Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Boer (73) vermoor
Boer (73) vermoor [boodskap #119970] Ma, 06 Junie 2011 10:19
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
2011-06-06 09:57

'n Boer se lyk is op sy wildplaas in Blaauwbank buite Randfontein,
gekry sowat 2½ jaar nadat sy vrou op dieselfde plaas vermoor is.


Die lyk van mnr. Frank Gaudin (73), wat in Kanada gebore is, is
eergister omstreeks 17:00 in 'n gat op die plaas gevind.

Die plaas, African Artifacts Farms, is sowat 27 km buite Randfontein
op die pad na Carletonville.

Gaudin was 'n bekende handelaar in Afrika-kuns.

Sy vrou, Sandra (56), is in Desember 2008 op die wildplaas deur twee
Mosambiekse broers vermoor.

Hulle het haar oorval, verwurg en beroof.

Regter Gerhard Hatting het Teleo Valente Matimbe (25) in Januarie tot
lewenslange tronkstraf weens die moord gevonnis nadat hy in die
Johannesburg hooggeregshof skuldig bevind is aan moord en roof met
verswarende omstandighede.

Matimbe se broer is steeds op vrye voete.

Kapt. Appel Ernst, polisiewoordvoerder, het gister gesê Gaudin se bure
het hom Vrydagoggend by die Randfontein-polisiekantoor as vermis
aangemeld nadat hulle hom nêrens op die plaas kon kry nie.

Sy voertuie was steeds op die plaas.

Die polisie het 'n groot soektog begin.

"Die plaas en omgewing is fyngekam. Lede van die
gemeenskapspolisiëringsforum en inwoners van die omgewing het met die
soektog kom help."

Die soektog is Vrydag omstreeks 18:00 gestaak en eergisteroggend
hervat.

Die damme op die plaas is leeggepomp om te kyk of hy verdrink het.

'n Polisiehelikopter is ook ingespan.

Sy lyk is omstreeks 17:00 in 'n gat op die plaas gekry.

Na wat Beeld verneem, was Gaudin vasgebind en lappe was om sy kop
gedraai.

Die polisie wou geen inligting gee oor wat tot sy dood gelei het nie.

"Die oorsaak van dood sal eers in 'n lykskouing vasgestel kan word,"
het Ernst gesê.

Mnr. Paul Gaudin (34) van Vanderbijlpark, die enigste seun van die
oorledene wat tans in Suid-Afrika woon, het gesê die familie is baie
geskok en getraumatiseerd.

"Niemand verdien om só dood te gaan nie."

Hy sal sy pa as 'n harde en direkte mens, maar 'n goeie sakeman
onthou.

"Hy het die onderneming in 1973 van niks af begin en 'n suksesvolle
onderneming opgebou."

Gaudin se twee ander seuns uit sy tweede huwelik, Frank (37) en
Michael (32), sal na verwagting môre van Australië in Suid-Afrika
aankom.

Gaudin word ook oorleef deur 'n seun uit sy eerste huwelik, Mark.

Mense met inligting kan lt.kol Gert Kruger in kantoorure by 0?011? 278
8100 of nauurs by 082 413 2635 bel.

http://www.facebook.com/#!/notes/ajk-raad/niemand-verdien-om -s%C3%B3-dood-te-gaan-nie-boer-vermoor-2-jaar-na-sy-vrou-op- selfte-/217510891603989
Vorige onderwerp: Werkers gooi mynkaptein met klippe dood
Volgende onderwerp: Anti-materie vir 16 minute geberg by Cern
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 11:33:41 MGT 2024