Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » (60) Woman's throat cut, (64) Husband killed with axe
(60) Woman's throat cut, (64) Husband killed with axe [boodskap #119982] Ma, 13 Junie 2011 08:23 na volgende boodskap
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
NOTHING STOLEN, as usual

===

Jacques Steenkamp
’n Vrou se keel is met ’n mes afgesny en haar man is met ’n byl
doodgekap in hul huis op hul hoewe buite Vereeniging.

Die verminkte lyke van mnr. Jan Malan (64), ’n oudpolisieman, en sy
vrou, Susan (60), wat langer as 20 jaar ’n klerk by die Vereeniging-
kinderhof was, is gister omstreeks 09:30 deur ’n werknemer in hul huis
op die Mooilande-hoewe gevind.

Hulle is die vorige dag vermoor.

Mnr. Malan is verlede Maandag by die polisie weggewys toe hy die
vergiftiging van hul honde en ’n doodsdreigement teen hom en sy vrou
wou aanmeld.

Die egpaar is met ’n mes en ’n byl vermoor.

Mev. Malan se keel is afgesny en haar man in die linkersy met ’n mes
gesteek en het kapwonde aan die kop gehad, volgens ’n bron op die
toneel.

Volgens hul oudste dogter, mev. Minetta McLachlan (39), het een van
haar ouers se bure haar gister gebel met die nuus.

“My ouers se huiswerker wou die wasgoed in die huis gaan haal. Sy het
op my ma se lyk in die gang en my pa se lyk tussen die sit- en
eetkamer afgekom.”

McLachlan het dadelik haar suster, mev. Maryke Mortagua (33), gebel en
albei het met hul gesinne na hul ouerhuis gejaag.

McLachlan se man, Ian (43), is in die huis in terwyl sy buite gewag
het.

“Ian het gesê die huis was baie donker. ’n Serp het my ma se gesig
toegemaak en hy kon kopwonde op my pa se gesig sien. Daar was glo nie
baie bloed nie,” het McLachlan gesê.

McLachlan het gesê een van die werknemers op die hoewe het hulle
verlede Maandag gebel met die nuus dat nog twee van die egpaar se
honde dood is.

Mnr. Malan het vroeër die oggend op Zack, ’n Yorkshire-terriër,
afgekom, wat vergiftig is.

“Twee van my vriende in die Vanderbijlpark-polisie het my pa na die
kleinhoewe vergesel waar hulle talle bene met gif op gevind het.

“Iemand het vir die huiswerker by die kerk gesê my ouers is volgende
en ons het nie geweet wat om daarvan te maak nie.

“My pa het toe probeer om ’n saak by die Groendenne-satelliet-
polisiekantoor oop te maak, maar hy is weggewys omdat daar
jurisdiksieprobleme is met waar hy woon.”

Die familie het ’n veiligheidswag gehuur om die hoewe in die aande op
te pas. Hy was tot Donderdag daar, maar is laat gaan nadat laser­
alarms op die erf geïnstalleer is.

“Ons het aangeneem iemand sal in die aand iets probeer en nie in die
dag nie.

Ek en my ma het Vrydagaand oor die telefoon gepraat en sy het gesê
hulle wil Saterdag inkopies doen,” het McLachlan gesê.

Die aanvallers het ’n venster gebreek om in die huis te kom waar hulle
die Malans ingewag het.

Die egpaar het in hul blou Toyota Corolla stilgehou en die inkopies in
die huis ingedra toe hulle oorval is.

“My pa se beursie is nog saam met die kruideniersware op die
kombuiskas.

My ma gaan bêre gewoonlik eerste haar handsak in die kamer en dit is
langs haar lyk in die gang gevind,” het McLachlan gesê.

Volgens die familie lyk dit nie of enigiets gesteel is nie, maar ’n
polisielid op die toneel het bevestig die slaapkamers is “omgekeer”.

Die egpaar se vuurwapens was nog in die kluis toegesluit en die motor
is nie gesteel nie.

Konst. Teboho Lephoto, polisiewoordvoerder, het gesê hulle sal
ondersoek instel oor waarom mnr. Malan weggewys is toe hy ’n saak
aanhangig wou maak.

Die polisie het gisteraand twee jongmans van die omgewing ondervra.

Hulle was teen druktyd op pad na Deneysville op soek na nog twee mans.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Vrou-keelaf-gesny-2011 0612
Re: (60) Woman's throat cut, (64) Husband killed with axe [boodskap #119983 is 'n antwoord op boodskap #119982] Ma, 13 Junie 2011 08:25 Na vorige boodskap
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Jun 13, 10:23 am, Etienne Marais wrote:
> NOTHING STOLEN, as usual
>
> ===
>
> Jacques Steenkamp
> ’n Vrou se keel is met ’n mes afgesny en haar man is met ’n byl
> doodgekap in hul huis op hul hoewe buite Vereeniging.
>
> Die verminkte lyke van mnr. Jan Malan (64), ’n oudpolisieman, en sy
> vrou, Susan (60), wat langer as 20 jaar ’n klerk by die Vereeniging-
> kinderhof was, is gister omstreeks 09:30 deur ’n werknemer in hul huis
> op die Mooilande-hoewe gevind.
>
> Hulle is die vorige dag vermoor.
>
> Mnr. Malan is verlede Maandag by die polisie weggewys toe hy die
> vergiftiging van hul honde en ’n doodsdreigement teen hom en sy vrou
> wou aanmeld.
>
> Die egpaar is met ’n mes en ’n byl vermoor.
>
> Mev. Malan se keel is afgesny en haar man in die linkersy met ’n mes
> gesteek en het kapwonde aan die kop gehad, volgens ’n bron op die
> toneel.
>
> Volgens hul oudste dogter, mev. Minetta McLachlan (39), het een van
> haar ouers se bure haar gister gebel met die nuus.
>
> “My ouers se huiswerker wou die wasgoed in die huis gaan haal. Sy het
> op my ma se lyk in die gang en my pa se lyk tussen die sit- en
> eetkamer afgekom.”
>
> McLachlan het dadelik haar suster, mev. Maryke Mortagua (33), gebel en
> albei het met hul gesinne na hul ouerhuis gejaag.
>
> McLachlan se man, Ian (43), is in die huis in terwyl sy buite gewag
> het.
>
> “Ian het gesê die huis was baie donker. ’n Serp het my ma se gesig
> toegemaak en hy kon kopwonde op my pa se gesig sien. Daar was glo nie
> baie bloed nie,” het McLachlan gesê.
>
> McLachlan het gesê een van die werknemers op die hoewe het hulle
> verlede Maandag gebel met die nuus dat nog twee van die egpaar se
> honde dood is.
>
> Mnr. Malan het vroeër die oggend op Zack, ’n Yorkshire-terriër,
> afgekom, wat vergiftig is.
>
> “Twee van my vriende in die Vanderbijlpark-polisie het my pa na die
> kleinhoewe vergesel waar hulle talle bene met gif op gevind het.
>
> “Iemand het vir die huiswerker by die kerk gesê my ouers is volgende
> en ons het nie geweet wat om daarvan te maak nie.
>
> “My pa het toe probeer om ’n saak by die Groendenne-satelliet-
> polisiekantoor oop te maak, maar hy is weggewys omdat daar
> jurisdiksieprobleme is met waar hy woon.”
>
> Die familie het ’n veiligheidswag gehuur om die hoewe in die aande op
> te pas. Hy was tot Donderdag daar, maar is laat gaan nadat laser­
> alarms op die erf geïnstalleer is.
>
> “Ons het aangeneem iemand sal in die aand iets probeer en nie in die
> dag nie.
>
> Ek en my ma het Vrydagaand oor die telefoon gepraat en sy het gesê
> hulle wil Saterdag inkopies doen,” het McLachlan gesê.
>
> Die aanvallers het ’n venster gebreek om in die huis te kom waar hulle
> die Malans ingewag het.
>
> Die egpaar het in hul blou Toyota Corolla stilgehou en die inkopies in
> die huis ingedra toe hulle oorval is.
>
> “My pa se beursie is nog saam met die kruideniersware op die
> kombuiskas.
>
> My ma gaan bêre gewoonlik eerste haar handsak in die kamer en dit is
> langs haar lyk in die gang gevind,” het McLachlan gesê.
>
> Volgens die familie lyk dit nie of enigiets gesteel is nie, maar ’n
> polisielid op die toneel het bevestig die slaapkamers is “omgekeer”.
>
> Die egpaar se vuurwapens was nog in die kluis toegesluit en die motor
> is nie gesteel nie.
>
> Konst. Teboho Lephoto, polisiewoordvoerder, het gesê hulle sal
> ondersoek instel oor waarom mnr. Malan weggewys is toe hy ’n saak
> aanhangig wou maak.
>
> Die polisie het gisteraand twee jongmans van die omgewing ondervra.
>
> Hulle was teen druktyd op pad na Deneysville op soek na nog twee mans.
>
> http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Vrou-keelaf-gesny-2011 0612

TURNED AWAY, when reporting a death-threat a week earlier:

===

Egpaar vermoor ná doodsdreigement
2011-06-13 08:48

Jacques Steenkamp
Johannesburg - Verlede Maandag het die polisie hom weggewys toe hy die
vergiftiging van hul honde en ’n doodsdreigement wou gaan aanmeld.

Saterdag is Jan Malan (64), ’n oudpolisieman, en sy vrou, Susan (60),
op hul kleinhoewe vermoor.

Sy was 20 jaar ’n klerk by die kinderhof.

’n Werknemer het hulle Sondag omstreeks 09:30 in hul huis by die
Mooilande-kleinhoewes buite Vereeniging aangetref.

Hulle is vermoedelik met messe en ’n byl vermoor. Mev. Malan se keel
was glo afgesny en mnr. Malan is in sy linkersy met ’n mes gesteek en
het kapwonde aan sy kop gehad.

Volgens hul oudste dogter, Minetta McLachlan (39), het een van haar
ouers se bure haar gebel met die nuus.

“Jacobed, die huiswerker, wou die wasgoed in die huis gaan haal. Sy
het op my ma se lyk in die gang en my pa se lyk tussen die sit- en
eetkamer afgekom.”

McLachlan het dadelik haar suster, Maryke Mortagua (33), gebel.
McLachlan se man, Ian (43), is by die huis in terwyl sy buite gewag
het.

“Ian het gesê ’n serp het my ma se gesig toegemaak en hy kon kopwonde
op my pa se gesig sien,” het McLachlan gesê.

Een van die werknemers op die kleinhoewe het hulle verlede Maandag
gebel met die nuus dat nóg twee van die egpaar se honde dood is, ná
Malan vroeër die oggend afgekom het op Zack, ’n Yorkshire-ter­riër,
wat vergiftig is.

“My pa het toe probeer om ’n saak by die Groendenne-satelliet-
polisiestasie oop te maak, maar hy is weggewys omdat daar
jurisdiksieprobleme is,” het McLachlan gesê.

Die aanvaller(s) het vermoedelik Saterdag ’n venster gebreek om by die
huis in te kom, waar hulle die Malans ingewag het.

Die egpaar het met hul blou Toyota Corolla stilgehou en die inkopies
in die huis gedra toe hulle oorval is. “My pa se beursie is nog saam
met die kruideniersware op die kombuiskas. My ma gaan bêre gewoonlik
eerste haar handsak in die kamer en dit is langs haar lyk gevind,” het
McLachlan gesê.

Volgens die familie lyk dit nie of enigiets gesteel is nie, maar ’n
polisielid op die toneel het bevestig die slaapkamers is “omgekeer”.

Konst. Teboho Lephoto, polisiewoordvoerder, het gesê hulle sal
ondersoek instel oor waarom Malan weggewys is toe hy ’n saak aanhangig
wou maak.

http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Egpaar-vermoor- na-doodsdreigement-20110613
Vorige onderwerp: Anti-materie vir 16 minute geberg by Cern
Volgende onderwerp: Deurlopende plaasaanvalle
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 09:07:53 MGT 2024