Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Malva poeding
Malva poeding [boodskap #108666] Di, 07 Februarie 2006 03:16 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hoekom word malvapoeding malvapoeding genoem? Ek
ken die woord malva net as die naam van 'n blom.
Ons dogter en haar man, wat onlangs vir omtrent
sewe weke in SA getoer het, het met reseppe vir
allerhande dinge tuisgekom en het 'n week of so gelede
'n SA maal ge-gee. Kompleet met boerewors en biltong
wat hulle in Toronto kon koop. ( Die boerewors het net
so lekker gesmaak as dié wat hulle in SA ge-eet het,
sê sy.)
Maar dié ding waaroor hulle die meeste bohaai
maak, is die malvapoeding. Hulle gaste het dit vinnig
verorber. Sy het vandag weer begin skoolhou, en het
daarvan na haar departement geneem, en almal wou
weer die resep hê.
Ek en haar pa verseker haar dat ons nie met
"malvapoeding" grootgeword het nie, en dat die woord
malva vir ons alleen die blom beteken. Maar nou wonder
ek waarom dit malva-poeding heet? Weet iemand?

Gloudina
Re: Malva poeding [boodskap #108675 is 'n antwoord op boodskap #108666] Di, 07 Februarie 2006 12:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Is dit nie poeding wat van malvalekkers gemaak word nie? Dit is
'marshmallows' in Afrikaans!

"Hessie" wrote in message news:1139282219.842034.179210@f14g2000cwb.googlegroups.com.. .
> Hoekom word malvapoeding malvapoeding genoem? Ek
> ken die woord malva net as die naam van 'n blom.
Re: Malva poeding [boodskap #108676 is 'n antwoord op boodskap #108675] Di, 07 Februarie 2006 12:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester skryf
> Is dit nie poeding wat van malvalekkers gemaak word nie? Dit is
> 'marshmallows' in Afrikaans!

Nee, daar is geen marshmallows in die resep nie.
Ek het ook eerste aan marshmallows gedink, maar
dit het niks daarmee te doen nie. Die resep lyk vir
my laat vir jou net baie basiese koekresep vat en
dit soos 'n koek behandel, behalwe dat dit lyk of
dit gestoom moet word, want my dogter se hulle
sit 'n deksel op. Die enigste snaakse ding in die
koek is appelkooskonfyt. Dan maak mens 'n
baie ryk stroop om daaroor te gooi en bak dit
dan nog 'n bietjie, met die deksel steeds op.
Dit lyk vir my dit sal 'n baie sagte stroperige
poeding wees.
Ek wonder dus nog steeds. Hoekom word
die ding malvapoeding genoem?

Gloudina
Re: Malva poeding [boodskap #108677 is 'n antwoord op boodskap #108666] Di, 07 Februarie 2006 13:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DanielJan  is tans af-lyn  DanielJan
Boodskappe: 84
Geregistreer: April 2004
Karma: 0
Volle Lid
Ek het grootgeword in 'n huis waar malvapoeding 'n alledaagse verskynsel
was. Dit was gewoonlik 'n 'bederf' nagereg oor die naweek. Heerlik!

DanielJan.

"Hessie" wrote in message news:1139282219.842034.179210@f14g2000cwb.googlegroups.com.. .
> Hoekom word malvapoeding malvapoeding genoem? Ek
> ken die woord malva net as die naam van 'n blom.
Re: Malva poeding [boodskap #108679 is 'n antwoord op boodskap #108677] Di, 07 Februarie 2006 14:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ja-nee - malvapoeding is 'n ou ding. Maar die "reseppe" is 'n nuwe
ding.
Wie't 'n resep vir 'n doekpoeding. (My Ouma was die ekspert.)
Ook op 'n kooknoot. Dar's klaarblyklik 'n skaapkop-gilde in Pretoria.
Mense wat spesialiseer in skaapkop gaarmaak.
Aangesien ons nou 'n nasie van sepies en feeste geword het wonder ek
waarom is daar nie 'n boerekosfees nie. Man, dit kan 'n interessante
gedoente word. Ek verlang na afval en skaapkop...
Re: Malva poeding [boodskap #108692 is 'n antwoord op boodskap #108679] Di, 07 Februarie 2006 20:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
'reseppe' en 'resepte' is beide aanvaarde woorde in Afrikaans.

"Jonas" wrote in message news:1139324182.989459.294960@o13g2000cwo.googlegroups.com.. .
> Ja-nee - malvapoeding is 'n ou ding. Maar die "reseppe" is 'n nuwe
> ding.
> Wie't 'n resep vir 'n doekpoeding. (My Ouma was die ekspert.)
> Ook op 'n kooknoot. Dar's klaarblyklik 'n skaapkop-gilde in Pretoria.
> Mense wat spesialiseer in skaapkop gaarmaak.
> Aangesien ons nou 'n nasie van sepies en feeste geword het wonder ek
> waarom is daar nie 'n boerekosfees nie. Man, dit kan 'n interessante
> gedoente word. Ek verlang na afval en skaapkop...
>
Re: Malva poeding [boodskap #108694 is 'n antwoord op boodskap #108666] Di, 07 Februarie 2006 22:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie poeding het vele name, o.a. Bruinpoeding, Jan Ellis-poeding

Hessie wrote:
> Hoekom word malvapoeding malvapoeding genoem? Ek
> ken die woord malva net as die naam van 'n blom.
> Ons dogter en haar man, wat onlangs vir omtrent
> sewe weke in SA getoer het, het met reseppe vir
> allerhande dinge tuisgekom en het 'n week of so gelede
> 'n SA maal ge-gee. Kompleet met boerewors en biltong
> wat hulle in Toronto kon koop. ( Die boerewors het net
> so lekker gesmaak as dié wat hulle in SA ge-eet het,
> sê sy.)
> Maar dié ding waaroor hulle die meeste bohaai
> maak, is die malvapoeding. Hulle gaste het dit vinnig
> verorber. Sy het vandag weer begin skoolhou, en het
> daarvan na haar departement geneem, en almal wou
> weer die resep hê.
> Ek en haar pa verseker haar dat ons nie met
> "malvapoeding" grootgeword het nie, en dat die woord
> malva vir ons alleen die blom beteken. Maar nou wonder
> ek waarom dit malva-poeding heet? Weet iemand?
>
> Gloudina
>

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Re: Malva poeding [boodskap #108726 is 'n antwoord op boodskap #108694] Wo, 08 Februarie 2006 13:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Knersus skryf
> Hierdie poeding het vele name, o.a. Bruinpoeding, Jan Ellis-poeding

Maar vanwaar kom die woord malva? As die enigste
uitsonderlike bestanddeel appelkooskonfyt is. Ek
wonder amper of die woord "mal" iets met die saak
te doen het.

Gloudina
Re: Malva poeding [boodskap #108756 is 'n antwoord op boodskap #108726] Do, 09 Februarie 2006 07:25 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee Gloudina, dit is omdat dit sag op die tong is soos 'n malvalekker.
--
Groetnis
Annette
> knersus skryf
>
>> Hierdie poeding het vele name, o.a. Bruinpoeding, Jan Ellis-poeding
>
> Maar vanwaar kom die woord malva? As die enigste
> uitsonderlike bestanddeel appelkooskonfyt is. Ek
> wonder amper of die woord "mal" iets met die saak
> te doen het.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Wat is die verskil...
Volgende onderwerp: Spesiaal vir Riaan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 05:59:37 MGT 2024