Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » 100 Million to be spent on 'struggle heroes' monuments and museum
100 Million to be spent on 'struggle heroes' monuments and museum [boodskap #120019] Wo, 21 September 2011 10:35
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
More than R100 000 000 to be spent on monuments and museums honouring
terrorists and communists.
===

Helde van struggle op 'erfenisroete' vereer


Lizel Steenkamp
Kaapstad – ’n String monumente en museums gaan oor die volgende paar
jaar opgerig en vernuwe word as deel van ’n “nasionale erfenisroete”
om helde en heldinne van die vryheidstryd te vereer.

Die Rocklands-burgersentrum in Mitchells Plain waar die United
Democratic Front (UDF) op 20 Augustus 1983 gestig is, is ook die lys
van plekke wat tot ’n erfenisterrein verklaar gaan word.

Dié monumente, as ’n simbool van die moedige stryd teen apartheid, sal
tot in Angola, Mosambiek, Namibië, Tanzanië, Zambië, Botswana,
Swaziland, Lesotho en Zimbabwe opgerig word op plekke waar veral die
ANC se vryheidsvegters ’n rol gespeel het om die streek van
kolonialisme te bevry, het Paul Mashatile, minister van kuns en
kultuur, Dinsdag op ’n inligtingsessie by die parlement gesê.

Mashatile het gesê meer as R100 miljoen is reeds begroot om voormalige
ANC-leiers soos oudpres. Nelson Mandela, die ontslape Oliver Tambo en
die swartbewussynsleier Steve Biko te vereer.

Geskiedkundige terreine in buurlande sal op lang termyn geïdentifiseer
en ontwikkel word om deel te wees van die erfenisroete.

“Ons is reeds besig om ’n interpretasiesentrum en museum op te rig in
Matola in Mosambiek, waar aktiviste tydens apartheid in ’n massamoord
uitgewis is,” het Mashatile gesê.

Ontslape helde soos John Dube, stigtersleier van die ANC, se grafte
gaan ook verbeter word. Ander voorstelle vir erfenisterreine en
monumente is:

Seweding in Noordwes waar Sol Plaatje, politikus en skrywer, gebly
het;

Die graf van Kgosi Mokopane, ’n plek in Limpopo waar die “boere en
hoofman Makapan” gereeld in gevegte betrokke was; en

Die Wesleyn-kerksaal in Bloemfontein waar die ANC in 1912 gestig is.

Die projek moet help om versoening en nasionale kohesie te bevorder,
daarom sal nie net ANC-helde vereer word nie, het Mashatile gesê.

Provinsiale LUR’e sal gemeenskappe vra om hul helde te identifiseer.
“Baie mense het ’n rol gespeel, soos Mandela, Tambo, Sisulu en Helen
Suzman (ontslape veteraan-anti-apartheidspolitikus),” het hy gesê.
Vorige onderwerp: ANC-jeugliga beplan massa-aksie
Volgende onderwerp: Re: (white) Woman dragged 700m under taxi
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 20:03:03 MGT 2024