Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Man sterf in soveelste huisrooftog
Man sterf in soveelste huisrooftog [boodskap #119960] Do, 26 Mei 2011 07:03
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Man sterf in soveelste huisrooftog
2011-05-25 11:14

Riata Nel

’n 55-jarige man is gister in die soveelste huisrooftog in Vaalpark,
langs Sasolburg, vermoor.

Drie mans het mnr. Johannes Oelofse (55) gisteraand ná 19:00 in sy
huis in Golden Gate Boulevard oorval en hom op ’n kort afstand
doodgeskiet. Hy was alleen toe hy vermoor is.

“Ons het TV gekyk. My seun het my kom sê dat hy ’n skoot gehoor het,”
het ’n buurman gisteraand aan Beeld gesê.

Hy het drie mans by Oelofse se huis sien uithardloop. Hulle het met ’n
platskerm-TV in die veld oorkant die huis verdwyn.

Dié voorval was die 22ste gewapende huisrooftog in Vaalpark sedert
Oktober verlede jaar. Huisrowers het sedert Saterdag elke aand by ’n
huis in die woonbuurt toegeslaan.

In die voorval Saterdagaand is ’n man ná 20:00 buite sy huis in
Simonsbergstraat oorval.

“Hy het geluide buite die huis gehoor en ondersoek gaan instel,” het
me. Fikiswa Matoti, woordvoerder van die polisie in Sasolburg, gesê.

Hy is met ’n vuurwapen oor die kop geslaan. Die rowers het met ’n
skootrekenaar, kontant en selfone weggehardloop.

Sondagaand 21:15 het twee gemaskerde mans ’n vrou in haar huis in
Matimbastraat oorval. “Die mans het items in die vrou se motor gelaai
en wou daarmee wegry, maar die motor het probleme gegee. Hulle het
alles net so gelos en gevlug.”

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Man-sterf-in-sooveelst e-huisrooftog-20110525
Vorige onderwerp: ANC Sucks - Dronk regter kry R4 676 336 vir by die huis sit
Volgende onderwerp: Werkers gooi mynkaptein met klippe dood
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 08:04:18 MGT 2024