap #120172 is 'n antwoord op boodskap #97747] Sa, 11 Januarie 2014 18:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jacki...  is tans af-lyn  jacki...
Boodskappe: 1
Geregistreer: Januarie 2014
Karma: 0
Junior Lid
Elaine, ek onthou ook daai gedig. Kan iemand help asb. Het sopas my 17 jarige seun verloor en al wat ek kan onthou is die gedig pyngedagte. Wil erg graag die ander een onthou.
Antie, asseblief gee my die gediggie [boodskap #120314 is 'n antwoord op boodskap #97746] Ma, 10 Oktober 2016 14:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jacomie...  is tans af-lyn  jacomie...
Boodskappe: 1
Geregistreer: Oktober 2016
Karma: 0
Junior Lid
Dit was Waar ruwe rotse deur CM van den Heever.
Re: Antie, asseblief gee my die gediggie [boodskap #120609 is 'n antwoord op boodskap #120314] So, 10 Junie 2018 08:10 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Waar ruwe rotse - 'n gedig van C.M. van den Heever:

Aanhaling:
Twee vader-oë kyk verward ... sy seun,
die afgrond lag oor wilde skuurgedreun.
Die kruit en stof vlek oor die lug se blou,
die vader bly sy hand oor sy oë hou.
En dan gewaar hy in die skemering
sy kind, deur rotseskouers vasgedring.
'n Riem rol na die seun daaronder neer,
"Bind vas, my kind ... en Pa die sal probeer."
Maar dis vergeefs ... die kransedraak hou vas,
die riem bly stukkend breek, kry las op las.
En hulp snel by ... die rotsetande gryns,
hier moet die mensverstand terug voor deins.

Dan klaag daar uit die diepte, sag en flou:
"Ek smeek dat Pa my skiet ... en nou ... "
'n Roer die bewe in die growwe hand,
sag sif in skemerafgrond korrels sand.
Vas lê die kolf teen vaderskouer aan,
en langs die sneller glans 'n afloop-traan.
"Vergeef my, God!"  ... 'n skoot gedemp en dof ... 
en bo die bergegraf styg kruit en stof.
Nog skuur iets rog'lend in die diepte daar,
dis stil ... die aasvoëls kras ... 'n vader staar.
Vorige onderwerp: " Ag wat, dis maar 'n hond " deur C.J. LANGENHOVEN
Volgende onderwerp: "Die Hanswors" deur S.J. Pretorius
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 10:24:49 MGT 2024