Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Heksery: 14 vas vir moord op egpaar
Heksery: 14 vas vir moord op egpaar [boodskap #120047] Do, 12 Januarie 2012 12:26 na volgende boodskap
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
More superstitious mambo-jumbo, South Africa

===

Heksery: 14 vas vir moord op egpaar
2012-01-12 13:45

Durban – Altesaam 14 mense is Donderdagoggend in hegtenis geneem vir
die moord op ‘n bejaarde egpaar in Lindelani, naby Ntuzuma, het die
KwaZulu-Natalse polisie gesê.

Die bende het Woensdagoggend die egpaar aan die brand gesteek ná die
man en sy vrou van heksery beskuldig is.

“Ntuzuma-speurders het onmiddellik die ondersoek begin en 14 lede van
die gemeenskap as moontlike verdagtes geïdentifiseer...” het kapt.
Thulani Zwane in ‘n verklaring gesê.

Hy sê die groep is in die vroeë oggendure deur die polisie aangekeer
en word steeds ondervra. Die bendelede is tussen die ouderdomme van 18
en 40.

Volgens Zwane is Elsa Dubazane (60) dood in haar slaapkamer aangetref
en haar 66-jarige man, Rafael Dubazane, se lyk is in hul straat
gevind.

The Mercury berig dat die egpaar Vrydag deur ‘n bende aangeval en
aangerand is. Die bende het die Dubazane-egpaar daarvan beskuldig dat
hulle hul kleindogter, Zakude Shozi (16), vermoor en begrawe het.

“Hul kleindogter het op 4 Januarie in die Mahatma Gandhi-hospitaal
gesterf. Sy het ‘n oordosis pille geneem aangesien sy familie-probleme
gehad het,” het Zwane gesê.

Zwane sê die polisie wag vir die uitslae van die nadoodse ondersoek
aangesien daar bewerings is dat Shozi deur haar ouma of haar pa
geslaan is.

http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Heksery-14-vas- vir-moord-op-egpaar-20120112
Re: Heksery: 14 vas vir moord op egpaar [boodskap #120048 is 'n antwoord op boodskap #120047] Vr, 13 Januarie 2012 09:14 Na vorige boodskap
Bob Dubery  is tans af-lyn  Bob Dubery
Boodskappe: 3
Geregistreer: Oktober 2006
Karma: 0
Junior Lid
On Jan 12, 2:26 pm, Etienne Marais wrote:
> More superstitious mambo-jumbo, South Africa
Ja, big problem. Superstition is never a positive thing.
Vorige onderwerp: Slagoffer in huisaanval met messe toegetakel
Volgende onderwerp: Ongoing Farm Attacks: well mannered man killed, wife beaten and scarred.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 11:24:56 MGT 2024