Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Gesondheid & boereraat » swine flu
swine flu [boodskap #119123] Wo, 29 April 2009 23:31 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wat noem hulle dit in Afrikaans. My man sê hy
merk op dat SA se eerste twee gevalle gevind is.
Kanada het al glo negentien. Snaaks hoe die siekte
amper die hele wêreld vol is, en hulle dit nou eers die
afgelope drie weke opmerk.
Kanada het 'n paar jaar gelede deur 'n skrikwekkende
periode gegaan met SARS. Dit was vreeslik aansteeklik,
en hulle het uiteindelik uitgereken dat die eerste geval
in Kanada iemand was wat net in die hysbak in Hong
Kong was waar 'n Sjinese dokter was, wat blykbaar met pasiënte gewerk
het en toe Hong Kong toe gekom het vir 'n
troue, en al baie siek was en kort daarna gesterf het. Die Kanadese
vrou in die hysbak het in Toronto kom siek word, haar
seun ook aangesteek en hulle is albei dood. Later is van
die verpleegsters ook dood wat in aanraking met die
seun in die hospitaal gekom het.
Hulle sê ons is gelukkig dat ons dit nie in die winter
hier kry nie, en dat die mense in die suidelike halfrond, wat
nou die winter binnegaan, miskien nie so lig daarvan gaan
afkom nie.
Gloudina
Re: swine flu [boodskap #119124 is 'n antwoord op boodskap #119123] Do, 30 April 2009 18:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michel Martens  is tans af-lyn  Michel Martens
Boodskappe: 126
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hessie schreef op Wed, 29 Apr 2009 16:31:58 -0700 (PDT) in de
nieuwsgroep soc.culture.south-africa.afrikaans

> Wat noem hulle dit in Afrikaans.

In het Nederlands zei men aanvankelijk 'varkensgriep' maar aangezien
het virus niet veel meer met varkens te maken heeft noemt men de
ziekte nu de Mexicaanse griep. Ook in de Engelse en Franse benamingen
verwijst men naar Mexico en in dat land zijn ze er niet blij mee omdat
het niet eens zeker is dat het virus daar echt ontstond. Maar ja, het
kind moet een naam hebben.
Re: swine flu [boodskap #119125 is 'n antwoord op boodskap #119123] Do, 30 April 2009 18:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Varkgriep...endemies aan Kanada!

"Hessie" skryf in boodskap news:3b944bb4-96d8-496c-a35e-e44aa6d17cef @ s1g2000prd.googlegroups.com...
Wat noem hulle dit in Afrikaans. My man sê hy
merk op dat SA se eerste twee gevalle gevind is.
Kanada het al glo negentien. Snaaks hoe die siekte
amper die hele wêreld vol is, en hulle dit nou eers die
afgelope drie weke opmerk.
Kanada het 'n paar jaar gelede deur 'n skrikwekkende
periode gegaan met SARS. Dit was vreeslik aansteeklik,
en hulle het uiteindelik uitgereken dat die eerste geval
in Kanada iemand was wat net in die hysbak in Hong
Kong was waar 'n Sjinese dokter was, wat blykbaar met pasiënte gewerk
het en toe Hong Kong toe gekom het vir 'n
troue, en al baie siek was en kort daarna gesterf het. Die Kanadese
vrou in die hysbak het in Toronto kom siek word, haar
seun ook aangesteek en hulle is albei dood. Later is van
die verpleegsters ook dood wat in aanraking met die
seun in die hospitaal gekom het.
Hulle sê ons is gelukkig dat ons dit nie in die winter
hier kry nie, en dat die mense in die suidelike halfrond, wat
nou die winter binnegaan, miskien nie so lig daarvan gaan
afkom nie.
Gloudina
Re: swine flu [boodskap #119126 is 'n antwoord op boodskap #119123] Do, 30 April 2009 20:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
dromm...  is tans af-lyn  dromm...
Boodskappe: 2
Geregistreer: April 2009
Karma: 0
Junior Lid
On Apr 30, 1:31 am, Hessie wrote:
> Wat noem hulle dit in Afrikaans.

News24 het netnounet gesê dat die naam in die VSA verander is na H1N1
Influenza A
omdat die hele storie eintlik niks met varke te doen het nie en hulle
net 'n slegte naam gee.
Die H N is net 'n kode vir alle griepvirusse en die syfers dui die
spesifieke tipe aan.

Drom
Re: swine flu [boodskap #119146 is 'n antwoord op boodskap #119126] Do, 14 Mei 2009 22:53 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
drom skryf

> omdat die hele storie eintlik niks met varke te doen het nie en hulle
> net 'n slegte naam gee.
> Die H N is net 'n kode vir alle griepvirusse en die syfers dui die
> spesifieke tipe aan.

Hier in Kanada het 'n hele klomp varke glo
die virus opgetel van 'n mens af. En toe is
die arme diere almal doodgemaak.
Die kommer is darem nog dat julle in
die suidelike halfrond 'n erger tipe kan
ontwikkel omdat dit julle winter is. En dit
dan weer na ons toe volgende winter kan
versprei.

Gloudina
Vorige onderwerp: Hospitale SA style
Volgende onderwerp: Kubaanse Dokter vermink kind se geslagsdeel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 09:48:47 MGT 2024