Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Elaine
Elaine [boodskap #102719] So, 24 April 2005 16:54 na volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Elaine, hallo jy... kallibreer jy jou monitor?
Waarmee...Adobe Gamma?

Dave
Re: Elaine [boodskap #102721 is 'n antwoord op boodskap #102719] So, 24 April 2005 17:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hi Dave :)

Ek doen dit nie, het nog nooit nie... maar ek weet daarvan. Hoekom vra jy?

E

"Dave" wrote:
>
>
> Elaine, hallo jy... kallibreer jy jou monitor?
> Waarmee...Adobe Gamma?
>
> Dave
>
Re: Elaine [boodskap #102722 is 'n antwoord op boodskap #102721] So, 24 April 2005 18:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 24 Apr 2005 19:57:51 +0200, "Elaine" wrote:

> Hi Dave :)
>
> Ek doen dit nie, het nog nooit nie... maar ek weet daarvan. Hoekom vra jy?
>
> E
>
> "Dave" wrote:


>> Elaine, hallo jy... kallibreer jy jou monitor?
>> Waarmee...Adobe Gamma?

>> Dave


>

omdat ek lief is vir foto's en verwerking van foto's.
Ek kallibreer gewoonlik my monitor, en gebruik
Adobe Gamma, maar daar is vele ander maniere.
Maniere waarvan sommige nogal heel duur kan uitwerk.

Dan moet, as jy jou eie drukwerk doen, jou drukker ook
gekallibreer word, maar siende dat ek graag A2 grootte druk,
en afgesien van watter grootte, dit goedkoper is om te laat druk
as om dit self te doen, laat ek dit doen.

Die rede vir my vraag is omdat jy rekenaars in jou beroep gebruik,
en jy weet natuurlik waarop my vraag neerkom: Jy, wat graag
websites bou, het geen versekering dat ek presies dit sien wat
jy wil hê ek moet sien nie.

Websites:-)
(Ek is lief vir goeie Afrikaans, maar webwerf kom ietwat moeilik oor
die tong - al tik ek met my vingers:-)

Het jy al daaroor gedink? Of besef jy dit? Jy wys vir my iets wat
jy gedoen het, en jy het nogal moeite met die kleure gedoen,
en na 40 minute dit daardie spesiale kleur gekry. Steeds weet jy
nie wat ek op my rekenaar sien nie.

Én, al is jou monitor gekallibreer, en myne ook, en verskillend
gedoen, want ons doen dit met die oog en eie waarneming, is
dit steeds verskillend.

Watter Color Mode (kleurskakering) gebruik jy?
RGB, Adobe RGB (1998), CMYK of een van vele meer?

Ek probeer nie lastige vrae vra nie, maar slegs is dit vrae
waarmee ek te dioen het, en wat somtyds lastig is. Soos
wanneer jy 'n foto doen, en volgens jou kallibrasie is dit
presies wat jy wil hê, en jy het dit gedoen op Adobe RGB (1998)
en jy kom by 'n drukker wat sy drukker ingestel het op
'n CMYK stelling. Dan is groen nie meer groen nie, en
blou nie meer blou nie.

Terwyl ek skryf dink ek ook daaraan dat jou gebied heel anders is,
omdat jou werk op die WEB is en nie op papier nie. Steeds is dit
'n interessante onderwerp, (soos wanneer jy vir die drukker_ou
sê, 'hier is my werk, jy doen geen, absoluut geen kleur veranderings
nie, want dit is presies wat ek wil hê" en jy kry 'n rukkie later
geel leeus op die papier:-)..wat beteken, alles oordoen, en weer
na die drukker toe, waar jy self op haar monitor kyk wat het sy daar.

Dave
Re: Elaine [boodskap #102723 is 'n antwoord op boodskap #102722] So, 24 April 2005 21:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
news[3]  is tans af-lyn  news[3]
Boodskappe: 61
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
Dave, Leonard Cohen se lied laat my aan jou dink vir een of ander rede, die
lied se naam is Anthem::

Ring the bells that still can ring
Forget your perfect offering
There is a crack in everything
That's how the light gets in.

Vriendelike groete
Ellie

"Dave" skryf in boodskap news:uhpn61dcu1u7r13fqa2vjocv3n220ame39@4ax.com...
On Sun, 24 Apr 2005 19:57:51 +0200, "Elaine" wrote:

> Hi Dave :)
>
> Ek doen dit nie, het nog nooit nie... maar ek weet daarvan. Hoekom vra jy?
>
> E
>
> "Dave" wrote:


>> Elaine, hallo jy... kallibreer jy jou monitor?
>> Waarmee...Adobe Gamma?

>> Dave


>

omdat ek lief is vir foto's en verwerking van foto's.
Ek kallibreer gewoonlik my monitor, en gebruik
Adobe Gamma, maar daar is vele ander maniere.
Maniere waarvan sommige nogal heel duur kan uitwerk.

Dan moet, as jy jou eie drukwerk doen, jou drukker ook
gekallibreer word, maar siende dat ek graag A2 grootte druk,
en afgesien van watter grootte, dit goedkoper is om te laat druk
as om dit self te doen, laat ek dit doen.

Die rede vir my vraag is omdat jy rekenaars in jou beroep gebruik,
en jy weet natuurlik waarop my vraag neerkom: Jy, wat graag
websites bou, het geen versekering dat ek presies dit sien wat
jy wil hê ek moet sien nie.

Websites:-)
(Ek is lief vir goeie Afrikaans, maar webwerf kom ietwat moeilik oor
die tong - al tik ek met my vingers:-)
Re: Elaine [boodskap #102724 is 'n antwoord op boodskap #102723] So, 24 April 2005 21:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 24 Apr 2005 16:02:38 -0500, "news" wrote:

> Dave, Leonard Cohen se lied laat my aan jou dink vir een of ander rede, die
> lied se naam is Anthem::
>
> Ring the bells that still can ring
> Forget your perfect offering
> There is a crack in everything
> That's how the light gets in.
>
> Vriendelike groete
> Ellie
>
>

Ellie, dis lekker om van jou te hoor,
al het jy my nou geboor...
deur voor almal te sê ek het 'n kraak;
sou dit beteken ek is vaak?

©dave 2004/2005

maar ook sê jy die lig skyn op my site
nou klink dit weer heel ôrraait
Re: Elaine [boodskap #102727 is 'n antwoord op boodskap #102722] Ma, 25 April 2005 10:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" wrote:

> omdat ek lief is vir foto's en verwerking van foto's.
> Ek kallibreer gewoonlik my monitor, en gebruik
> Adobe Gamma, maar daar is vele ander maniere.
> Maniere waarvan sommige nogal heel duur kan uitwerk.
>
> Dan moet, as jy jou eie drukwerk doen, jou drukker ook
> gekallibreer word, maar siende dat ek graag A2 grootte druk,
> en afgesien van watter grootte, dit goedkoper is om te laat druk
> as om dit self te doen, laat ek dit doen.
>
> Die rede vir my vraag is omdat jy rekenaars in jou beroep gebruik,
> en jy weet natuurlik waarop my vraag neerkom: Jy, wat graag
> websites bou, het geen versekering dat ek presies dit sien wat
> jy wil hê ek moet sien nie.
>
> Websites:-)
> (Ek is lief vir goeie Afrikaans, maar webwerf kom ietwat moeilik oor
> die tong - al tik ek met my vingers:-)
>
> Het jy al daaroor gedink? Of besef jy dit? Jy wys vir my iets wat
> jy gedoen het, en jy het nogal moeite met die kleure gedoen,
> en na 40 minute dit daardie spesiale kleur gekry. Steeds weet jy
> nie wat ek op my rekenaar sien nie.
>
> 'n, al is jou monitor gekallibreer, en myne ook, en verskillend
> gedoen, want ons doen dit met die oog en eie waarneming, is
> dit steeds verskillend.
>
> Watter Color Mode (kleurskakering) gebruik jy?
> RGB, Adobe RGB (1998), CMYK of een van vele meer?
>
> Ek probeer nie lastige vrae vra nie, maar slegs is dit vrae
> waarmee ek te dioen het, en wat somtyds lastig is. Soos
> wanneer jy 'n foto doen, en volgens jou kallibrasie is dit
> presies wat jy wil hê, en jy het dit gedoen op Adobe RGB (1998)
> en jy kom by 'n drukker wat sy drukker ingestel het op
> 'n CMYK stelling. Dan is groen nie meer groen nie, en
> blou nie meer blou nie.
>
> Terwyl ek skryf dink ek ook daaraan dat jou gebied heel anders is,
> omdat jou werk op die WEB is en nie op papier nie. Steeds is dit
> 'n interessante onderwerp, (soos wanneer jy vir die drukker_ou
> sê, 'hier is my werk, jy doen geen, absoluut geen kleur veranderings
> nie, want dit is presies wat ek wil hê" en jy kry 'n rukkie later
> geel leeus op die papier:-)..wat beteken, alles oordoen, en weer
> na die drukker toe, waar jy self op haar monitor kyk wat het sy daar.
>
> Dave

Moenie te veel worry nie... dis nie lastig nie :) Nogal iets om aan te dink.

Ek gebruik Adobe RGB vir my web sites, CMYK is meer vir druk werk omdat dit
oor die algemeen gebasseer is op die werklike ink kleure - papier kom ook
êrens hier ter sprake, maar ek's nou te lui om te gaan kyk. Ons kyk
gewoonlik op verskillende rekenaars om te sien hoe die web site lyk op die
verskillende monitors. Dit lyk nooit presies dieselfde nie, maar soos wat jy
sê is dit nie iets wat deur kallibrasie gered kan word nie, omdat elke ou sy
monitor anders sal instel. So lank die kliënt gelukkig is met wat hy op sy
skerm sien, is dit reg.

Ek is nie so gesteld op kleure nie. Om die waarheid te sê dink ek nie ek het
'n sterk "begrip" van kleur nie. Ek kyk eenvoudig wat werk, en as dit nie my
oë seermaak nie is dit goed. Ek speel met fotos, maar ek laat dit nooit druk
nie, en as dit werk op my PC is ek happy - dis mos maar net vir myself :)
Dalk eendag, as ek verby speel is en meer op jou vlak is sal ek meer
belangstel in kleure.

xxx
Elaine
Re: Elaine [boodskap #102728 is 'n antwoord op boodskap #102727] Ma, 25 April 2005 15:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Laat ek hier in-'chip'. Dave ek weet nie watter tydskrif dit is nie, maar
ek het onlangs 'n artikel gelees juis oor hierdie onderwerp wat deur 'n ou
van Canon behandel is. Blykbaar is die grootste enkele probleem tussen
kamera en drukker die emosionele kleure wat 'enhance' moet word om die druk
beter te maak. Baie van die kameras [juis jou Fuji ook] het juis die
funksie om verskillende tipes 'film' te gebruik ,soos Chrome, en dan word
jou kleure aangepas om dit vir die mens beter te maak. Op die Nikon D70
kan jy weer die saturasie[?] van kleure kalibreer tot in sy fynste
besonderheid om die fotos meer kleur te gee. Die Canon drukkers het
'Pictbridge' sagteware wat help om die probleem te oorkom.
Wat jou monitor aanbetref, sekerlik lees hy net wat die program in
beheer sê? Ek werk op Corel 11 en dit gee 'n groot verskeidenheid van
kleurprofiele waarby jy die twee kan aanpas.

"Elaine" skryf in boodskap news:d4ihse$951$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "Dave" wrote:
>
>> omdat ek lief is vir foto's en verwerking van foto's.
>> Ek kallibreer gewoonlik my monitor, en gebruik
>> Adobe Gamma, maar daar is vele ander maniere.
>> Maniere waarvan sommige nogal heel duur kan uitwerk.
Re: Elaine [boodskap #102729 is 'n antwoord op boodskap #102727] Ma, 25 April 2005 18:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 25 Apr 2005 12:47:43 +0200, "Elaine" wrote:

>
> "Dave" wrote:
>
>> omdat ek lief is vir foto's en verwerking van foto's.
>> Ek kallibreer gewoonlik my monitor, en gebruik
>> Adobe Gamma, maar daar is vele ander maniere.
>> Maniere waarvan sommige nogal heel duur kan uitwerk.

>> Dan moet, as jy jou eie drukwerk doen, jou drukker ook
>> gekallibreer word, maar siende dat ek graag A2 grootte druk,
>> en afgesien van watter grootte, dit goedkoper is om te laat druk
>> as om dit self te doen, laat ek dit doen.

>> Die rede vir my vraag is omdat jy rekenaars in jou beroep gebruik,
>> en jy weet natuurlik waarop my vraag neerkom: Jy, wat graag
>> websites bou, het geen versekering dat ek presies dit sien wat
>> jy wil hê ek moet sien nie.

>> Websites:-)
>> (Ek is lief vir goeie Afrikaans, maar webwerf kom ietwat moeilik oor
>> die tong - al tik ek met my vingers:-)

>> Het jy al daaroor gedink? Of besef jy dit? Jy wys vir my iets wat
>> jy gedoen het, en jy het nogal moeite met die kleure gedoen,
>> en na 40 minute dit daardie spesiale kleur gekry. Steeds weet jy
>> nie wat ek op my rekenaar sien nie.

>> Én, al is jou monitor gekallibreer, en myne ook, en verskillend
>> gedoen, want ons doen dit met die oog en eie waarneming, is
>> dit steeds verskillend.

>> Watter Color Mode (kleurskakering) gebruik jy?
>> RGB, Adobe RGB (1998), CMYK of een van vele meer?

>> Ek probeer nie lastige vrae vra nie, maar slegs is dit vrae
>> waarmee ek te dioen het, en wat somtyds lastig is. Soos
>> wanneer jy 'n foto doen, en volgens jou kallibrasie is dit
>> presies wat jy wil hê, en jy het dit gedoen op Adobe RGB (1998)
>> en jy kom by 'n drukker wat sy drukker ingestel het op
>> 'n CMYK stelling. Dan is groen nie meer groen nie, en
>> blou nie meer blou nie.

>> Terwyl ek skryf dink ek ook daaraan dat jou gebied heel anders is,
>> omdat jou werk op die WEB is en nie op papier nie. Steeds is dit
>> 'n interessante onderwerp, (soos wanneer jy vir die drukker_ou
>> sê, 'hier is my werk, jy doen geen, absoluut geen kleur veranderings
>> nie, want dit is presies wat ek wil hê" en jy kry 'n rukkie later
>> geel leeus op die papier:-)..wat beteken, alles oordoen, en weer
>> na die drukker toe, waar jy self op haar monitor kyk wat het sy daar.

>> Dave
>
> Moenie te veel worry nie... dis nie lastig nie :) Nogal iets om aan te dink.
>
Nie met iets om aan te dink nie, Elaine, maar iets wat 'n werklike
probleem kan wees indien nie aangespreek.
Soos ek reeds gesê het, baie minder op 'n skerm natuurlik
maar dit kan problematies wees op papier.

> Ek gebruik Adobe RGB vir my web sites, CMYK is meer vir druk werk omdat dit
> oor die algemeen gebasseer is op die werklike ink kleure -

Ja, CMYK het meer kleure. Terwyl RGB slegs skakerings tussen
Red, Green & Blue gebruik, maak CMYK gebruik van
Cyan, Magenta, Yellow & Black. 'n baie wyer veld dus
wanneer kleure aangepas word.

> papier kom ook
> êrens hier ter sprake, maar ek's nou te lui om te gaan kyk.

Papier speel 'n groot rol soos jy sê. Inderwaarheid 'n baie groot rol,
en die eerste wat ek vir 'n drukker vra, is watse papier hy gebruik.
Ek dring aan op Satyn, wat relatief duur is, maar kleurvas is;
('mat', verkieslik nie 'gloss' nie ). Daar is ook 'n produk wat bemark
word onder die naam 'Pearl' en dit is selfs duurder maar baie kleurvas
en sommige mense huldig menings wat daarop dui dat dit ook
nie so maklik op duurder papier 'fade' nie..
Daar is goedkoper 'Clay' tipes, en dit alles het, soos jy sê, 'n
invloed op die eindproduk.

Absolùùt net so groot rol, speel die ink. Inkjet word bevraagteken
want dit kan vervaag (ander sou sê dit vervaag beslis, en ander sou
sê dat dit nie 'fade' solank dit binneshuis bly nie:-) maar ink met 'n
pigment basis is die ink wat sommer maklik vir 'n eeu gewaarborg word.
Selfs in skerper lig.

'n Drukker het op my vraag oor wat hy sou doen as ek oor negentig jaar
'n A2 terugbring omdat dit ge'fade' het, beloof om dit dan te vervang.

Ons kyk
> gewoonlik op verskillende rekenaars om te sien hoe die web site lyk op die
> verskillende monitors. Dit lyk nooit presies dieselfde nie, maar soos wat jy
> sê is dit nie iets wat deur kallibrasie gered kan word nie, omdat elke ou sy
> monitor anders sal instel. So lank die kliënt gelukkig is met wat hy op sy
> skerm sien, is dit reg.
>
Soos jy sê, as die kliënt tevrede is, is jy ook.

> Ek is nie so gesteld op kleure nie. Om die waarheid te sê dink ek nie ek het
> 'n sterk "begrip" van kleur nie.

Omdat ons in 'n Splinternuwe Suid Afrika is. Jy is nie die enigste
nie. Inderwaarheid blyk die wat 'n 'sterke begrip van kleur' het.
in die minderheid te wees.

> Ek kyk eenvoudig wat werk, en as dit nie my
> oë seermaak nie is dit goed.

Hier in die groot stede moet mens somtyds 'n donkerbril opsit
om die kontras te verminder, maar selfs daaraan word mens gewoond.

> Ek speel met fotos, maar ek laat dit nooit druk
> nie, en as dit werk op my PC is ek happy - dis mos maar net vir myself :)
> Dalk eendag, as ek verby speel is en meer op jou vlak is sal ek meer
> belangstel in kleure.
>
> xxx
> Elaine
>

Dave
Re: Elaine [boodskap #102730 is 'n antwoord op boodskap #102728] Ma, 25 April 2005 18:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 25 Apr 2005 17:12:27 +0200, "Suidwester" wrote:

> Laat ek hier in-'chip'. Dave ek weet nie watter tydskrif dit is nie, maar
> ek het onlangs 'n artikel gelees juis oor hierdie onderwerp wat deur 'n ou
> van Canon behandel is. Blykbaar is die grootste enkele probleem tussen
> kamera en drukker die emosionele kleure wat 'enhance' moet word om die druk
> beter te maak. Baie van die kameras [juis jou Fuji ook] het juis die
> funksie om verskillende tipes 'film' te gebruik ,soos Chrome, en dan word
> jou kleure aangepas om dit vir die mens beter te maak. Op die Nikon D70
> kan jy weer die saturasie[?] van kleure kalibreer tot in sy fynste
> besonderheid om die fotos meer kleur te gee. Die Canon drukkers het
> 'Pictbridge' sagteware wat help om die probleem te oorkom.
> Wat jou monitor aanbetref, sekerlik lees hy net wat die program in
> beheer sê? Ek werk op Corel 11 en dit gee 'n groot verskeidenheid van
> kleurprofiele waarby jy die twee kan aanpas.
> "Elaine" wrote in message
> news:d4ihse$951$1@ctb-nnrp2.saix.net...

>> "Dave" wrote:

>>> omdat ek lief is vir foto's en verwerking van foto's.
>>> Ek kallibreer gewoonlik my monitor, en gebruik
>>> Adobe Gamma, maar daar is vele ander maniere.
>>> Maniere waarvan sommige nogal heel duur kan uitwerk.
>

Steeds Suidwester, moet jy jou monitor en drukker afsonderlik
kallibreer.

> Wat jou monitor aanbetref, sekerlik lees hy net wat die program in
> beheer sê?

Iemand wat nie kan lees nie, sal tog nie skielik kan lees met 'n nuwe
bril nie. Daar sal eers geleer moet word om te lees, al is dit 'n
goeie bril.

Hier is iets om aan te dink; met klem op die laaste drie sinne:

...Ever since the beginning of colour reproduction, colour management
has existed in one form or another. The basic concept underlying
colour management is to ensure that colour data is processed in a
consistent and predictable way throughout the entire imaging workflow.
A typical Imaging System will consist a wide range of Input and Output
Devices, and each device will reproduce colour differently. This means
that a colour represented by one device will rarely if ever match the
same colour represented on another device. In other words, colour is
device-dependent....

********************
So expanding upon our earlier definition we can say that the purpose
of a Colour Management System (CMS) is to maintain the consistent and
accurate appearance of a colour on different devices (e.g. scanners,
monitors, printers, etc.) throughout our imaging workflow.
********************
> Wat jou monitor aanbetref, sekerlik lees hy net wat die program in
> beheer sê?

************************************

Colour Numbers, their Meaning, and Profiles
* * * * * * * * * * *
A digital image will comprise pixels each of which is represented by a
number. This number will describe the location of the pixel within the
image and its particular colour value (typically an RGB value). We
have already noted that since colour is device-dependent the
appearance of the each coloured pixel will vary for each device. We
also noted that this is because each device has its own unique way of
translating the raw colour value into visual colour. To minimise the
discrepancies that result from the widely differing colour
characteristics of each device we use an ICC profile to inform the CMM
how the colour values produced by that device should actually appear.
This may be on our monitor, in print or on film output. In simple
terms it is the device profile that conveys the meaning of the raw
colour numbers associated with each pixel.

> Op die Nikon D70
> kan jy weer die saturasie[?] van kleure kalibreer tot in sy fynste
> besonderheid om die fotos meer kleur te gee.

'kay, nou het jy 'n foto geneem met die kleure soos dit behoort
te wees. Dit is waar die kamera, myn insiens van minder belang is,
omdat jou drukker nog moet weet hoe om die ware kleure te druk,
nadat jou monitor die ware kleure gelees het en deurgegee het.

Wat ek hier sê, is dat nà jou Nikon 'n mooi foto geneem het, lees
jou monitor dit dalk verkeerd, en stel jy dit met jou Corel 11
kompleet verkeerd sodat dit reg lyk. Dàn, het ons weer dieselfde
storie met die drukker.

Dave
Re: Elaine [boodskap #102732 is 'n antwoord op boodskap #102728] Ma, 25 April 2005 22:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Julius Bergh  is tans af-lyn  Julius Bergh
Boodskappe: 111
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 25 Apr 2005 17:12:27 +0200, "Suidwester" wrote:

> Laat ek hier in-'chip'. Dave ek weet nie watter tydskrif dit is nie, maar
> ek het onlangs 'n artikel gelees juis oor hierdie onderwerp wat deur 'n ou
> van Canon behandel is. Blykbaar is die grootste enkele probleem tussen
> kamera en drukker die emosionele kleure wat 'enhance' moet word om die druk
> beter te maak. Baie van die kameras [juis jou Fuji ook] het juis die
> funksie om verskillende tipes 'film' te gebruik ,soos Chrome, en dan word
> jou kleure aangepas om dit vir die mens beter te maak. Op die Nikon D70
> kan jy weer die saturasie[?]

kleur versadiging
Re: Elaine [boodskap #102733 is 'n antwoord op boodskap #102730] Di, 26 April 2005 06:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wat jy sê maak sin. Duidelik het ek nie dié probleem nie, want dit wat ek
op my skerm het en dit wat uitdruk op fotopapier, is presies dieselfde.
Maar jy het nou 'n slapende hond wakker gemaak en ek gaan kyk of ek kan
vasstel hoekom is dit so?

"Dave" skryf in boodskap news:q8dq61pf70pa5bq2qugq6g1f1v9l84mbhq@4ax.com...
> On Mon, 25 Apr 2005 17:12:27 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
Re: Elaine [boodskap #102736 is 'n antwoord op boodskap #102733] Di, 26 April 2005 19:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 26 Apr 2005 08:40:43 +0200, "Suidwester" wrote:

> Wat jy sê maak sin. Duidelik het ek nie dié probleem nie, want dit wat ek
> op my skerm het en dit wat uitdruk op fotopapier, is presies dieselfde.
> Maar jy het nou 'n slapende hond wakker gemaak en ek gaan kyk of ek kan
> vasstel hoekom is dit so?
> "Dave" wrote in message
> news:q8dq61pf70pa5bq2qugq6g1f1v9l84mbhq@4ax.com...
>> On Mon, 25 Apr 2005 17:12:27 +0200, "Suidwester"
>> wrote:

>

terwyl jy sê dat dit duidelik is dat jy nie daardie probleem het nie,
is dit steeds ook duidelik dat die kleur op 'n foto, selfs al is die
werklike kleur gefotografeer, dikwels verbeter kan word.

En, as daar bv. effe van 'n blur in is, kan dit op 'n
nie-gekallibreerde skerm vererger word.

Ek het besluit om, voor ek op die brief antwoord,
vir jou 'n voorbeeld(e) op te stel. Ek het ses fotos
voorberei, en die kruks hiervan is nie die
kwaliteit daarvan nie, inteendeel het ek die
kleurveranderinge baie ooglopend gemaak.
Indien ek dit wil druk sal ek nie een van die dire
voorbeelde gebruik nie, maar weer aan die kleur werk.

laai die ses af, (ek het dit lae resolusie en 800 X 600 gemaak
vir vinnige aflaai) dan kliek jy tussen hulle so dat jy direk van die
een na die ander kan beweeg.

Hierdie is net 'n voorbeeld watter kleurverskille daar kan wees.

http://k.domaindlx.com/davedup/colordif/1a.jpg
http://k.domaindlx.com/davedup/colordif/1b.jpg
http://k.domaindlx.com/davedup/colordif/1c.jpg
http://k.domaindlx.com/davedup/colordif/2a.jpg
http://k.domaindlx.com/davedup/colordif/2b.jpg
http://k.domaindlx.com/davedup/colordif/2c.jpg

Dave
Re: Elaine [boodskap #102742 is 'n antwoord op boodskap #102736] Wo, 27 April 2005 06:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" skryf in boodskap news:qg5t61dcktk17bjdks7aslh6dbm28bhch4@4ax.com...
> On Tue, 26 Apr 2005 08:40:43 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
> terwyl jy sê dat dit duidelik is dat jy nie daardie probleem het nie,
> is dit steeds ook duidelik dat die kleur op 'n foto, selfs al is die
> werklike kleur gefotografeer, dikwels verbeter kan word.

----Daarmee stem ek saam en verander of verbeter mens elke foto voor jy hom
druk. Wat ek sê, is dat daar twee basiese rigtings is, nl die Nikon-pad
wat die professionele verkies, naamlik om 'n presiese weergawe te gee van
wat die fotograaf sien, dit so effens te 'underexpose' [want dit kan jy
altyd op die PC regmaak en 'over expose' nie] en dit dan vir die fotograaf
los om die foto te verbeter. Fuji en Canon mik na 'n meer
gebruikersvriendelike benadering deur 'n belangrike deel van dié modifikasie
reeds op die kamera te doen.
Ek het verstaan dat jy 'n probleem het in dié wat jy op die kamera sien
en dit wat jy op jou PC se skerm kry, verskil. Dit is so dat as jy jou
kamera se sagteware laai, dan kalibreer hy outomaties met die rekenaar op
die kleurprofiel waarop die sagteware wil werk? Dieselfde kleurprofiel sal
gebruik moet word vir jou drukker. Ek het bv 'n Canon 6 kleur drukker en
jy kan in die drukker se eie sagteware jou foto ok regmaak en dit druk dan
pragtig.
Re: Elaine [boodskap #102744 is 'n antwoord op boodskap #102742] Wo, 27 April 2005 17:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Julius Bergh  is tans af-lyn  Julius Bergh
Boodskappe: 111
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 27 Apr 2005 08:44:39 +0200, "Suidwester" wrote:

>
> "Dave" wrote in message
> news:qg5t61dcktk17bjdks7aslh6dbm28bhch4@4ax.com...
>> On Tue, 26 Apr 2005 08:40:43 +0200, "Suidwester"
>> wrote:

>> terwyl jy sê dat dit duidelik is dat jy nie daardie probleem het nie,
>> is dit steeds ook duidelik dat die kleur op 'n foto, selfs al is die
>> werklike kleur gefotografeer, dikwels verbeter kan word.
>
> ----Daarmee stem ek saam en verander of verbeter mens elke foto voor jy hom
> druk. Wat ek sê, is dat daar twee basiese rigtings is, nl die Nikon-pad
> wat die professionele verkies, naamlik om 'n presiese weergawe te gee van
> wat die fotograaf sien, dit so effens te 'underexpose'

onderbelig

> [want dit kan jy altyd op die PC regmaak en 'over expose' nie]

oorbelig.
Re: Elaine [boodskap #102745 is 'n antwoord op boodskap #102744] Wo, 27 April 2005 18:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 27 Apr 2005 17:49:49 GMT, Julius Bergh
wrote:

> naamlik om 'n presiese weergawe te gee van
>> wat die fotograaf sien, dit so effens te 'underexpose'
>
> onderbelig
>
>> [want dit kan jy altyd op die PC regmaak en 'over expose' nie]
>
> oorbelig.
>
>

re oorbelig
Jy het die Suidwester verkeerd verstaan, Julius.
Hy sê nie dat ek te hoog met die kamera gekorrel het nie.
Dat ek die kamera moet laat sak nie.
Hy praat van te veel lig in die foto.

re onderbelig
Dit is vir sommige fotos wat op die strand geneem word.

Dave
Re: Elaine [boodskap #102747 is 'n antwoord op boodskap #102742] Wo, 27 April 2005 19:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 27 Apr 2005 08:44:39 +0200, "Suidwester" wrote:

>
> "Dave" wrote in message
> news:qg5t61dcktk17bjdks7aslh6dbm28bhch4@4ax.com...
>> On Tue, 26 Apr 2005 08:40:43 +0200, "Suidwester"
>> wrote:

>> terwyl jy sê dat dit duidelik is dat jy nie daardie probleem het nie,
>> is dit steeds ook duidelik dat die kleur op 'n foto, selfs al is die
>> werklike kleur gefotografeer, dikwels verbeter kan word.
>
> ----Daarmee stem ek saam en verander of verbeter mens elke foto voor jy hom
> druk. Wat ek sê, is dat daar twee basiese rigtings is, nl die Nikon-pad
> wat die professionele verkies, naamlik om 'n presiese weergawe te gee van
> wat die fotograaf sien, dit so effens te 'underexpose' [want dit kan jy
> altyd op die PC regmaak en 'over expose' nie] en dit dan vir die fotograaf
> los om die foto te verbeter. Fuji en Canon mik na 'n meer
> gebruikersvriendelike benadering deur 'n belangrike deel van dié modifikasie
> reeds op die kamera te doen.
**************************

> Ek het verstaan dat jy 'n probleem het in dié wat jy op die kamera sien
> en dit wat jy op jou PC se skerm kry, verskil.

Nee, jy het verkeerd verstaan. Wat ek gesê het, is dat dit wat ek op
die kamera sien, presies so lyk op die skerm, maar nie noodwendig op
die foto nie. Én ek het wel ook genoem dat die werklike kleure nie
noodwendig op die skerm is nie. Ek gaan so ver om te sê, dat die
werklike kleure BESLIS NIE op jou skerm wys as jou monitor nie
gekallibreer is om regte kleure te wys nie.
Miskien is ek te kleur bewus, maar ek hou daarvan dat die kleure
op 'n gedrukte foto 'n ware weergawe is van wat ek afgeneem het,
of, van wat ek op my skerm sien na ek die kleure aangepas het
indien nodig.

> Dit is so dat as jy jou
> kamera se sagteware laai, dan kalibreer hy outomaties met die rekenaar op
> die kleurprofiel waarop die sagteware wil werk? Dieselfde kleurprofiel sal
> gebruik moet word vir jou drukker. Ek het bv 'n Canon 6 kleur drukker en
> jy kan in die drukker se eie sagteware jou foto ok regmaak en dit druk dan
> pragtig.
>

Daar is mense wat dink dat die drukker gaan druk wat die skerm wys.
En dit is totaal onverwant met mekaar.

ppi is nie dpiI!

Voorbeeld:
Kom ons veronderstel jy het 'n 5mm x 5mm (baie lae!) resolusie
foto van slegs een pixel. 0.2 pixels per mm dus.
En jy stel jou drukker om die een pixel prent teen 300 dpi te druk
gaan jou drukker vele kolletjies gebruik om een enkel pixel te druk.

Die voorbeeld het ek slegs genoem om uit te wys dat
monitor resolusie en drukker resolusie nie 'n
verwantskap het nie.

Ek dink dat ons besig is met 'n onderwerp wat min mense
(indien enige:-) hier interesseer, so kom ons volg l;iewer bouwer
se voorbeeld en gesels oor iets wat almal hier interesseer.
En wat is haar gunsteling onderwerp?
10 uit 10 - jy't reg geraai (!)...varke!
Uitsonderlike ontwikkelings varke! (of is dit 'afsonderlik..'?)

Het jy gesien van die girl wat om Robin Eiland geswem het?
We, die opinie is dat vele swemmers regte varke is!
En, as jy wil sien watse varke sommige swemmers is, kliek op:

http://k.domaindlx.com/davedup/swemmers/DSCF6810b.jpg

DD
Re: Elaine [boodskap #102753 is 'n antwoord op boodskap #102747] Do, 28 April 2005 06:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" skryf in boodskap news:51mv61pthe5fukraedgg5e5dfmto9lma27@4ax.com...
>
> Nee, jy het verkeerd verstaan. Wat ek gesê het, is dat dit wat ek op
> die kamera sien, presies so lyk op die skerm, maar nie noodwendig op
> die foto nie.
----Dan het jy definitief 'n drukkerprobleem. Probeer om beide direk uit
die drukker sagteware te druk en dan weer vanuit jou kamera se sagteware.
As dit steeds dieselfde probleem is, dan is daar 'n verskil in die
kleurprofiele wat die drukker en die PC gebruik. Ek het beide Fuji en
Nikon se sagteware op my rekenaar en ek kan uit beide druk vir enige kamera
en die resultate op die drukke lyk presies soos wat op my skerm en op die
kamera is.
Re: Elaine [boodskap #102757 is 'n antwoord op boodskap #102753] Do, 28 April 2005 18:50 Na vorige boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 28 Apr 2005 08:36:35 +0200, "Suidwester" wrote:

>
> "Dave" wrote in message
> news:51mv61pthe5fukraedgg5e5dfmto9lma27@4ax.com...

>> Nee, jy het verkeerd verstaan. Wat ek gesê het, is dat dit wat ek op
>> die kamera sien, presies so lyk op die skerm, maar nie noodwendig op
>> die foto nie.
> ----Dan het jy definitief 'n drukkerprobleem.

Weer verkeerd. Ek het geen drukker probleem nie, want ek het 'n
HP Deskjet 710C maar druk geen fotos daarmee nie.
As jy terugdink sal jy onthou dat ek gesê het dat dit veel
goedkoper is om dit in 'n ateljee of by 'b drukker te laar druk,
as om self te laat druk. Dan kom daarby die probleem om
verskillende grootte fotos te laat druk, vanaf A4 papier.
Hoeveel papier sou jy mors as jy Jumbos (300 x 200) vanaf
A4 fotopapier sou doen?
Gepaard gaan ook die genoemde feit dat ek meestal in A2 grootte
laat druk. Ook Postersize. Watse drukker dink jy het jy nodig
daarvoor?

> dan is daar 'n verskil in die kleurprofiele wat die drukker en die PC gebruik.

Korrek. Hier is jy reg, Die drukker se drukkers is op 'n ander
kleurprofiel gestel. Dit skep 'n selfs groter probleem as jy by
verskillende drukkers sou laat druk.

Die probleem is nie wesentlik indien jy slegs fotos sou druk nie,
maar wel indien jy veranderinge op fotos sou doen soos om twee fotos
te merge, kleur te vervang, te ballanseer, kontras te verhoog, filters
te gebruik, 'n spesifieke hoeveelheid van spesifieke tipe blur op
'n spesifieke deel van die foto te doen, gradiant ens.
Wat help jou lekker oorspronklike Nikon of Fuji kleurstellings dan?

Dit is dàn wat jy afhanklik is van die kallibrasie op jou monitor en
gepaargaande daarmee die kallibrasie op die gekose drukker om
dit wat jy op die monitor sien te weergee.

Miskien het ek die turksvy nou beter geteken.

Nevermaaind, laat vaar die onderwerp, ek het dit net so
terloops genoem terwyl ek besig was om iets se kleur te verander.

DD
Vorige onderwerp: Ou Sierra games
Volgende onderwerp: CoolEdit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 14:39:25 MGT 2024