Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Werkers gooi mynkaptein met klippe dood
Werkers gooi mynkaptein met klippe dood [boodskap #119964] Ma, 30 Mei 2011 10:36
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Typically, this is not even mentioned in the South African English
press, let alone the international media. But the Reitz four get weeks
on-end media coverage, locally and abroad. Where is Deborah Patta
now ? Where is the international outrage ?

Werkers gooi mynkaptein met klippe dood
2011-05-28 22:37

Willem Pelser
Die afdanking van sowat 500 mynwerkers by die Smokey Hills-myn naby
Lydenburg het waarskynlik bygedra tot die gru-moord op ’n mynkaptein.

Mnr. Kobus Janse van Rensburg (38) is met klippe doodgegooi nadat ’n
skare oproeriges Donderdag ’n mynbussie voorgekeer en aan die brand
gesteek het.

Dit kom nadat ongelukkigheid oor die afdankings in Februarie weer
opgevlam het.

Tydens die afgelope week se oproer het ’n veiligheidswag Woensdag ’n
man by ’n betoging doodgeskiet.

Janse van Rensburg is dood toe ’n groep oproeriges die pad tussen
Mecklenburg en die myn versper het.

Die bussiebestuurder het probeer omdraai toe hy die groep sien, maar
’n wiel het in ’n sloot vasgesit en die groep het op die bussie
toegesak.

Die insittendes het glo uitgespring en van hulle kon wegkom. Janse van
Rensburg het glo probeer om die mense te kalmeer. Die skare het hom
toe met klippe bestook.

Sy vrou, Bonita, het gister gesê dit was “?’n verskriklike skok” toe
sy van haar man se dood hoor.

“Wat my altyd in my gedagtes sal bybly is hoe ons mekaar die oggend
vir oulaas gegroet het. Hy het soos gewoonlik gesê ‘Goodbye baby’.

“Ons is heeltemal in die duister oor presies wat gebeur het en hoekom
juis hy doodgemaak is,” sê sy. Haar man se familie is baie kwaad oor
wat gebeur het.

Volgens haar was hy “’n godsdienstige, fantastiese man” saam met wie
sy graag oud sou wou word. “Sy dood is so onnodig.”

Janse van Rensburg se broer, Saaiks, het gister gesê wat die seerste
maak is die barbaarse wyse waarop sy broer vermoor is. “Ons is ’n
familie en om een van ons broers so te verloor, is traumaties,” het hy
gesê.

“Kobus sou die naweek sy een seuntjie na ’n motorfietssaamtrek geneem
het en hulle albei was baie opgewonde daaroor.”

Hy het drie kinders, Kendre (4), Kayla (9) en Christen (9).

Lt.kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, het gister gesê niemand is al
in verband met die moord aangekeer nie.

http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Werkers-gooi-mynka ptein-met-klippe-dood-20110528
Vorige onderwerp: Man sterf in soveelste huisrooftog
Volgende onderwerp: Boer (73) vermoor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 09:34:05 MGT 2024