Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Onderwys & opvoeding » 'Sluit Afrikaanse skole' sê Cosas
'Sluit Afrikaanse skole' sê Cosas [boodskap #119665] So, 02 Mei 2010 20:07
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
'Sluit Afrikaanse skole' sê Cosas

2010-05-01 05:47

Johannesburg – Die Congress of South African Students (Cosas) het
Vrydag daarop aangedring dat alle skole wat Afrikaans as die primêre
medium aanbied, moet sluit.

“Cosas veroordeel enige rassistiese neigings wat daarop uit is om die
deure toe te maak vir swart studente deurdat dié skole Afrikaans as
die hoof medium aanbied,” het Oagile Louw, provinsiale sekretaris in
‘n verklaring gesê.

Hy het bygevoeg dat dit meestal in die Wes Rand is wat Afrikaanse
skole onder "rassistiese Afrikaanse bestuur" is en dat dié skole die
"inheemse volk van Suid-Afrika en Afrika as geheel" uitsluit deurdat
hulle onderrig in "onoorspronklike Afrikaans" aanbied.

“Ons dring dus daarop aan dat sulke skole sluit.”

Cosas het ook lede van die Suid-Afrikaanse Demokratiese
Onderwysersunie (Sadtu) gewaarsku dat die ontwrigting van skole nie
geduld sal word nie.

Sulke lede is, volgens Cosas, nie verbind tot kwaliteit onderwys nie.

– Sapa

Oorsprong:Nuus24
http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Sluit-Afrikaanse-skol e-s%C3%AA-Cosas-20100501
Vorige onderwerp: Afrikaans mag nie verdwyn op universiteit
Volgende onderwerp: Kinder Videos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 10:11:21 MGT 2024