Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Troeteldiere » Maer Hond
Maer Hond [boodskap #74329] Sa, 08 Maart 2003 09:37 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Het enigiemand raad? My arme hond (die chow) is so maer dat sy ribbes al
beginne deursteek. Hy't nie wurms nie en hy eet nie vreeslik baie nie, al
is hy ongelooflik aktief. Ek het my pa se raad van bruinbrood en melk
probeer, maar die hond raak net alhoe maerder en maerder. Op die oomblik
voer ek hom mieliepap en melk saam met sy gewone kos, maar ek dink nie hy
hou van pap nie, behalwe as daar 'n vleissousie saam is. Hy lyk gesond, se
velletjie blink, sy neusie is nat en hy's baie spelerig en aktief. Het
enigiemand 'n idee hoe om bietjie vetjies aan sy lyfie te kry, of moet ek
hom dalk veearts toe vat?

Dankie en groete
Elaine
Re: Maer Hond [boodskap #74330 is 'n antwoord op boodskap #74329] Sa, 08 Maart 2003 10:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pete[3]  is tans af-lyn  pete[3]
Boodskappe: 11
Geregistreer: Januarie 2003
Karma: 0
Junior Lid
As ek so na my pens kyk moet jy miskien bier probeer.............
Re: Maer Hond [boodskap #74331 is 'n antwoord op boodskap #74329] Sa, 08 Maart 2003 11:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Veearts is 'n goeie idee - is al sy inspuitings ook op datum? 'n Wurm tablet
elke jaar.

Daar is ook 'n baie goeie SPCA (Midrand) langs Grand Central lughawe vir
diens en advies.

Ek self verkies om net "pellets" the voer en geen mensekos nie, maar dit kan
duur raak (van Vets Choice tot by Hills).

:-)

TJ

---

http://www.chowchow.org/
Feeding

After the Chows is at least a year old it is fine for them to eat one meal a
day. Although many choose to feed them twice a day. The feeding time should
be consistent as much as possible to maintain proper health. For those who
feed once a day it is recremended to feed in the evening, since an animal
tends to settle down quietly to sleep after a meal.

When choosing the correct feed for your chow, it is important to remember
that the Chow cannot be fed a lot of meat, if you do the dog tends to have
skin problems. A good source of protein for them is eggs, rice, cottage
cheese, and maybe a small spoonful of meat per meal (but don't overdo it, it
will be more harm than good). One of the most common is rice. Rice is very
good for their digestive system and great for a shiny coat. A well
recremended dog food is "Pro Plan" (proper vitamins and protein) for the
adult. This should be mixed with warm water (no gravy stuff). If you do feed
a meal dry, make sure it is a ready-expanded meal otherwise the gases
produced in the stomach when the dry food becomes wet could well produce the
very serious problem of torsion and cause death of the dog. Most of the food
you find in supermarkets tend to be filled with preservatives and added
products that can be bad for your dog in the long run. It is best to stick
to the same general diet with minor variations (chicken or vegetable stew
mixed with meal) to assure a good healthy dog.

The amount of food can vary from dog to dog. Most Chows eat about four cups
of food a day, two in the morning and two in the evening or just four in the
evening. what ever fits your own commitments. It is very important not to
self feed, if the dog eats to much it's stomach will bloat and can lead to
death.

Raw hides are not recremended for any dogs at all. These have killed a good
number of dogs due to the fact that the dog can not digest them properly,
also from choking on them. If you wish to give the dog a something to chew
on the best thing is a cow hoof (they like them better too!).

Clean fresh water should always be available, it's good to have water inside
and out side in case they get locked out for some reason.

http://www.chowchow.org/
Re: Maer Hond [boodskap #74333 is 'n antwoord op boodskap #74329] Sa, 08 Maart 2003 11:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"Chows don't do well in extreme heat or high humidity" en ons het beide in
Gauteng op die oomblik - jy het ook onlangs getrek en hond se kind stres
seker oor die nuwe werf. Gee hom kans om aan te pas en hy sal seker sy dieet
regskud.

:-)

TJ
Re: Maer Hond [boodskap #74334 is 'n antwoord op boodskap #74331] Sa, 08 Maart 2003 11:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek bly nie meer in Midrand nie :-) ek het verlede Vrydag getrek. Ek voer
ook gewoonlik net hondekos en nie menskos nie, maar my honde het fiemies.
Ek het begin met Eukanuba (op die veearts se aanbevelig), na twee maande wou
die Chow dit glad nie meer eet nie. Toe's ek oor Nutriphase toe.
Nutriphase het goed gegaan vir so 5 maande, toe hou hy op om dit ook te eet.
Op die oomblik is hulle op Pedigree, maar ek sien hy wil dit ook nie meer
eet nie. Ek meng Pedigree vleisies in by hulle kos, maar die is ook nou nie
meer goed genoeg nie.

Hy's 'n maand terug ontwurm, so ek twyfel dat dit wurms is.

Elaine

"TJ" skryf in boodskap news:3e69cdbd$0$227@hades.is.co.za...
> Veearts is 'n goeie idee - is al sy inspuitings ook op datum? 'n Wurm tablet
> elke jaar.
>
> Daar is ook 'n baie goeie SPCA (Midrand) langs Grand Central lughawe vir
> diens en advies.
>
> Ek self verkies om net "pellets" the voer en geen mensekos nie, maar dit kan
> duur raak (van Vets Choice tot by Hills).
>
> :-)
>
> TJ
Re: Maer Hond [boodskap #74336 is 'n antwoord op boodskap #74333] Sa, 08 Maart 2003 18:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dankie. Ek sal hom nog so twee weke kans gee, en dan's dit veearts toe met
meneertjie :-)) Ek sien hy verloor baie hare, meestal donsies - dis 10 teen
1 die warm weer wat ons het.

Elaine

"TJ" skryf in boodskap news:3e69d359$0$226@hades.is.co.za...
> "Chows don't do well in extreme heat or high humidity" en ons het beide in
> Gauteng op die oomblik - jy het ook onlangs getrek en hond se kind stres
> seker oor die nuwe werf. Gee hom kans om aan te pas en hy sal seker sy dieet
> regskud.
>
> :-)
>
> TJ
>
Re: Maer Hond [boodskap #74350 is 'n antwoord op boodskap #74334] Ma, 10 Maart 2003 06:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Miskien moet jy van sy fiemies ontslae raak? Hondekenners reken dat 'n
hond, soos enige dier behalwe die mens wat alles in elk geval opdonner, net
behoort te eet wanneer hy honger is. Dit is ongeveer elke 3 dae. Maar
ons dink mos ons eetgewoontes moet ook die arme hond s'n wees. Gee daai
Pedigree [volgens die hoeveelheid aanbeveel op die verpakking] en as hy dit
nie wil eet nie, los die besluit vir homself. Hy sal wel begin eet as hy
honger is. Moet hom intussen nie van die tafel af voer en 'ag foeitog
mamma se ou hondjie' trek nie.....dis hoe hy aanvanklik bederf geraak het!
Die mens is toevallig ook maar so! As mens jouself afvra voor jy goed in
jou gesig stop: "Is ek rêrig honger?".....sal ons omtrent almal wat
oorgewig is, nie meer wees nie!

"Elaine" skryf in boodskap news:3e69d3df.0@news1.mweb.co.za...
> Ek bly nie meer in Midrand nie :-) ek het verlede Vrydag getrek. Ek voer
> ook gewoonlik net hondekos en nie menskos nie, maar my honde het fiemies.
> Ek het begin met Eukanuba (op die veearts se aanbevelig), na twee maande wou
> die Chow dit glad nie meer eet nie. Toe's ek oor Nutriphase toe.
> Nutriphase het goed gegaan vir so 5 maande, toe hou hy op om dit ook te eet.
> Op die oomblik is hulle op Pedigree, maar ek sien hy wil dit ook nie meer
> eet nie. Ek meng Pedigree vleisies in by hulle kos, maar die is ook nou nie
> meer goed genoeg nie.
>
> Hy's 'n maand terug ontwurm, so ek twyfel dat dit wurms is.
>
> Elaine
>
> "TJ" wrote in message
> news:3e69cdbd$0$227@hades.is.co.za...
>> Veearts is 'n goeie idee - is al sy inspuitings ook op datum? 'n Wurm tablet
>> elke jaar.
>>
>> Daar is ook 'n baie goeie SPCA (Midrand) langs Grand Central lughawe vir
>> diens en advies.
>>
>> Ek self verkies om net "pellets" the voer en geen mensekos nie, maar dit kan
>> duur raak (van Vets Choice tot by Hills).
>>
>> :-)
>>
>> TJ
>
Re: Maer Hond [boodskap #74355 is 'n antwoord op boodskap #74350] Ma, 10 Maart 2003 06:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Daardie "is ek honger" werk nie vir my nie - want dan sal ek my daaglikse
sosiale afsprake moet afstel:))
Ek lewe om te eet, want dit is so lekker.
Gister middagete - op 'n stoep by die Portugese Taverna in Milnerton.
Effense briesie om die koerant deurmekaar te waai, wonderlike uitsig oor die
see en die berg. Gesellige kelnerin, en die uurlange worsteling om Pietie se
Platter, wat ons gedeel het, sonder sukses te probeer klaarmaak.

Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e6c2a83.0@news1.mweb.co.za...
> Miskien moet jy van sy fiemies ontslae raak? Hondekenners reken dat 'n
> hond, soos enige dier behalwe die mens wat alles in elk geval opdonner, net
> behoort te eet wanneer hy honger is. Dit is ongeveer elke 3 dae. Maar
> ons dink mos ons eetgewoontes moet ook die arme hond s'n wees. Gee daai
> Pedigree [volgens die hoeveelheid aanbeveel op die verpakking] en as hy dit
> nie wil eet nie, los die besluit vir homself. Hy sal wel begin eet as hy
> honger is. Moet hom intussen nie van die tafel af voer en 'ag foeitog
> mamma se ou hondjie' trek nie.....dis hoe hy aanvanklik bederf geraak het!
> Die mens is toevallig ook maar so! As mens jouself afvra voor jy goed in
> jou gesig stop: "Is ek rêrig honger?".....sal ons omtrent almal wat
> oorgewig is, nie meer wees nie!
> "Elaine" wrote in message
> news:3e69d3df.0@news1.mweb.co.za...
>> Ek bly nie meer in Midrand nie :-) ek het verlede Vrydag getrek. Ek voer
>> ook gewoonlik net hondekos en nie menskos nie, maar my honde het fiemies.
>> Ek het begin met Eukanuba (op die veearts se aanbevelig), na twee maande wou
>> die Chow dit glad nie meer eet nie. Toe's ek oor Nutriphase toe.
>> Nutriphase het goed gegaan vir so 5 maande, toe hou hy op om dit ook te eet.
>> Op die oomblik is hulle op Pedigree, maar ek sien hy wil dit ook nie meer
>> eet nie. Ek meng Pedigree vleisies in by hulle kos, maar die is ook nou nie
>> meer goed genoeg nie.
>>
>> Hy's 'n maand terug ontwurm, so ek twyfel dat dit wurms is.
>>
>> Elaine
>>
>> "TJ" wrote in message
>> news:3e69cdbd$0$227@hades.is.co.za...
>>> Veearts is 'n goeie idee - is al sy inspuitings ook op datum? 'n Wurm tablet
>>> elke jaar.
>>>
>>> Daar is ook 'n baie goeie SPCA (Midrand) langs Grand Central lughawe vir
>>> diens en advies.
>>>
>>> Ek self verkies om net "pellets" the voer en geen mensekos nie, maar dit kan
>>> duur raak (van Vets Choice tot by Hills).
>>>
>>> :-)
>>>
>>> TJ
>>
>
Re: Maer Hond [boodskap #74358 is 'n antwoord op boodskap #74329] Ma, 10 Maart 2003 06:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Elaine, probeer "Science Diet" hondekos.

Thys op't Bos waarie honne nog hoograg beenlig @ al wat paal en bossie is...

"Elaine" skryf in boodskap news:3e69b9f9.0@news1.mweb.co.za...
> Het enigiemand raad? My arme hond (die chow) is so maer dat sy ribbes al
> beginne deursteek. Hy't nie wurms nie en hy eet nie vreeslik baie nie, al
> is hy ongelooflik aktief. Ek het my pa se raad van bruinbrood en melk
> probeer, maar die hond raak net alhoe maerder en maerder. Op die oomblik
> voer ek hom mieliepap en melk saam met sy gewone kos, maar ek dink nie hy
> hou van pap nie, behalwe as daar 'n vleissousie saam is. Hy lyk gesond, se
> velletjie blink, sy neusie is nat en hy's baie spelerig en aktief. Het
> enigiemand 'n idee hoe om bietjie vetjies aan sy lyfie te kry, of moet ek
> hom dalk veearts toe vat?
>
> Dankie en groete
> Elaine
>
Re: Maer Hond [boodskap #74370 is 'n antwoord op boodskap #74350] Ma, 10 Maart 2003 08:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja wel, hulle bakke het altyd kos in, maar hulle eet net wanneer hulle
honger is. Die probleem is as die hond 'n week lank nie geëet het nie, dan
begin 'n mens nogal worry nê? Ek sê mos ek het hom nooit menskos gevoer tot
onlangs toe nie, en dit was in 'n poging om sy maer gat bietjie vet te kry.
Die hond was 'n maand terug 4kg ondergewig. Hy's nou 6kg ondergewig. Jy
sou ook bekommerd geraak het as dit jou hond was :-))

Elaine

Ns. Ek's altyd honger. Honger vir tjoklits en honger vir chips en honger
vir braaivleis en honger vir putupap met botter en suiker. Ek vra myself
nooit of ek rerig honger is nie. Ek weet ek's honger :-))

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e6c2a83.0@news1.mweb.co.za...
> Miskien moet jy van sy fiemies ontslae raak? Hondekenners reken dat 'n
> hond, soos enige dier behalwe die mens wat alles in elk geval opdonner, net
> behoort te eet wanneer hy honger is. Dit is ongeveer elke 3 dae. Maar
> ons dink mos ons eetgewoontes moet ook die arme hond s'n wees. Gee daai
> Pedigree [volgens die hoeveelheid aanbeveel op die verpakking] en as hy dit
> nie wil eet nie, los die besluit vir homself. Hy sal wel begin eet as hy
> honger is. Moet hom intussen nie van die tafel af voer en 'ag foeitog
> mamma se ou hondjie' trek nie.....dis hoe hy aanvanklik bederf geraak het!
> Die mens is toevallig ook maar so! As mens jouself afvra voor jy goed in
> jou gesig stop: "Is ek rêrig honger?".....sal ons omtrent almal wat
> oorgewig is, nie meer wees nie!
Re: Maer Hond [boodskap #74371 is 'n antwoord op boodskap #74358] Ma, 10 Maart 2003 08:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dankie, ek neem aan dis net by die veearts beskikbaar? Ek wil nie graag
weer sy kos verander nie, want dit neuk hulle magies op, en as ek die Chow
s'n verander moet ek die Kollie s'n verander. Mind, die Kollie sal enigiets
eet wat ek in haar bakkie gooi. Sy't 'n sterk magie :-))

Elaine

"Thys de Wet" skryf in boodskap news:b4hbcp$2008$1@news.adamastor.ac.za...
> Elaine, probeer "Science Diet" hondekos.
Re: Maer Hond [boodskap #74378 is 'n antwoord op boodskap #74370] Ma, 10 Maart 2003 08:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Elaine, ek sal die arme dier so gou as moontlik by 'n veearts probeer kry.
Dit kan die hitte of die ander blyplek wees, maar dit kan ook iets meer
ernstig wees.

Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3e6c4dbe.0@news1.mweb.co.za...
> Ja wel, hulle bakke het altyd kos in, maar hulle eet net wanneer hulle
> honger is. Die probleem is as die hond 'n week lank nie geëet het nie, dan
> begin 'n mens nogal worry nê? Ek sê mos ek het hom nooit menskos gevoer tot
> onlangs toe nie, en dit was in 'n poging om sy maer gat bietjie vet te kry.
> Die hond was 'n maand terug 4kg ondergewig. Hy's nou 6kg ondergewig. Jy
> sou ook bekommerd geraak het as dit jou hond was :-))
>
> Elaine
>
> Ns. Ek's altyd honger. Honger vir tjoklits en honger vir chips en honger
> vir braaivleis en honger vir putupap met botter en suiker. Ek vra myself
> nooit of ek rerig honger is nie. Ek weet ek's honger :-))
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3e6c2a83.0@news1.mweb.co.za...
>> Miskien moet jy van sy fiemies ontslae raak? Hondekenners reken dat 'n
>> hond, soos enige dier behalwe die mens wat alles in elk geval opdonner, net
>> behoort te eet wanneer hy honger is. Dit is ongeveer elke 3 dae. Maar
>> ons dink mos ons eetgewoontes moet ook die arme hond s'n wees. Gee daai
>> Pedigree [volgens die hoeveelheid aanbeveel op die verpakking] en as hy dit
>> nie wil eet nie, los die besluit vir homself. Hy sal wel begin eet as hy
>> honger is. Moet hom intussen nie van die tafel af voer en 'ag foeitog
>> mamma se ou hondjie' trek nie.....dis hoe hy aanvanklik bederf geraak het!
>> Die mens is toevallig ook maar so! As mens jouself afvra voor jy goed in
>> jou gesig stop: "Is ek rêrig honger?".....sal ons omtrent almal wat
>> oorgewig is, nie meer wees nie!
>
Re: Maer Hond [boodskap #74395 is 'n antwoord op boodskap #74378] Ma, 10 Maart 2003 12:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, ons is ongelukkig vrek besig hierdie week, maar ons gaan hom Vrydag by
die Veearts hê. Ek begin nou baie sleg voel oor my baby. Hy wil al weer
nie vandag eet nie, maar hy het darem 'n stukkie vleis by my gevat. Sy
tandvleis en tongetjie is die regte kleur, so dis nie bosluiskoors nie.
Hy's ook hopeloos te lewendig vir bosluiskoors. My Kollie het nou die dag
maaggriep gehad en jy kan sommer sien as hulle siek is. Sy wou nie eers 'n
stukkie vleis uit my hande vat nie, en sy wou nie eers speel nie. Die
vorige veearts het hom ontwurm (verlede maand) en gesê hy sien niks fout
nie. Hy't pap en melk voorgestel, gesê die hond is te aktief vir sy size.
Ek dink die veearts het dagga of iets gerook.

Elaine

"Annette" skryf in boodskap news:b4hkh1$1uq6p9$3@ID-92016.news.dfncis.de...
> Elaine, ek sal die arme dier so gou as moontlik by 'n veearts probeer kry.
> Dit kan die hitte of die ander blyplek wees, maar dit kan ook iets meer
> ernstig wees.
>
> Annette
Re: Maer Hond [boodskap #74397 is 'n antwoord op boodskap #74370] Ma, 10 Maart 2003 12:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek sou vrek bekommerd gewees het en lankal die amper 200km afgelê het
veearts toe en terug. Hieronder sê jy die veearts het vir jou gesê jy moet
die hond pap en melk gee......fire hom. Mieliepap verteer nie eintlik in
'n hond se maag nie [net 23%] en hy sal ondervoed bly.

"Elaine" skryf in boodskap news:3e6c4dbe.0@news1.mweb.co.za...
> Ja wel, hulle bakke het altyd kos in, maar hulle eet net wanneer hulle
> honger is. Die probleem is as die hond 'n week lank nie geëet het nie, dan
> begin 'n mens nogal worry nê? Ek sê mos ek het hom nooit menskos gevoer tot
> onlangs toe nie, en dit was in 'n poging om sy maer gat bietjie vet te kry.
> Die hond was 'n maand terug 4kg ondergewig. Hy's nou 6kg ondergewig. Jy
> sou ook bekommerd geraak het as dit jou hond was :-))
>
> Elaine
>
> Ns. Ek's altyd honger. Honger vir tjoklits en honger vir chips en honger
> vir braaivleis en honger vir putupap met botter en suiker. Ek vra myself
> nooit of ek rerig honger is nie. Ek weet ek's honger :-))
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3e6c2a83.0@news1.mweb.co.za...
>> Miskien moet jy van sy fiemies ontslae raak? Hondekenners reken dat 'n
>> hond, soos enige dier behalwe die mens wat alles in elk geval opdonner, net
>> behoort te eet wanneer hy honger is. Dit is ongeveer elke 3 dae. Maar
>> ons dink mos ons eetgewoontes moet ook die arme hond s'n wees. Gee daai
>> Pedigree [volgens die hoeveelheid aanbeveel op die verpakking] en as hy dit
>> nie wil eet nie, los die besluit vir homself. Hy sal wel begin eet as hy
>> honger is. Moet hom intussen nie van die tafel af voer en 'ag foeitog
>> mamma se ou hondjie' trek nie.....dis hoe hy aanvanklik bederf geraak het!
>> Die mens is toevallig ook maar so! As mens jouself afvra voor jy goed in
>> jou gesig stop: "Is ek rêrig honger?".....sal ons omtrent almal wat
>> oorgewig is, nie meer wees nie!
>
Re: Maer Hond [boodskap #74398 is 'n antwoord op boodskap #74329] Ma, 10 Maart 2003 12:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink ek weet wat met jou hond verkeerd is.
Hy het waarskynlik las van sy skildkliere. Ek het 'n dergelik geval
gesien hier by ons op die televisie 'n paar weke gelede.
Waarskynlik sal hy 'n operasie nodig hê waarby 'n deel van sy
skildklier word weggeneem. Moet veearts toe gaan.

Groete vanweë

Norbert (uit Vlaandere)

On Sat, 8 Mar 2003 11:37:48 +0200, "Elaine" wrote:

> Het enigiemand raad? My arme hond (die chow) is so maer dat sy ribbes al
> beginne deursteek. Hy't nie wurms nie en hy eet nie vreeslik baie nie, al
> is hy ongelooflik aktief. Ek het my pa se raad van bruinbrood en melk
> probeer, maar die hond raak net alhoe maerder en maerder. Op die oomblik
> voer ek hom mieliepap en melk saam met sy gewone kos, maar ek dink nie hy
> hou van pap nie, behalwe as daar 'n vleissousie saam is. Hy lyk gesond, se
> velletjie blink, sy neusie is nat en hy's baie spelerig en aktief. Het
> enigiemand 'n idee hoe om bietjie vetjies aan sy lyfie te kry, of moet ek
> hom dalk veearts toe vat?
>
> Dankie en groete
> Elaine
>
Re: Maer Hond [boodskap #74418 is 'n antwoord op boodskap #74397] Ma, 10 Maart 2003 20:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek sê mos ek dink die veearts het dagga gerook! Ek gaan hom Vrydag na 'n
nuwe veearts toe vat.

Elaine

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e6c9c40.0@news1.mweb.co.za...
> Ek sou vrek bekommerd gewees het en lankal die amper 200km afgelê het
> veearts toe en terug. Hieronder sê jy die veearts het vir jou gesê jy moet
> die hond pap en melk gee......fire hom. Mieliepap verteer nie eintlik in
> 'n hond se maag nie [net 23%] en hy sal ondervoed bly.
Re: Maer Hond [boodskap #74419 is 'n antwoord op boodskap #74398] Ma, 10 Maart 2003 20:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dis 'n moontlikheid ja. Ek's meer bekommerd dat hy dalk maagkanker of iets
dergliks het.

Dankie
Elaine

"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:642p6v87gprg821anh1n7jnugb6m8ubesc@4ax.com...
> Ek dink ek weet wat met jou hond verkeerd is.
> Hy het waarskynlik las van sy skildkliere. Ek het 'n dergelik geval
> gesien hier by ons op die televisie 'n paar weke gelede.
> Waarskynlik sal hy 'n operasie nodig hê waarby 'n deel van sy
> skildklier word weggeneem. Moet veearts toe gaan.
>
> Groete vanweë
>
> Norbert (uit Vlaandere)
Re: Maer Hond [boodskap #74421 is 'n antwoord op boodskap #74419] Ma, 10 Maart 2003 23:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek es self nie 'n dokter nie, Elaine. Maar daar is ook mense wat baie
maer is en tog gesond uitsien en lewendig is. Hulle het die siekte van
Basedow en dit bestaan by diere ook. Ek het self ook al so van daardie
mense ontmoet. Ek hoop egter dis nie waar wat ek veronderstel nie!
Sou tog beter na die veearts toe gaan. Dan is jy seker!

Groete,

Norbert (uit Vlaandere)

On Mon, 10 Mar 2003 22:41:38 +0200, "Elaine" wrote:

> Dis 'n moontlikheid ja. Ek's meer bekommerd dat hy dalk maagkanker of iets
> dergliks het.
>
> Dankie
> Elaine
>
> "Sterrenkijker" wrote in message
> news:642p6v87gprg821anh1n7jnugb6m8ubesc@4ax.com...
>> Ek dink ek weet wat met jou hond verkeerd is.
>> Hy het waarskynlik las van sy skildkliere. Ek het 'n dergelik geval
>> gesien hier by ons op die televisie 'n paar weke gelede.
>> Waarskynlik sal hy 'n operasie nodig hê waarby 'n deel van sy
>> skildklier word weggeneem. Moet veearts toe gaan.

>> Groete vanweë

>> Norbert (uit Vlaandere)
>
Re: Maer Hond [boodskap #74422 is 'n antwoord op boodskap #74421] Ma, 10 Maart 2003 23:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dankie, ek sal :)))

E

"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:el7q6vgihs5kcpl35bjd2huih435mq6em8@4ax.com...
> Ek es self nie 'n dokter nie, Elaine. Maar daar is ook mense wat baie
> maer is en tog gesond uitsien en lewendig is. Hulle het die siekte van
> Basedow en dit bestaan by diere ook. Ek het self ook al so van daardie
> mense ontmoet. Ek hoop egter dis nie waar wat ek veronderstel nie!
> Sou tog beter na die veearts toe gaan. Dan is jy seker!
>
> Groete,
>
> Norbert (uit Vlaandere)
Maer Hond [boodskap #120213 is 'n antwoord op boodskap #74336] Ma, 26 Januarie 2015 15:04 Na vorige boodskap
hennie.ki...  is tans af-lyn  hennie.ki...
Boodskappe: 1
Geregistreer: Januarie 2015
Karma: 0
Junior Lid
Ellain ons het ook chow honde my reun is 1 jaar en 7 mnde ons gee haar Bobtail en ons het nou n 2 mnde oue pedigree chinese chow gekoop en ons gee haar vets choice en sy lyk so gesond.Hoop my advies sal help. Dottie
Vorige onderwerp: Hondjie sien hoe sy baas gesteek word
Volgende onderwerp: Huskies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 02:02:37 MGT 2024