Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Emigrasie & buiteland » Bendes teiken wél lughawe, sê Amerikaanse ambassade
Bendes teiken wél lughawe, sê Amerikaanse ambassade [boodskap #116715] Di, 18 Maart 2008 09:42
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
Bendes teiken wél lughawe, sê Amerikaanse ambassade
Mar 17 2008 08:32:40:210PM - (SA)


Verwante Berigte
In hart geskiet, in gehuurde kar verbrand

3 vas ná rooftog op toeriste

Annelene Moses

Altesame 14 Amerikaners is die afgelope 12 maande op pad na of by hul
bestemmings met vuurwapens aangehou en beroof nadat hulle by die O.R.
Tambo-lughawe in Kempton Park geland het.

Dié onthulling deur die Amerikaanse ambassade in Pretoria weerspreek
oënskynlik die bevinding van 'n taakspan van die polisie waarvolgens
sulke aanvalle sporadies en bloot toevallig is.

Die kwessie het verlede week weer opgeduik toe 'n Nigeriese sakeman
wat per taxi van die lughawe na die Westcliff-hotel in Johannesburg
gereis het, saam met 'n oorsese paartjie in die ontvangslokaal van dié
spoghotel beroof is.

Die polisie hou egter vol dat geen bewyse gevind kon word dat 'n
sindikaat by die lughawe bedrywig is wat toeriste agtervolg en aanval
nie.

Daarenteen bevat 'n skakel van die ambassade se webwerf by
www.southafrica.usembassy.gov die volgende waarskuwing:

“Besoekers en inwoners word gewys op voortgesette misdaadbedrywighede
waarby georganiseerde misdaadbendes betrokke is en wat individue by
winkelsentrums en veral by die O.R. Tambo-lughawe, Johannesburg,
teiken.

“Sodra 'n slagoffer geïdentifiseer is, word hy of sy tot by sy of haar
blyplek agtervolg en beroof, gewoonlik gewapen, hoewel die gebruik van
geweld in die algemeen beperk word tot diegene wat op een of ander
manier weerstand bied.”

'n Ander inskrywing lui: “Dit blyk dat sommige personeellede by die
lughawe betrokke is en glo misdadigers wat buite die lughawegebou wag,
inlig oor watter toeriste pas waardevolle items en kontant verklaar
het.”

Me. Sharon Hudson-Dean, media-attaché van die ambassade, het dit
terselfdertyd duidelik gemaak dat geen reiswaarskuwing oor Suid-Afrika
uitgereik is nie. Net twee Afrika-state, Soedan en Kameroen, is
onlangs op hierdie lys geplaas.

Sr.supt. Vish Naidoo, polisiewoordvoerder, het gesê die departement
van buitelandse sake is verlede week genader om met die Amerikaners
oor die waarskuwing op hul webtuiste in gesprek te tree.

“Ons as die polisie kan nie daarop aandring dat dié inhoud verwyder
word nie. Hulle is vry om hul burgers te waarsku, maar ons soek bewyse
vir die bewerings. Ons vra dat diegene met enige inligting om die
bewerings te staaf, dit onder eed verklaar. Ons ondersoeke het getoon
dit is niks ander as bewerings nie.”

Kapt. Cynthia Magaoi, polisiewoordvoerder, het gister gesê niemand is
nog in verband met die Westcliff-voorval aangekeer nie. Sy het gesê
die sakeman het in sy verklaring gesê hy het geen wit BMW (die rowers
se voertuig) agter sy taxi gewaar nie.

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2289902,00. html
Vorige onderwerp: Vir Katryn en Jan van Perth
Volgende onderwerp: Die Groot Trek na Argentinië
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 21:39:03 MGT 2024