Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Ekonomie & geldsake » Finansieële krisis
Finansieële krisis [boodskap #118424] Do, 06 November 2008 13:46 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die hele wêreld is geaffekteer deur die finansieële katastrofes wat
basies veroorsaak is deur die gierigheid en onverantwoordelikheid
van die verband-markte in die VSA. Alhoewel ons in Kanada bietjie
beskerm is omdat ons konserwatiewe huisverband-aankoop reëls
het, is daar nogtans reperkussies. Byvoorbeeld, pensioenfondse
hier in Kanada het ook letterlike biljoene dollars verloor en is nog
besig om te verloor in die aandelemarkte se meltdown. Ons koerante
is vol daarvan. Maar ek kan nie in die Beeld enige tekens vind dat
dieselfde in SA gebeur nie. Miskien lees ek nie op die regte plek
nie. Kan enigiemand vir my bietjie inlig?

Gloudina
Re: Finansieële krisis [boodskap #118425 is 'n antwoord op boodskap #118424] Do, 06 November 2008 14:12 Na vorige boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 6 Nov, 14:46, Hessie wrote:
> Die hele wêreld is geaffekteer deur die finansieële katastrofes wat
> basies veroorsaak is deur die gierigheid en onverantwoordelikheid
> van die verband-markte in die VSA. Alhoewel ons in Kanada bietjie
> beskerm is omdat ons  konserwatiewe huisverband-aankoop reëls
> het,  is daar nogtans reperkussies. Byvoorbeeld,  pensioenfondse
> hier in Kanada het ook letterlike biljoene dollars verloor en is nog
> besig om te verloor in die aandelemarkte se meltdown. Ons koerante
> is vol daarvan. Maar ek kan nie in die Beeld enige tekens vind dat
> dieselfde in SA gebeur nie.  Miskien lees ek nie op die regte plek
> nie. Kan enigiemand vir my bietjie inlig?
>
> Gloudina

Besighede in Suid Afrika word huidiglik beperk tot 'n maksimum R1bn
vir enige belegging in die buiteland. Dit verminder die blootstelling
aan die huidige krisis maar daar is tog 'n redelike invloed as gevolg
van die wedersydse vermindering van buitelandse belegging in Suid
Afrika en dan natuurlik die verminderde waarde van die Rand wat
invoere baie duurder maak. Maar jy is reg, daar is eenvoudig nie
naastenby so groot krisis in SA as in die VSA of Europa nie.
Oor die algemeen word verbruikers in lande soos SA en ander
ontwikkelende lande redelik beskerm deur middel van streng valuta-
beheermaatreels. Dit is die plus kant maar daar is natuurlik ook die
negatiewe gevolge vir besighede wat as gevolg van hierdie maatreels
nie regtig internasionaal kan kompeteer nie.
Vorige onderwerp: Nuwe apartheidsvarke is aan die woel!
Volgende onderwerp: Hoever word SA geaffekteer deur die ekonomiese tsunami
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 19:01:32 MGT 2024