Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Positief Suid Afrikaans
Positief Suid Afrikaans [boodskap #119883] Do, 18 Mei 2006 19:49
Willie  is tans af-lyn  Willie
Boodskappe: 1
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Junior Lid
Ek is lief vir my land! Ek het sy natuur leer ken en sy mense leer
waardeer. Ek hou van sy ryk geure en kleure. Ek hou van die musiek uit
al sy oorde, natuur-musiek, tradisionele kultuur-musiek, woud-musiek,
woestyn-musiek . Ek hou van die kuns in al sy vorme. Ek is mal oor sy
kranse en sy stede, elkeen met sy eie karakter en kenmerke.

Ek wil hier oud word en my kleinkinders hier sien groot word. Ek wil
hier woon en werk.
Ek en miljoene ander persone in Suid Afrika is vredeliewend en wil
graag vooruitgang sien. Ek glo in die waarde van samewerking. Kom ons
soek na positiewe nuus- gebeure.
Kom ons spoor mekaar aan om hoogtes te bereik. Kom ons motiveer mekaar
tot uitstekende prestasie en diens. Kom ons word 'n nasie wat kwaliteit
weer nastreef.

Help my om 'n positiewe bydrae te lewer. Om welwillendheid en basiese
liefde te bevorder in Suid Afrika. Skryf oor goed wat 'n verskil in
mense se lewens kan maak.
Kom ons verander gesindheid met dit wat ons praat en met dit wat ons
doen.

Willie Oosthuizen
Vorige onderwerp: Suid-Afrikaanse Engels
Volgende onderwerp: Betekenis en korrrekte gebruik van "FOK"
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 14:43:54 MGT 2024