Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Reis & vakansie » tannie gaan op reis
tannie gaan op reis [boodskap #105349] Wo, 24 Augustus 2005 01:47 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
As jy my in die volgende halfdosyn dae aanval en my vertel
waar dawid die wortels gegrawe het, en ek sê niks nie, dan
is dit nie omdat ek jou ignoreer nie. Tannie gaan net so paar
dae afwesig wees voor haar rekenaar. Eers gaan ek net so
paar uur van Ottawa af na 'n skiereiland wat so ver in Lake
Ontario insteek, dat dit ook in die wynstreek van Noord-
Amerika val, en ons gaan saam met ons dogter en skoonseun
op 'n wynroete daar gaan. ( Meeste van die goeie wyngaarde
en wynroetes in hierdie deel van Noord-Amerika is in die
Niagara-Peninsula, wat tussen Lake Ontario en Lake Erie
is. Daar is ook baie wynroetes op die noordelike oewer
van Lake Erie en dan in upstate New York State, veral
tussen die Finger Lakes. Maar hierdie stukkie wynverbou-
area is ongewoon, op die noordelike oewer van Lake
Ontario.)
Daarna gaan ons na Brantford, waar tannie al oor en
oor verduidelik het hoe Alexander Graham Bell die
eerste langafstand-telefoonoproep gemaak het terwyl
hy by sy ouers met vakansie op Brantford was. Dis
ook die tuiste van die uitvinder van die electron
microscope. Hy bly nou in die VSA en is al in sy
negentigerjare, maar hy kom nog gereeld op na
Brantford om sy verjaarsdag te vier. Ongelukkig
is Brantford se onderdorp maar bietjie van 'n
hick place, maar dit het darem die voordeel dat
dit net twintig minute se ry is van Hamilton, waar
meeste van Einstein se brein is. Dis ook binne
een of twee uur van baie goeie universiteite in
Waterloo, Guelph, Toronto en London, Ont.

tANT hESSIE
Re: tannie gaan op reis [boodskap #105350 is 'n antwoord op boodskap #105349] Wo, 24 Augustus 2005 05:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Lekker syp aantie:))
--
Groetnis
Annette

Aunty Glads:
> As jy my in die volgende halfdosyn dae aanval en my vertel
> waar dawid die wortels gegrawe het, en ek sê niks nie, dan
> is dit nie omdat ek jou ignoreer nie. Tannie gaan net so paar
> dae afwesig wees voor haar rekenaar. Eers gaan ek net so
> paar uur van Ottawa af na 'n skiereiland wat so ver in Lake
> Ontario insteek, dat dit ook in die wynstreek van Noord-
> Amerika val, en ons gaan saam met ons dogter en skoonseun
> op 'n wynroete daar gaan. ( Meeste van die goeie wyngaarde
> en wynroetes in hierdie deel van Noord-Amerika is in die
> Niagara-Peninsula, wat tussen Lake Ontario en Lake Erie
> is. Daar is ook baie wynroetes op die noordelike oewer
> van Lake Erie en dan in upstate New York State, veral
> tussen die Finger Lakes. Maar hierdie stukkie wynverbou-
> area is ongewoon, op die noordelike oewer van Lake
> Ontario.)
> Daarna gaan ons na Brantford, waar tannie al oor en
> oor verduidelik het hoe Alexander Graham Bell die
> eerste langafstand-telefoonoproep gemaak het terwyl
> hy by sy ouers met vakansie op Brantford was. Dis
> ook die tuiste van die uitvinder van die electron
> microscope. Hy bly nou in die VSA en is al in sy
> negentigerjare, maar hy kom nog gereeld op na
> Brantford om sy verjaarsdag te vier. Ongelukkig
> is Brantford se onderdorp maar bietjie van 'n
> hick place, maar dit het darem die voordeel dat
> dit net twintig minute se ry is van Hamilton, waar
> meeste van Einstein se brein is. Dis ook binne
> een of twee uur van baie goeie universiteite in
> Waterloo, Guelph, Toronto en London, Ont.
>
> tANT hESSIE
>
Re: tannie gaan op reis [boodskap #105360 is 'n antwoord op boodskap #105349] Wo, 24 Augustus 2005 12:56 Na vorige boodskap
DanielJan  is tans af-lyn  DanielJan
Boodskappe: 84
Geregistreer: April 2004
Karma: 0
Volle Lid
Antie, ek waardeer en geniet jou spitsvondigheid met die 'tANT hESSIE',
skerp, baie skerp.

Hoop jy geniet jou wegkomkans.

DanielJan

darem die voordeel dat
> dit net twintig minute se ry is van Hamilton, waar
> meeste van Einstein se brein is. Dis ook binne
> een of twee uur van baie goeie universiteite in
> Waterloo, Guelph, Toronto en London, Ont.
>
> tANT hESSIE
>
Vorige onderwerp: Namib se motorfietse
Volgende onderwerp: Kom stap saam ...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 12:53:15 MGT 2024