Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Plaasaanvalle neem drasties toe
Plaasaanvalle neem drasties toe [boodskap #119896] Wo, 23 Maart 2011 08:02
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Plaasaanvalle neem drasties toe

Die polisie se onvermoë om misdaad te voorkom, het deels daartoe gelei
dat daar van Oktober 2010 tot Desember 2010’n toename van sowat 40%
in plaasmoorde was, reken Agri SA.

Mnr. André Botha, voorsitter van Agri SA se landelike
veiligheidskomitee, het volgens ’n berig in Beeld die vinger na die
polisie gewys oor dié skokkende statistieke.

Botha beweer die polisie se misdaadintelligensiediens skiet tekort en
dat te veel polisiebeamptes meer gepla is oor hul salaris as oor die
werk wat hulle doen.

Hy sê ook dat daar ten spyte van goeie beleide en strategieë nie ’n
genoegsame verbetering in misdaadstatistieke in landelike gebiede is
nie.

Die uitwerking van misdaad is een van die belangrikste brandpunte
waaraan Agri SA aandag gee. Volgens die organisasie beperk misdaad
lewensgehalte en werkskepping in landelike gebiede.

http://www.landbou.com/node/54819
Vorige onderwerp: South African municipal rates skyrocket, amidst incompetence of the municipalities
Volgende onderwerp: Re: Pre-Apartheid 'Apartheid' Laws
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 06:03:27 MGT 2024