Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Voortgesette Plaasaanvalle - Bejaarde man (77) vermoor
Voortgesette Plaasaanvalle - Bejaarde man (77) vermoor [boodskap #120083] Ma, 30 Januarie 2012 12:09
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Bejaarde boer vasgebind, vermoor in Stella

ʼn Bejaarde boer is Sondagmiddag op sy plaas buite Stella in Noordwes
vermoor.

ʼn Polisiewoordvoerder, brig. Thulani Ngubane, sê Hendrik Cilliers (77)
se liggaam is Sondagaand omstreeks 18:30 sowat 500m van die plaashuis
gevind. Hy sê Cilliers se hande en voete was vasgebind en sy mond is
met ʼn T-hemp toegebind. Ngubane sê Cilliers is in die kop geskiet en
het kneusplekke aan sy gesig gehad. Hy sê die vermeende moordenaars
het met huishoudelike items op die vlug geslaan. Ngubane sê Cilliers
het alleen op die plaas Erfdeel, sowat 15km buite Stella, gewoon.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die
polisie ondersoek die saak.

  http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/bejaarde-boer-vasgebind- vermoor-in-stella/
Vorige onderwerp: 43 jaar oue onderwyser verkrag leerling van 15, 52 soortgelyke gevalle ondersoek
Volgende onderwerp: Ongoing Farm Attacks - Farm Attacks not a priority, 6 farmers killed in Jan. 2012
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 15:11:16 MGT 2024