Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Afrikaans
Afrikaans [boodskap #101019] Di, 18 Januarie 2005 09:22 na volgende boodskap
ff  is tans af-lyn  ff
Boodskappe: 2
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Junior Lid
Oop bek soos 'n gaar vis!
Sy het so baie plooie, sy skroef haar hoed op!

Hy is so maer, hy lyk soos 'n potlood met 'n handbriek.TC

Ek is nou so opgewonde soos 'n budgie op steroids !

Ek was gisteraand so dronk, toe ek vanoggend wakker word hang ek oor die
stoel en my klere lê in die bed.

Ek is nou so lus vir 'n Rennie ek eet sommer 'n pastei.

Jy's so skeel jy kyk jouself diep in die oë!

Van sit of staan bly lê die lekkerste.

Hy ís so kort hy weet nie of dit keelseer of aambeie is nie.

Hy ís so kort hy slaan tot sy onderbroek se pype om.

Hy is so maer, as hy langs 'n wit muur loop lyk dit soos 'n kraak wat beweeg!

'n Mens hoef nie soos 'n plank te lyk om gespyker te word nie.

Hy is so skelm, hy bid onder 'n skuilnaam.

Ek gaan jou klap dat jy lus kry vir niks.

Ek sit nou so lekker ek staan sommer op en sit weer.

"Lang gesig soos 'n bok wat afdraand vreet."

"Drank los nie probleme op nie, maar so ook nie melk of water nie."

"Ek voel nou so goed, ek vul sommer die lottonommers verkeerd in."

"Ek is nou so lui ek trou sommer 'n pregnant vrou."

"Ondervinding is iets wat jy eers kry nadat jy dit nodig het."

"Almal kry die voorreg om onnosel te wees, net jammer party maak misbruik
daarvan."

"Ek is so de bl*ksem in, ek soen sommer 'n pofadder oopbek" AB

"My vrou is so lelik, as sy op die sand sit wil die katte haar toekrap."

"Arende vlieg dalk hoog, maar ons muishonde word nooit deur 'n
vliegtuigmotor ingesuig nie."

"Die mens is op aarde geplaas om 'n sekere hoeveelheid werk te doen. Op die
oomblik is ek so ver agter ek sal nooit dood gaan nie."

"Ons kannie almal helde wees nie, iemand moet langs die pad staan en hande
klap."

"Ek is so lui my hol hang oop"

"Hy het 'n skerp gesig soos 'n resies snoek"

"Ek haat mense wat honde aanhou. Hulle is 'n klomp sissies wat nie genoeg
guts het om iemand self te byt nie."

"Ek glo dat as iets die moeite werd was om te doen, dan sou iemand anders
dit lankal gedoen het."

"Jy mag nooit meer as jou yskas weeg nie!"

"As jy vir jouself kan lag dan het jy altyd iets om oor te lag."

"As jy lyk soos jou paspoort-foto, dan het jy 'n reis nodig."
Re: Afrikaans [boodskap #101022 is 'n antwoord op boodskap #101019] Di, 18 Januarie 2005 10:28 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
HUWELIKSERTIFIKAAT: 'n Soort jaglisensie wat jou tot een bok beperk.

KREDIETKAART: Iets wat meeste mense gebruik wanneer hulle ontdek geld
kannie alles koop nie.

VLEISBRAAI: 'n Partytjie waar die kos so 'n bietjie rou en die gaste so
'n bietjie gaar is.

BABA: 'n Soort engel waarvan die vlerke korter word namate die bene
langer word.

BABAWAENTJIE: Verlede jaar se pret op wiele.

BEGROTING: Iets wat jou laat wakker lê nog voor jy jou geld bestee.

DIEET: 'n Manier van maer word waarvoor jy gou dik word.

ETENSTYD: Die enigste tyd wanneer 'n kind nie wil eet nie.

GESINSVAKANSIE: Wanneer jy alles saamneem waarvan jy eintlik wil wegkom.

GEWETE: Iets wat pla as alles baie lekker gaan.

KORTPAD: 'n Pad waarop jy niemand kan kry om jou te sê waar jy is nie.

MATRIEKSERTIFIKAAT: Kwitansie wat 'n kind ontvang vir die rekening wat
sy pa betaal het.

MIDDELJARE: Wanneer jy jou emosies vir simptome verruil.

"ff" skryf in boodskap news:csikhd$rva$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Oop bek soos n gaar vis!
> Sy het so baie plooie, sy skroef haar hoed op!
>
> Hy is so maer, hy lyk soos 'n potlood met 'n handbriek.TC
>
> Ek is nou so opgewonde soos 'n budgie op steroids !
>
> Ek was gisteraand so dronk, toe ek vanoggend wakker word hang ek oor die
> stoel en my klere lê in die bed.
>
> Ek is nou so lus vir 'n Rennie ek eet sommer 'n pastei.
>
> Jy's so skeel jy kyk jouself diep in die oë!
>
> Van sit of staan bly lê die lekkerste.
>
> Hy ís so kort hy weet nie of dit keelseer of aambeie is nie.
>
> Hy ís so kort hy slaan tot sy onderbroek se pype om.
>
> Hy is so maer, as hy langs n wit muur loop lyk dit soos n kraak wat beweeg!
>
> 'n Mens hoef nie soos n plank te lyk om gespyker te word nie.
>
> Hy is so skelm, hy bid onder n skuilnaam.
>
> Ek gaan jou klap dat jy lus kry vir niks.
>
> Ek sit nou so lekker ek staan sommer op en sit weer.
>
> "Lang gesig soos 'n bok wat afdraand vreet."
>
> "Drank los nie probleme op nie, maar so ook nie melk of water nie."
>
> "Ek voel nou so goed, ek vul sommer die lottonommers verkeerd in."
>
> "Ek is nou so lui ek trou sommer 'n pregnant vrou."
>
> "Ondervinding is iets wat jy eers kry nadat jy dit nodig het."
>
> "Almal kry die voorreg om onnosel te wees, net jammer party maak misbruik
> daarvan."
>
> "Ek is so de bl*ksem in, ek soen sommer 'n pofadder oopbek" AB
>
> "My vrou is so lelik, as sy op die sand sit wil die katte haar toekrap."
>
> "Arende vlieg dalk hoog, maar ons muishonde word nooit deur 'n
> vliegtuigmotor ingesuig nie."
>
> "Die mens is op aarde geplaas om 'n sekere hoeveelheid werk te doen. Op die
> oomblik is ek so ver agter ek sal nooit dood gaan nie."
>
> "Ons kannie almal helde wees nie, iemand moet langs die pad staan en hande
> klap."
>
> "Ek is so lui my hol hang oop"
>
> "Hy het 'n skerp gesig soos 'n resies snoek"
>
> "Ek haat mense wat honde aanhou. Hulle is 'n klomp sissies wat nie genoeg
> guts het om iemand self te byt nie."
>
> "Ek glo dat as iets die moeite werd was om te doen, dan sou iemand anders
> dit lankal gedoen het."
>
> "Jy mag nooit meer as jou yskas weeg nie!"
>
> "As jy vir jouself kan lag dan het jy altyd iets om oor te lag."
>
> "As jy lyk soos jou paspoort-foto, dan het jy 'n reis nodig."
>
Vorige onderwerp: Grappie - nie vir sensitiewes nie
Volgende onderwerp: Afrikaans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 14:53:24 MGT 2024