Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Skiet die Boer is Haatspraak
Skiet die Boer is Haatspraak [boodskap #119945] Ma, 16 Mei 2011 10:05
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
ANC se doppie in 'skiet die Boer'-saak geklink
2011-05-16 10:59

Johannesburg – Waarnemende regter Leon Halgryn het Maandag in die Suid-
Gautengse hooggeregshof beslis dat "Skiet die Boer" nie net haatspraak
is nie, maar aanhitsing tot moord.

Die ANC het verlede jaar ’n aansoek om verlof tot appèl teen die
verbod op die lied “Dubul’ ­iBhunu” (“Skiet die Boer”) ingedien, is
vroeër berig.

Halgryn het die ANC se aansoek om tussenbeidetrede in dié saak met
koste van die hand gewys, het AfriForum in 'n verklaring gesê.

Die ANC sê die lied vorm deel van die geskiedenis van die vryheidstryd
en word steeds deur sy ondersteuners gesing.

Thandi Modise, adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, het die aansoek
namens die ANC by die hof ingedien.

Dié uitspraak hou nie verband met die haatspraaksaak teen Julius
Malema nie.

http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/ANC-se-doppie-i n-skiet-die-Boer-saak-geklink-20110516
Vorige onderwerp: '90% van die plase oorgedra was onsuksesvol'
Volgende onderwerp: ANC Sucks - Dronk regter kry R4 676 336 vir by die huis sit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 18:58:18 MGT 2024