Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Torreke en sy kerk
Re: Torreke en sy kerk [boodskap #112150 is 'n antwoord op boodskap #112139] Di, 16 Januarie 2007 12:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:eoi6nn$bfs$5@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "Suidwester" Torreke skryf
>
>>>> stem ek ongelukkig nie met jou stelling saam dat dit ons keuse is nie!
>
>
> Riaan skryf
>
>>> Wil jy dus se God het 'n klomp mense geskape in die wete en met die doel
>>> dat hulle nie eendag die ewige lewe kon / sou erf nie.
>
> Ja!
>
> Die volgende tekste kom spontaan op:
> Alles het God geskape vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van
> onheil!
> God het mag om uit eeen klomp klei een voorwerp tot eer en die ander tot
> oneer te maak.
> Baie is geroep, maar min uitverkies!
> Jakob het ek liefgehad, maar Easu het ek gehaat. Nog voor die kinders
> gebore
> was, het God vir hulle moeder gesê: die oudste sal die jongste dien.
> Wat sê die Skrif? Ek sal farao se hart verhard. So is Hy dan barmhartig
> oor
> wie Hy barmhartig wil wees, en Hy verhard wie Hy wil verhard!
>
>> -----Hier wil ek
>>> ook 'n straaltjie bypiepie. Wat is die nut van die magdom mense op
>>> aarde as die doel was dat net 'n klein hoeveelheid sou die hemel haal?
>
> Presies dieselfde as die biljoene sperms in een saadstorting terwyl net
> een
> die eier bevrug, die duisende ogies aan een boom, terwyl slegs enkeles
> nuwe
> takkies word, die biljoene sardyne in een skool terwyl slegs enkele
> duisende
> grootword. Kyk my ander antwoord oor die boesman.
-----Nee, en weer nee! Wat jy eintlik vir ons sê is dat as jy nie 'n
uitverkorende in elk geval by geboorte is nie, gaan jou geloof in elk geval
nie help nie?
>
Re: Torreke en sy kerk [boodskap #112151 is 'n antwoord op boodskap #112138] Di, 16 Januarie 2007 12:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:eoi6nm$bfs$4@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> --- So die 10 gebooie se 'jy mag nie eg breek nie' werk nie vir jou
>>> nie?
>
> Ag, nee man, hier gaat jy alweer met jou wilde gevolgtrekkings! Ek sê dan
> duidelik ek stem nie met jou saam dat mens maar heimlik kan owerspel pleeg
> nie. Daar's tog 'n groot verskil tussen "egbreek" en wettig met 2 vrouens
> getroud wees!
----OK. Dan is die mormone volgens jou reg? Wie moet dan besluit 'n man
mag meer as een vrou hê? Die staat?
>
> Ek ontken dat die kerk waaraan ek behoort die reëls so skryf dat dit
> elkeen
> pas!
----Staan daar 'n reël dat as 'n lidmaat nie kerk toe kom nie, maar tog sy
maandelikse bydrae gee, hy geskors moet word?
>
> As 'n predikant van die Gereformeerde Kerke die orrelis spyker, kan hy
> maar
> vergifnis vra, maar hy sal geskors en uit die amp afgesit word! - en dis
> te
> betwyfel of hy ooit weer tot die diens toegelaat sal word!
-----Hoekom? Omdat die kerk nie vergewe nie, maar God wel? Ek lees nou
verder af na jou Dawid-storie toe en daar word hy vir sy lekker vergewe en
hy behou al sy byvoordele?
>
> Maar onthou jy van Dawid? Hy het sy buurman se vrou gespyker, haar
> pregnant
> gemaak en toe haar man nie wil saamspeel om haar ook te spyker nie, toe
> gebruik Dawid die volgende veldslag om hom dood te maak! - die man het
> nogal
> sy eie doodsvonnis front toe gedra.
>
> Het God vir Dawid afgesit as koning? Nee! ----En jy reken dis regverdig?
> Het Dawid daarna nooit weer sy mond kon oopmaak oor wat reg en wat
> verkeerd
> is nie? Nee! ----Hoe sal jy weet? As die koning praat, doen jy of tjop af.
> Het God Dawid vergewe? Ja
----En dis vir jou regverdig dat hy nie self bloedkeel gekry het vir sy dade
nie?
> Het Dawid sonder slag of stoot daarvan afgekom? Nee!!! God het hom
> vergewe, maar hy het nooit weer van die ongelukkige konsekwensies van sy
> sonde losgekom nie.
-----Watter konsekwensies? Klink vir my of die man sy brood aan beide
kante gebotter gehad het. Hy spyker uit wellus, maak 'n kleintjie en
vermoor die vrou se man. Hy bly koning en word vergewe. Dit klink amper
soos die ANC regering van vandag. Zuma het sekerlik al die storie gehoor?
>
Re: Torreke en sy kerk [boodskap #112152 is 'n antwoord op boodskap #112140] Di, 16 Januarie 2007 13:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Torreke skryf

> Dis juis die groot verskil tussen die christelike geloof en alle ander
> godsdienste. Die ander kom almal met 'n storie van jouself verlos deur jou
> eie goeie werke en jou eie verdienste.

Onsin, Torreke. Hierdie stelling bewys dat jy
(a) 'n Christian chauvinist pig is, wat dink dat
net jou standpunt die regte is.
(b) 'n Totale onkunde van "ander godsdienste."
(c) Deur hierdie stelling verloën jy ook die
rigsnoere van jou "eie godsdiens." Dink
daaraan.

Gloudina
Re: Torreke en sy kerk [boodskap #112155 is 'n antwoord op boodskap #112135] Di, 16 Januarie 2007 17:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf:

> Net dink ek nie dat die wetenskap ooit die vraag oor die bestaan van God kan
> beantwoord nie. Al sou hulle presies kon aantoon hoe het lewe ontstaan! -
> dus 'n presies verklaring daarvoor gee! - sou dit nie 'n bewys wees dat God
> nie is nie! - en nie 'n bewys wees dat dit gebeur het omdat God "gesê" het
> dit moet gebeur nie!

Mooi gestel.
En weereens, die moderne wetenskap behoort ook nie ditself
(?homself/haarself), met teologie op te hou nie.
Pseudo-wetenskaplikes soos Dawkins dra netsoveel skuld aan algemene
wanopvattings onder die leke publiek as teoloë wat ID en Kreasionisme
aanhang.
(Terloops, die term "pseudo" wat ek gebruik het nie dieselfde
negatiewe konnotasies in die wetenskaplike wereld as wat dit as gewoon
aanvaar word nie)

Opsteltyd :)

Interessant vir my was dan altyd ook een van die kerkvaders,
Augustine, se sieninge oor die wetenskap van daardie tyd. Hy het
kortliks gesê dat Genesis slegs die verhouding van God tot die mens en
die mens tot God probeer verduidelik, en niks te make het met die
fisiese wereld nie.
Augustine se woorde o.a: "but it was not the intention of the Spirit
of God, who spoke through them, to teach men anything that would not
be of use to them for their salvation"

Ek sit natuurlik en wag vir iemand om soos gewoonlik William van Occam
se bekende Occam's Razor te noem. Dit moet gebeur - een of ander tyd.
:)

Augustine was natuurlik 'n interessante karakter, in die opsig dat hy
sterk op Aristotle se filosofie geleun het, en soos jy weet was
Aristotle nie baie gewild onder die Katolieke kerk van daardie tyd
nie. Aristotle was wel gewild in die Moslem wereld - een van die vele
redes van die bittere konflik tussen die 2 gelowe. Asook een van die
redes waarom "wetenskaplike" denke so vinnig gegroei het in die Moslem
wereld van daardie tyd. Daarom dan ook, toe "wetenskaplike" denke
weer begin ontwaak het in Europa, hier in die 16de eeu rond, het
hulle meeste van hulle teorieë en denke van die Moslemwereld gekry.
Dit is ook bekend dat baie van die oorspronklike Griekse geskrifte
slegs oorleef het omdat dit in Arabies vertaal was. Later eers was
dit na Latyns en ander tale vertaal. So, eintlik het die Christendom
baie om voor dankie te sê vir die spul Moslems. :)

Augustine het natuurlik 'n enorme invloed op die Christelike kerk
gehad - sy sterk aanvalle op Manicheanism en Donatisme, wat natuurlik
sy agtergrond en kultuurverband was, en waarteen hy sterk oordeel
gevel het, nadat hy tot ander insigtige gekom het. Maar interessant
genoeg, was juis weens sy diep gewortelde kennis in Manicheanism en
Donatism, wat hy gehelp het om "vreemde" konsepte in die Christelike
kerk te bring soos die doktrine van "original sin".
Uitverkiesingsleer - was Re: Torreke en sy kerk [boodskap #112156 is 'n antwoord op boodskap #112135] Di, 16 Januarie 2007 18:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf:

> As die antwoord op lsg 3 vrae "ja" is, dan is dit beslis ook regverdig dat
> God net sommige mense uit die mensdom red en die ewige lewe gee!

Mens moet darem net ook noem dat hierdie spesifieke leerstelling slegs
'n Calvinistiese doktrine is. Hierdie denkrigting kom nie voor in
die ander Christelike kerke nie - altans nie sovêr as wat ek weet met
my beprekte kennis nie.
Dit verbaas my nogal dat van die ander deelnemers hier, wat ek dalk
verkeerdelik aangeneem het Calvinisties georienteerd is, nie daarmee
saamstem nie. Sou dit dalk wees omdat baie gelowiges nie eintlik
werklik bekend is met hulle onderskeie kerke se leerstellings nie, of
is dit dalk omdat sommige werklik 'n diepe geloof in hulle God het, en
nie meer net sommer blindelings die kerkleer wat deel van hulle
kultuur en omgewing is, navolg nie?
Re: Torreke en sy kerk [boodskap #112158 is 'n antwoord op boodskap #112155] Di, 16 Januarie 2007 20:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Katryn skryf:

> Ek sit natuurlik en wag vir iemand om soos gewoonlik William van Occam
> se bekende Occam's Razor te noem. Dit moet gebeur - een of ander tyd.
> :)

Ag aarde, ek het natuurlik bedoel om na "Pascal's wager" te verwys, en
nie Occam's Razor nie. Lg. pas natuurlik in die 'wetenskaplike'
hokkie, terwyl Pascal's Wager in die teologiese hokkie pas (so vanuit
'n filosofiese oogpunt gesien) :)
Re: Torreke en sy kerk [boodskap #112162 is 'n antwoord op boodskap #112131] Wo, 17 Januarie 2007 05:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Mooi! Uiteindelik slaan die wysheid jou. Hierdie redenasie is tussen
Torreke en my in elk geval. Wat stres jy? Suip en wees vrolik!

"Francois Human" skryf in boodskap news:eogcvh$sns$1@newsreader02.ops.uunet.co.za...
> 'n Glas wyn het my nog nooit bedwelm nie.
>
> Ek plaas nu my laaste pos oor hierdie onderwerp. Ek hou nie van jou nie,
> want jy is absoluut daarop uit om van alles wat mooi en goed is in my
> Kerk, af te kraak. Wat my aanbetref is jy welkom om in jou ongeloof en
> skeptisisme voort te ploeter. Al wat ek van jou vra, is om my toe te laat
> om in my kerk en geloof voort te ploeter. Die kerk is alles behalwe
> volmaak, maar dis waar ek tuis voel en dit is die einde daarvan.
>
> Groetnis
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:eofk8d$co4$1@ctb-nnrp2.saix.net...

>> "Torreke" wrote in message
>> news:eof8a6$a9o$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
>>> 1. Jy het 'n neiging om mense woorde in die mond te lê. Dit sal die
>>> gesprek help as jy probeer om wanneer jy konsekwensies van ander se
>>> standpunte deurtrek, hulle nie woorde in die mond te lê nie.
>> ----Dis 'n manier van praat deurdat ek 'n afleiding maak nav jou
>> standpunt.

>>> 2. Alkohol en seks is albei goeie gawes van God wat mens kan gebruik of
>>> misbruik. As jy jou nie dronk drink nie en jou drankrekening nie jou
>>> ander noodsaaklike uitgawes nadelig beinvloed nie, ens. gebruik jy dit
>>> m.i. in ooreenstemming met hoe God wil hê dit gebruik word. As jy te
>>> veel drink of jou kinders se kosgeld daarop uitgee, ens. misbruik jy
>>> dit! As jy seks binne die huwelik beoefen en met in agneming van die
>>> reëls wat jou liggaam se fisiologie jou duidelik leer, is dit 'n
>>> wonderlike gawe van God. Gebruik dit buite daardie reëls om en jy is
>>> besig om God se gawe te misbruik.
>> ----Ek verstaan nie hoe iets wat eintlik niks goed voortbring nie, 'n
>> 'gawe' kan wees. Hoe sien jy bedwelming as 'n 'gawe'? 'n
>> Noodsaaklikheid igv van siekte, maar 'n gawe?

>>> 4. Die reël oor gebruik of misbruik van God se gawes geld eenvoudig
>>> ALLES! Ons liggaam, kos, motor, tv, rekenaar, werk - enigiets! 'n Mens
>>> kan dit REG gebruik of MIS-bruik!
>> ---En wie bepaal die skeidingslyn tussen gebruik en misbruik? Die Bybel
>> of die kerk?
>
>


>
Re: Uitverkiesingsleer - was Re: Torreke en sy kerk [boodskap #112165 is 'n antwoord op boodskap #112156] Wo, 17 Januarie 2007 06:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" < wrote
>
>> As die antwoord op lsg 3 vrae "ja" is, dan is dit beslis ook regverdig dat
>> God net sommige mense uit die mensdom red en die ewige lewe gee!
>
> Mens moet darem net ook noem dat hierdie spesifieke leerstelling slegs
> 'n Calvinistiese doktrine is. Hierdie denkrigting kom nie voor in
> die ander Christelike kerke nie - altans nie sover as wat ek weet met
> my beprekte kennis nie.

Die sg. Calvinistiese uitverkiesingsleer is in werklikheid 'n Augustiniaanse
uitverkiesingsleer. Calvyn en sy gereformeerde tydgenote het netso by
Augustinus gekry. Dis inderdaad interessant dat die Roomse Kerk hom vir
baie goed op Augustinus beroep, maar nie die uitverkiesingsleer aanvaar het
nie, eerder die standpunt van die semi-pelagiane.

Whitfield wat saam met Wesley stigter van die Methodistiese beweging was,
het ook die uitverkiesingsleer aanvaar, maar nie Wesley nie.

In die Anglikaanse Kerk is die uitverkiesingsleer "aanvaarbaar", hoewel nie
volledige leer van die kerk nie.

> Dit verbaas my nogal dat van die ander deelnemers hier, wat ek dalk
> verkeerdelik aangeneem het Calvinisties georienteerd is, nie daarmee
> saamstem nie. Sou dit dalk wees omdat baie gelowiges nie eintlik
> werklik bekend is met hulle onderskeie kerke se leerstellings nie, of
> is dit dalk omdat sommige werklik 'n diepe geloof in hulle God het, en
> nie meer net sommer blindelings die kerkleer wat deel van hulle
> kultuur en omgewing is, navolg nie?

Ek vind baie onkunde onder gewone lidmate van gereformeerde kerk (NG,
Doppers, Hervormers, APKs, ens.) oor die uitverkiesingsleer.

Die uitverkiesingsleer is gewoon die HART van die Bybelse verlossingsleer.
Dit is wat die Christelike godsdiens ANDERS maak as enige ander godsdiens -
daarin dat dit sê die UIT God en DEUR God en TOT God alle dinge is! - dat
daar gewoon NIKS is - behalwe die sonde! - waarvan God nie die oorsprong is
nie.

Mense het probleme daarmee omdat die SONDIGE mens êrens iets vir homself wil
behou - iets wat hy ONAFHANKLIK van God besit of kan doen! Dit was die kern
van die eerste mense se sonde - onafhanklik van God wees! Dit is steeds die
kern van ALLE sonde - onafhanklik van God wees.

Kerke / gelowiges wat die uitverkiesingsleer verwerp, voer ALTYD 'n vorm van
eie verlossing in! - Christus PLUS nog iets! Dis so bitter moeilik vir
mense om te aanvaar dat hulle NIKS goeds uit hulle eie kan doen nie.
Christus PLUS "goeie werke" (Die Roomse Kerk). Christus PLUS my eie keuse!
(Pelagiane, Remonstrante, Methodiste, Charismatiese) Christus PLUS die groot
doop (Wederdopers, Baptiste en Charismatiese). Christus PLUS sewende dag
sabbat (7e Daagse Adventiste)
Re: Uitverkiesingsleer - was Re: Torreke en sy kerk [boodskap #112186 is 'n antwoord op boodskap #112165] Wo, 17 Januarie 2007 21:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf:

> Die sg. Calvinistiese uitverkiesingsleer is in werklikheid 'n Augustiniaanse
> uitverkiesingsleer. Calvyn en sy gereformeerde tydgenote het netso by
> Augustinus gekry.

Die bekende TULIP, nè?
(Total Inherited Depravity, Unconditional Election, Limited Atonement,
Irresistible Grace, and Perseverance of the saints.)

Waaroor ek wonder, en hoop jy sal my kan antwoord - hoe verskil
hierdie doktrine van "fatalisme" en "determinisme"?
Re: Torreke en sy kerk [boodskap #112191 is 'n antwoord op boodskap #112147] Do, 18 Januarie 2007 05:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" [/color]
>
> On Tue, 16 Jan 2007 13:25:15 +0200, "Riaan" wrote:
>

>> Ek sal saamstem met die (Wete) maar nie met die (Doel) nie

>
>
> Hier stem ek met Riaan saam.
> Uitverkiesing bestaan wel, maar dit is die mens wat die keuse doen.

Natuurlik maak jy die keuse, maar kan jy die keuse maak onafhanklik van God?
M.a.w. maak jy die keuse geheel en al op jou eie?
Indien jy "ja" sê, sê jy daarmee dat daar ten minste één iets is wat nie die
effek van God se werk is nie?

Of laat God jou die keuse maak?
M.a.w. jy kies Hom, omdat Hy jou eerste gekies het?

Anders gestel: Is jou keuse die oorsaak of die gevolg van jou verlossing?

Is jy gebore omdat jy gekies het of omdat God en jou ouers gekies het?
Word jy weergebore omdat jy God gekies het of omdat God jou gekies het?

Hoe verklaar jy die volgende tekste?

Dat God se voorneme volgens die verkiesing sou blyk, het God nog voor die
kinders gebore was en enige goed of kwaad gedoen het, gesê: Die oudste sal
die jongste dien? (Romeine)

Of: Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek
nie?

Of: Baie is geroep, maar min is uitverkies?

Of: God het ons in Christus uitverkies nog voor die grondlegging van die
wêreld? (Ef. 1)

Of: Uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself
nie, dis die gawe van God? (Ef. 1)

Of: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en verhard wie Ek
wil verhard? (Rom)

Of: Het die pottebakker nie mag oor die klei om uit dieselfde klo klei een
voorwerp tot eer
en 'n ander tot oneer te maak nie? (Rom)

> Dit is hoe die Bybel my leer.

Waar leer die Bybel jou dat die mens vir God kies sonder dat God hom eerste
gekies het?

> God is regverdig.

Inderdaad!!!

Die Dortse Leerreëls sê: Aangesien alle mense gesondig het en die dood
skuldig is, sou God niemand 'n onreg aangedoen het as Hy almal in die
verdoemenis laat bly het waarin hulle hulself gewerp het nie!

Dus kan dié wat verlore gaan, Hom nie van onregverdigheid beskuldig nie!
Hulle ontvang net die verdiende loon vir hulle dade!

Of hoe?

Maar kan dié wat gered word aanspraak daarop maak dat hulle beter as dié
ander is?

Natuurlik nie!

Of hoe?

Hulle word uit genade gered omdat God hulle om redes wat net aan Hom bekend
is, eerste liefgehad het!

Of word hulle gered omdat hulle iets verdien het?

Kan dié wat verlore gaan Hom beskuldig dat Hy onregverdig is omdat Hy die
ander red? - en nie vir hulle nie?
Natuurlik nie! - want hulle kry net wat hulle verdien het!

God kan mos met sy eiendom en sy genade maak soos Hy goeddunk, nie waar nie?
Wat anders wou Jesus met die gelykenis van die arbeiders wat op verskillende
tye gehuur is en dieselfde loon ontvang het, duidelik maak? - as net dit:
Dat die werkgewer met sy goed kan maak wat hy wil! - dat, solank hy aan
elkeen gegee het wat hy verdien, niemand kan kla as hy aan iemand meer gee
as die ander een nie!!?
Re: Torreke en sy kerk [boodskap #112196 is 'n antwoord op boodskap #112152] Do, 18 Januarie 2007 07:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" < wrote

> Dis juis die groot verskil tussen die christelike geloof en alle ander
> godsdienste. Die ander kom almal met 'n storie van jouself verlos deur
> jou
> eie goeie werke en jou eie verdienste.

Onsin, Torreke. Hierdie stelling bewys dat jy
(a) 'n Christian chauvinist pig is, wat dink dat
net jou standpunt die regte is.

Eers het jy my lof besing... (solank as wat ek polities die goed gesê het
wat op jou ANC-gesinde ore goed geklink het)
toe versigtig (half verskonend) begin verskil...
toe blatant begin verskil...
maar telkens stilgebly wanneer ek jou in 'n hoek het...

Nou begin jy my name noem: "Christelike chauvinistiese vark"! - Wat eintlik
sê jy weet nou regtig nie wat anders om te sê nie! (Ek laat die implikasie
van my so uitskel daar, jy kan self daaroor nadink)

Ek kon aan die begin nie verstaan waarom die ander deelnemers so venynig
teenoor jou is nie. Ek gaan jou beslis nie terug name noem nie, maar ek
begin so stadigaan die ander se venynigheid verstaan - al keur ek dit nie
goed nie!

(b) 'n Totale onkunde van "ander godsdienste."

Bewys my verkeerd?

(c) Deur hierdie stelling verloën jy ook die
rigsnoere van jou "eie godsdiens." Dink
daaraan.

Bewys?
Re: Torreke en sy kerk [boodskap #112198 is 'n antwoord op boodskap #112151] Do, 18 Januarie 2007 08:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" < wrote

>> Ag, nee man, hier gaat jy alweer met jou wilde gevolgtrekkings! Ek sê
>> dan duidelik ek stem nie met jou saam dat mens maar heimlik kan owerspel
>> pleeg nie. Daar's tog 'n groot verskil tussen "egbreek" en wettig met 2
>> vrouens getroud wees!
> ----OK. Dan is die mormone volgens jou reg? Wie moet dan besluit 'n
> man mag meer as een vrou hê? Die staat?

As jy van die begin af ordentlik gelees het wat ek vir jou gesê het, en ook
vir Gloudina, sou jy nie nou so-iets gevra het nie.
Gaan lees gerus weer! Ek gaan dit nie herhaal nie.


>> Ek ontken dat die kerk waaraan ek behoort die reëls so skryf dat dit
>> elkeen
>> pas!
> ----Staan daar 'n reël dat as 'n lidmaat nie kerk toe kom nie, maar tog sy
> maandelikse bydrae gee, hy geskors moet word?

Ek het jou op 'n ander plek gesê dis nie die kerk se werk om sondelysies op
te stel nie.


>> As 'n predikant van die Gereformeerde Kerke die orrelis spyker, kan hy
>> maar
>> vergifnis vra, maar hy sal geskors en uit die amp afgesit word! - en dis
>> te
>> betwyfel of hy ooit weer tot die diens toegelaat sal word!
> -----Hoekom? Omdat die kerk nie vergewe nie, maar God wel? Ek lees nou
> verder af na jou Dawid-storie toe en daar word hy vir sy lekker vergewe en
> hy behou al sy byvoordele?

>> Maar onthou jy van Dawid? Hy het sy buurman se vrou gespyker, haar
>> pregnant
>> gemaak en toe haar man nie wil saamspeel om haar ook te spyker nie, toe
>> gebruik Dawid die volgende veldslag om hom dood te maak! - die man het
>> nogal
>> sy eie doodsvonnis front toe gedra.

>> Het God vir Dawid afgesit as koning? Nee!
> ----En jy reken dis regverdig?
>> Het Dawid daarna nooit weer sy mond kon oopmaak oor wat reg en wat
>> verkeerd
>> is nie? Nee!
> ----Hoe sal jy weet? As die koning praat, doen jy of tjop af.
>> Het God Dawid vergewe? Ja
> ----En dis vir jou regverdig dat hy nie self bloedkeel gekry het vir sy
> dade nie?
>> Het Dawid sonder slag of stoot daarvan afgekom? Nee!!! God het hom
>> vergewe, maar hy het nooit weer van die ongelukkige konsekwensies van sy
>> sonde losgekom nie.
> -----Watter konsekwensies? Klink vir my of die man sy brood aan beide
> kante gebotter gehad het. Hy spyker uit wellus, maak 'n kleintjie en
> vermoor die vrou se man. Hy bly koning en word vergewe. Dit klink
> amper soos die ANC regering van vandag. Zuma het sekerlik al die storie
> gehoor?

Ek het geweet: Gee die man die aas, en hy sal dit insluk, hoek, sinker, lyn,
visstok en katrol - die hele lot!

Ek het geweet jy sal nie die geleentheid laat verbygaan om die geloof, die
Bybel, God, sy verlossing - alles! - te verkleineer en belaglik te maak nie!

Die vraag is: Waarom, Suidwester?

Wat jaag jou?
- dat jy my 'n die kerk 'n die geloof nie kan/wil uitlos nie?
- dat jy die predikante, kerk, kerkers, geloof, ens. verkleineer en
bespotlik probeer voorstel?

Ek sal jou sê wat ek dink die antwoord is!!!

Jy GLO of jy is BEVREES ek is reg!
- dat God is en dat daar nie net 'n karkas oor is wanneer jy sterf nie!
- maar jy is nie bereid om dit te erken en die konsekwensies vir jou
daaglikse lewe te aanvaar nie!
- want dan moet jy te veel prysgee, o.a. jou trots, jou tyd en jou geld!

Nou probeer jy jouself gerusstel dat jou "teorie" dat Hy nie is nie en dat
daar net 'n karkas oorbly, reg is!
- deur die kerk, die Bybel en die geloof te verkleineer en belaglik voor te
stel!!!
As jy dit goed genoeg kan afkraak, so dink jy, het jy "bewys" jy's reg!
- het jy in elk geval jouself goed genoeg gebluf jy's reg!

En, indien jy verkeerd bewys word, het jy sommer daarmee ook jou verweer reg
wanneer jy anderkant kom!!!
Die kerkers het my afgeskrik met hulle gedrag!
Daai Torreke het so gelieg dat ek nie geweet het wat is reg en wat is
verkeerd nie!

Ten diepste wil jy in 'n posisie wees dat jy vir God kan sê dat dit eintlik
alles sy skuld is!!!
Dis Hy wat 'n wreedaard is!
- onregverdig!
- wat jou geen kans wou gee nie!
- wat nie Homself bewys het sodat jy Hom kon sien, tas, ruik, hoor en voel
nie!
- wat jou deur "skynheiliges" laat waarsku het!
- wat so 'n mankolieke kerk het wat geen respek by jou afdwing nie!
- wat Homself nie duidelik genoeg in die dik-dik se oë gewys en in die
stilte van die woestyn laat hoor het, dat jy van sy teenwoordigheid bewus
geword het nie!
- wat deur so 'n menslike boek soos die Bybel, en al die foute daarin, met
jou gepraat het!
- wat jou afgeskrik het met hoe Hy toegelaat het dat mense net 'n
"delete"-knoppie druk om hulle misdade uit te vee!
- wat Dawid met owerspel en moord laat wegkom het!
Jy soek rede om te kan sê: Dis U skuld dat ek nie geglo het nie, nie gekerk
het nie, nie my geld met iemand wou deel nie - allermins met die bedelende
kerk en die predikers wat "bakhand" gebore is!

Soos die ryk man God beskuldig het dat Hy hom nie goed genoeg gewaarsku het
nie: Nee, maar as iemand uit die dood opstaan, sal my broers glo! - en nie
in hierdie verskriklike plek beland nie!

En soos Adam wat gesê het: "Dis die vrou wat U my gegee wat my van die
vrugte gegee het en ek het geëet!"
- Dis haar skuld, want sy het dit vir my gegee!
- Dis eintlik U skuld, want U het haar vir my gegee!
Re: Torreke en sy kerk [boodskap #112199 is 'n antwoord op boodskap #112145] Do, 18 Januarie 2007 09:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" < wrote
>
>
>> Ja!

>> Die volgende tekste kom spontaan op:
>> Alles het God geskape vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van
>> onheil!
>> God het mag om uit eeen klomp klei een voorwerp tot eer en die ander tot
>> oneer te maak.
>> Baie is geroep, maar min uitverkies!
>> Jakob het ek liefgehad, maar Easu het ek gehaat. Nog voor die kinders
>> gebore
>> was, het God vir hulle moeder gesê: die oudste sal die jongste dien.
>> Wat sê die Skrif? Ek sal farao se hart verhard. So is Hy dan barmhartig
>> oor
>> wie Hy barmhartig wil wees, en Hy verhard wie Hy wil verhard!
>
>
> Ek sal saamstem met die (Wete) maar nie met die (Doel) nie

Jy sê eintlik "God het geweet dat Judas Hom sou verraai, en dat die Jode Hom
sou kruisig, ens." maar dit was nie God wat so besluit het nie - nie sy
raadsplan nie! - nie sy doel nie!

Toe God Jesus na die aarde toe gestuur het, was sy doel tog om verlossing te
bewerkstellig deurdat Jesus aan die kruis vir ons sondes sou sterf.
Daarvoor moes Hy verraai, oorgelewer, verhoor, gegesel, bespot en aan die
kruis vasgeslaan word!
Wil jy nou sê: God het geweet dit gaan gebeur, maar dit was nie sy doel nie?
God het geweet Judas sou hom verraai, maar Hy het nie so besluit nie? Ens.

Hoe verklaar jy dan Petrus se woorde op die Pinksterdag dat die Jode Jesus
"volgens die bepaalde raad" (let wel) "en voorkennis" van God "deur die
hande van goddelose mense gekruisig en omgebring het"? (Handelinge 2-3) - as
God net geweet het, maar dit nie so bedoel/besluit het nie!

As God net "geweet" het wat gaan gebeur, maar nie so besluit/bedoel het
nie...
- beteken dit dat die geskiedenis buite God se doel daarvoor verloop?
- dat Hy kan sien wat gaan gebeur, maar dit nie kan beheer nie?
- dat God net teenmaatreëls kan neem?

Dit kan "obviously" nie so wees nie, want dit sou strydig wees met alles wat
die Bybel ons leer oor die almal van God en sy bestuur van alle dinge!

Feit is: (1) God het nie net geweet dat die mens in sonde gaan val nog
voordat Hy die mens geskape het nie, dit was d��l van sy plan dat Hy dit sou
toelaat. (2) God het ons in Christus uitverkies nog voor die grondlegging
van die wêreld (Efes 1) - dus God het nog voor Hy die wêreld gemaak het,
alreeds besluit wie Hy deur Christus sou verlos! (3) Uit genade is julle
gered - deur die geloof. En dit (die geloof) is nie uit julleself nie - dis
die gawe van God! (Efes. 1) Soos alle ander goeie dinge wat ons het (ons
lewe, gesondheid, ens.) is geloof 'n geskenk van God deur sy Gees - dus: die
gevolg van sy keuse oor wie glo en wie nie! (4) Werk julle eie heil uit
met vrees en bewing, want dit is God wat IN julle werk om te WIL sowel as om
te WERK. (Filip. 3) Kort verklaar: Paulus roep ons op ons eie heil uit te
werk - dit lyk asof alles ons vernatwoordelikheid is! Maar die kruks lê in
wat hy daaraan toevoeg: Want dis God wat die wil en die dade self in ons
werk! Ons moet dit doen, want God doen dit in ons. M.a.w. wat ons doen is
die gevolg van wat God doen!

Mens moet onthou dat die "verwerping" ondergeskik is aan die
"uitverkiesing". ALLE mense is in Adam verlore! - maar God het die verlore
mensdom 'n sekere aantal in Christus uitverkies om te red!
Re: Torreke en sy kerk [boodskap #112200 is 'n antwoord op boodskap #112142] Do, 18 Januarie 2007 09:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" > ALLES is gawes van God - uitgesluit die sonde! Dis is waar dat die ganse[/color]
>> skepping deur die sonde aangetas is en dat eens goeie gawes 'n
>> dubbelslagtige karakter gekry het, maar dit bly gawes wat mens kan
>> gebruik of misbruik. Erens in Spreuke is daar 'n teks wat sê: Gee wyn
>> aan hom wat bedruk is en sterk drank aan hom wat wil ondergaan; laat hy
>> drink en vrolik wees en van sy sorge vergeet. Dus: 'n erkenning van die
>> anti-depressante effek van alkohol wat matig gebruik word. Alkohol en
>> ander bedwelmende middels het effektief 'n veranderde bewussynstoestand
>> tot gevolg! - slaap is ook 'n veranderde bewussynstoestand! - wat
>> genesend kan wees!
> ----Nee magtag! Nou het ek alles gehoor. Dubbelspraak in sy ergste
> vorm. So as die slegtheid jou pas en dis tot jou voordeel, doen dit? Wat
> van jy het nie bedwelming nodig as jou lewe reg is nie? Ek sou dink dit
> is wat die geloof behoort te propageer...juis dat jy nie bedwelming nodig
> het nie!

Wonder waarom jy die woord "magtig" nodig het om krag aan jou woorde te
verleen?

Jou liggaam produseer ook 'n dwelmmiddel genaamd "endorfien" (saamgestel uit
"endo" en "morfien") om jou pyn te
verlig wanneer jy seerkry!! Dis dubbelslagtige gedrag, Mnr. Perfek,
dubbelslagtige gedrag! - jy wat nie
bedwelming nodig het nie, se liggaam oortree jou reëls wanneer jy seerkry!

>
>>> ---En wie bepaal die skeidingslyn tussen gebruik en misbruik? Die
>>> Bybel of die kerk?

>> Die Bybel! - en elke mens se "common sense"!
> -----En daai Bybel sê jy kan maar drink solank jy nie suip nie? Hier is
> darem 'n heel paar ouens wat baie bly gaan wees!

Jip!


>> Die Bybel is duidelik daaroor dat alles waarvan 'n mens slaaf word,
>> verkeerd - sonde! - is.
> ------So jy mag jou geloof óók nie oordryf nie?

Ware geloof kan nooit sonde wees nie!
- die twee sluit mekaar uit soos wat Jesus en die duiwel mekaar uitsluit!
- maar mens kan met godsdiens dweep en dwepery is inderdaad verkeerd!


>> "Common sense" sê dat obesiteit 'n misbruik is! - of om die kinders se
>> kos vir die honde te gee - of om "morning, noon and night" te werk en
>> geen tyd vir jou gesin te hê nie, jou liggaam en gees te "breek"! - of om
>> onnodig en onverskillig te ry! - ens. Totius het tong in die kies gesê:
>> Alles waar 'n "te" by kom, behalwe "te perd" en "tevrede", is verkeerd!
> ----So as 'n ou 14 ure op 'n dag moet werk om vir die familie kos te gee
> en hy nie die opleiding of kwalifikasies het om groter geld te verdien
> nie, dan is hy 'n sondaar?

Ag, man, jy weet wat ek bedoel! Jy soek net geselskap.


>> Dis nie die kerk se werk om lysies op te stel van wat reg en wat verkeerd
>> is nie! - maar elke mens se eie verantwoordelikheid! Lysies van sondes
>> opstel was presies wat die Fariseërs in Jesus se dae gedoen het en wat
>> Jesus "skynheilig" genoem het!
> ----Miskien moet jy daai storie vir die ander 'dominies' kommunikeer want
> dis die belangrikste inhoud van hul preke...die sonde. Hoe kan jy oor
> iets vermaan as jyself nie kan sê wat reg of verkeerd is nie?

Ek praat van "kerk" en jy reageer met "dominies".
-"Kerk" en "dominie" is nie dieselfde ding nie
- Dis 'n Roomse siening daai: "Ibi papa, ibi ecclesia!"
- of te wel "Waar die pous (priester) is, is die kerk" !
Re: Uitverkiesingsleer - was Re: Torreke en sy kerk [boodskap #112201 is 'n antwoord op boodskap #112165] Do, 18 Januarie 2007 09:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 17 Jan 2007 08:20:39 +0200, "Torreke" wrote:

> Kerke / gelowiges wat die uitverkiesingsleer verwerp, voer ALTYD 'n vorm van
> eie verlossing in! - Christus PLUS nog iets! Dis so bitter moeilik vir
> mense om te aanvaar dat hulle NIKS goeds uit hulle eie kan doen nie.
> Christus PLUS "goeie werke" (Die Roomse Kerk). Christus PLUS my eie keuse!
> (Pelagiane, Remonstrante, Methodiste, Charismatiese) Christus PLUS die groot
> doop (Wederdopers, Baptiste en Charismatiese). Christus PLUS sewende dag
> sabbat (7e Daagse Adventiste)
>
>

en vir die tradisionele kerke is dit 'die Bybel PLUS die Heidelberg
Katagisme'.

Ek is Pinkster georienteerd, en vir ons is dit nie 'Groot Doop' of
'Klein Doop' nie, maar wel 'doop na bekering' soos die skrif leer.

(soos jy self gesê het,
'sal mense ooit 100% met alles kompleet saamstem(?):-)))'

Efésiërs 1:4
Soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld
om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees

Ephesians 1:4
According as He hath chosen us in Him before the foundation of the
world, that we should be holy and without blame before Him in love

God's Choice (Eph. 1:4)
- - - - - - - - - - - - - - - - -
This is what God chose before the overthrow of Lucifer's world - that
all of the new race of Adam who accept Jesus Christ should be holy and
without blame before Him in love. It is this plan that is chosen for
all believers, not the individual conformity of any one person to that
plan.
The final choice is left up to the the individual and not to God. All
are called and chosen to become holy before God in love if they want
to accept this plan and choice of God, but only those who meet the
conditions will be so blessed (Jn. 3:16-20; Mk. 16:15-16; 1 Tim. 2:4;
2 Pet. 3:9; Rev. 22:17;)
This is the true meaning of election and predestination wherever
found in Scripture, that is, the plan is predestined and foreknown,
not the individual conformity to the plan.
Re: Torreke en sy kerk [boodskap #112204 is 'n antwoord op boodskap #112148] Do, 18 Januarie 2007 10:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" < wrote

> ---Jy lees verkeerd. Ek sê as 'n ou se dogter doodgeskiet word in 'n
> roof [nie hy nie!] en jy, die prediker vertroos hom deur te sê dat hy moet
> berus want dit is die wil van God, dan praat jy eintlik twak?

Nee, hy praat nie twak nie! Die sonde is onder die toelatende wil van God!
God het toegelaat dat Job alles verloor (Job 1 en 2) om aan die Satan te
bewys dat Job God nie dien om die finansiële gewin soos die duiwel beskuldig
het nie, maar omdat Job God waarlik liefhet!

Om net na die "wil van God" in gebeure te verwys, is eintlik 'n halwe
waarheid! Dit opereer met 'n voorstelling van God wat daar ver buite sit en
goed bloot bestuur volgens sy wil.
Jesus sê: Word twee mossies nie vir 'n stuiwer verkoop nie, en nie een val
op die aarde sonder julle Vader nie. Let wel, "sonder DIE WIL van julle
vader nie", maar wel "sonder julle
Vader nie". Dit wil sê: God is by wanneer die mossies val! Die mossies se
val staan nie los van God se bestaan nie - weg van sy teenwoordigheid nie!
Die mossies se val sê nie God is afwesig nie! Ek herinner aan die
voorbeeld van die
magnetisme! Ek sou daarby kon voeg: Alle vorme van energie!

Die dogter wat doodgeskiet word, gebeur nie sonder God nie! - sonder sy
energie nie! - selfs nie die sonde nie! Dis wat so verskriklik is van die
sonde! - dat God se energie téén Hom ingespan word!

Niemand lieg wanneer hy so-iemand troos dat dit nie gebeur het sonder God
nie!

> ----Dis waar ek drasties met jou verskil. Hoe kan jy sê dat God se
> bedoelings goed was deur 'n klein dogtertjie soos die een in die nuutste
> Rapport, wees gelaat word deurdat albei ouers dood is? Watter nut of
> beproewing kan daar wees vir so 'n klein kind wat nog nie eers kans gehad
> het om droog te maak nie? Die enigste manier wat jy dit kan regverdig,
> is om vir my te sê jy glo in die 'after life', nie noodwendig die hemel
> nie want daarvoor moet jy eers later opstaan?

Nee, ou vriend, ek weet nie waarom God dit toelaat nie! - maar dat Hy goeie
bedoelings daarmee het, daarvan is ek seker. Dit sal wel later blyk.

Nie net die Bybel nie, daar's derduisende voorbeelde elke dag hoe dat erge
trauma die beste in mense na vore bring! Dis te midde van die vernietiging,
bloed, dood en trane van oorlog dat die helde gebore word. Die Bybel sê dat
ons deur die beproewing soos goud gelouter word. Ek het dit in my ouers se
lewens gesien - persoonlik in my eie lewe ervaar! Elke gelowige sal vir jou
sê dat die beproewings wat God oor jou bring, jou nader aan Hom bring en 'n
beter Chrsiten van jou maak!

>
> Ek dink steeds dis nie die regte tyd om vir iemand wat
>> in rousmart is oor sy verlies, sy "fout" / "sonde" onnodig in te vryf
>> nie,
> ---So jy lieg maar solank om die ou te troos?

Kyk my antwoord hierbo!

>
>>> ----Nee, nee, né�! Dit het absloluut niks met godsdiens te doene nie.

>> Het die lae misdaadsyfer in die Moslemlande niks met godsdiens te doen
>> nie? -
>> niks met die fanatieke toepassing van godsdienstige wette te doen nie?
> ----Wat ek sê dit behoort niks met godsdiens te doene te hê nie. Dis
> waarvoor jy wette behoort te hê en 'n stelsel wat dit reg toepas. Jou
> kerk behoort boggerall invloed te hê oor hoe die land bestuur word.

Nou verander jy jou storie. Jy't gesê die verval van dissipline in die land
het niks met godsdiens te doen nie!

Natuurlik sal jy sê dat die kerk geen invloed mag uitoefen oor hoe die land
bestuur word nie! Maar as ek sê "dis nie die staat se werk om voor te skryf
dat ek net met een vrou getroud mag wees nie" (Netso min as wat die staat
kan sê 'n witte mag nie met 'n swarte trou nie), dan vat jy my ook daaroor
aan.

Soos ek elders sê: 't Lyk my jy kan nie jou "mind" so lekker opmaak oor hoe
jy dinge
wil hê nie.

>
>> Het die beskawingspeil en dissipline in die Europese en Noord-Amerikaanse
>> samelewings niks te doen met die dominasie van die samelewing deur die
>> kerk
>> gedurende die Middel Eeue nie?
>> En het die morele verval in Europa niks te doen met die godsdienstige
>> verval
>> nie?
> -----Was dit dalk nie eerder 'n geval waar die mense in die ou dae
> oningelig was nie? Toe was dit makliker om die mense 'n storie te spin
> en hul verbeelding het die res gedoen. Dit is soos die rugby. Meeste
> mense dink Frik du Preez was hierdie moerse slot, maar die man was skaars
> 6'2" lank en sou vandag skaars flank kon haal op sy lengte! Oor die
> algemeen met Supersport raak rugby 'over exposed' deurdat die TV-kykers
> elke plooi en spatsel kan sien en hul EIE opinies kan vorm en nie die van
> die kommentators s'n nie. Is dit nie ook maar wat met die kerke gebeur
> nie. Jy kan nie meer net 'BOO!!' skree en almal skik nie. Die mense
> raak meer ingelig en vra aan hulleself meer vrae.

Dit wat as aanvaarbare wetsgehoorsaame gedra beskou word,
kan eenvoudig nie weggedink word van die godsdienstige wette waaruit die
regstelsel gegroei het nie!

Jy projekteer jou sienings en redes waarom jy niks met die kerk te doen wil
nie, oor op alle ander mense! Ek het nog baie min ongelowiges in my lewe te
gekom!

>
>> "Massas mense" in die kerk? Ek wonder of 10% van die bevolking Sondae in
>> die
>> kerk sit, al sê die mense hulle is Christene. Daar's 'n groot
>> verskil tussen die hoeveelheid mense in die kerk en dié by die "shopping
>> malls", nie waar nie. Stel jou voor dat die mense elke Sondag kerk toe
>> opruk soos wat die Swartes op Nuwejaarsdag die strande in SA toepak. Die
>> kerk sal uit sy nate bars!
> ----Lees wat ek hierbo sê. die banmaakstorie werk nie meer so lekker
> nie. Julle kort 'n nuwe 'sales pitch'.

Die bangmaakstorie bestaan net in jou verbeelding!
- dis nie die kerk se 'sales pitch' nie!
- dis een van jou verkoopsstrategieë vir jou teorie teen God, die kerk en
die kerkers!


>> Watter persentasie van die mense wat ernstig kerk, raak by misdaad
>> betrokke?
>> Ek weet van enkele gevalle, Suidwester! Is die ouens wat in die tronk
>> sit,
>> nie juis 99% daardie mense wat nooit die binnekant van 'n kerk sien nie!

>> Daarmee sê ek beslis nie dat daar nie ook baie mense is wat nie kerk nie,
>> maar ook nie by misdaad betrokke raak nie.
> ----Mens praat so maklik van misdaad, maar het jy geweet dat hulle op 'n
> kol 'n ondersoek gedoen het op alledaagse, goeie gemiddelde werkers in die
> semi-staat departemente van Pretoria en omgewing om te bepaal hoeveel
> steel die mense van hulle werk? Jy moet onthou jou werkgewer betaal jou
> om 8 ure te werk. So as jy lood swaai, dan steel jy van hom. Elke
> potlood, pen en papier wat jy wegdra vir jou eie of jou kinders se gebruik
> is steel. As jy die firma se kar gebruik om vinnig vir jou 'n koerant te
> gaan koop, dan steel jy. As jy 'n stuk kos waarvoor jy 'n toelaag kry,
> koop en jy weet eintlik moes jy nie nog weg van die firma af wees nie, dan
> steel jy. Fotostate vir jouself is steel. En so kan ek aangaan.....
> Die syfers wat 'n plek soos Unisa jaarliks verloor aan 'geleende'
> skryfbehoeftes, is skrikwekkend. Nou vertel weer vir my jou lidmate is
> misdaadvry?

Jy sê ek "preek"!
- Wat is hierdie lesing oor al die maniere waarop mense hulle werkgewers
besteel anders as 'n "preek" teenoor iemand wat dit in elk geval weet /
behoort te weet?

Maar het jy geweet dat die Bybel inhaligheid, vrekkerigheid en/of
spandabelrigheid ook as diefstal beskou?

Ek dink dis redelik om te aanvaar dat die ongelowige werknemers op dieselfde
manier steel en ek het nog nooit ontken dat gelowiges sonde doen nie,
inteendeel... So die twee balanseer mekaar!
Ek het 'n stelling gemaak dat die kerkers nie die ouens is wat in die tronke
beland nie - op enkeles na! - en daardie argument probeer jy systap met jou
diefstal-prekie - jy beantwoord dit nie!

> Was Hendrik Verwoerd nie een van die intelligentste en
>> geleerdste mense wat ooit SA bestuur het nie, en het hy nie die pot met
>> apartheid totaal misgesit nie? Tydens die Revonia verhoor het hy gesê:
>> Die
>> hemele behoede Suid-Afrika as Mandela ooit aan bewind kom! Hoe verkeerd
>> was
>> hy nie!!!
> ----Ek persoonlik dink Verwoerd was die swakste leier wat SA ooit gehad
> het. Dit het niks met intelligensie te doene gehad nie....hy het 'n
> drastiese gebrek aan 'commen sense' gehad.

Dan onderstreep jy mos net wat ek sê!
Verwoerd se intelligensie en geleerdheid was nie 'n waarborg dat hy die pot
missit nie, maar jy verwag die predikante se intelligensie en geleerdheid
moet so 'n waarborg wees!


>> Jy werk steeds met die verkeerde uitgangspunt dat predikante
>> "super"-mense
>> moet wees! - terwyl hulle net gewone sondaarmense is!
> ----Maar êrens langs die pad moet hy vooraf weet dat dit wat hy doen kak
> aanjaag is? Hy moet tog want hoe anders kan hy ander waarsku daarteen?
> Maar dan kan hy mos bladsy skoonmaak na die sonde, die weet hy mos. Maak
> dit hom nie eintlik onvergeefbaar nie? Ek meen, as 'n ou nie weet hy
> sondig nie, dan verskoon jy hom. As hy oop oë dit doen, maak dit die
> oortreding soveel erger.

Doen jy nooit iets wat jy byvoorbaat weet is verkeerd nie?

Jou storie oor die bladsy skoonmaak na die gemors is net jou eie
boetekaartjie-'delete'-knoppie wanvoorstelling van hoe sonde en vergifnis
werk.

As mens nie o.g.v. jou geloof vergifnis ontvang het vir sondes wat jy nog
nie gepleeg het nie, sou géén mens gered kon word nie! - want dit sou
beteken dat jy daar op jou sterfbed met jou heel laaste asemteug nog steeds
vergifnis moet vra!

>> Ons praat by mekaar verby. Die Christelik standpunt is dat ons vergifnis
>> by
>> God kry vir ons sondes (1) omdat Jesus die skuld daarvoor betaal het, en
>> (2)
>> Jesus deur sy Gees ons nuwe mense maak wat nou anders wil lewe.

>> Jy, daarenteen, wil hê die ou moet eers self regmaak, voordat hy vergewe
>> kan
>> word. Dit maak vergifnis, volgens christelike standpunt, onmoontlik,
>> want
>> niemand kan homself verbeter as God hom nie o.g.v. Jesus se verdienste
>> deur
>> sy Gees verbeter nie.
> ----Ja want dan werk die 'delete' knoppie nie meer nie want 'n ou wat oor
> die draad geklim het, klim maklik weer oor 'want hy was daar.' As hy nie
> die hoop van vergifnis het nie, wat gaan maak hy by die kerk?

So verander jy maar net die draad van die argument as jy nou nie meer verder
weet hoe nie en gryp na jou eie wanvoorstelling - die boetekaartjie wat met
'n 'delete'-knoppie uitgewis word.

>
>> Ek het nie die bieghokkie in gedagte nie. Ek het die gereformeerde
>> manier
>> van doen in gedagte waar iemand wat deur sy verkeerde gedrag in tweestryd
>> met die kerk gekom het, bv. deur nie eredienste by te woon nie, vir die
>> ouderling en/of predikant sê: Ek is jammer! Ek was verkeerd, ens. Dan
>> behoort die predikant/ouderling vir hom te sê: Ons aanvaar jou berou,
>> maar jy
>> moet dit ook bewys deur van nou af die regte ding te doen.
> ----Presies, as daai selle ou sy buurvrou gespyker het, dan sê jy vir hom
> hy moet dit nie weer doen nie en dan kan hy weer kerk toe kom? Dan sê hy
> OK en alles is reg volgens jou model? Intussen doen hy dit weer en weer
> en as jy hom nie uitvang nie dan's alles dollies?

Strooi! Jy opereer steeds met jou boetekaartjie - "delete"-knoppie
wanvoorstelling!

> ----So as jy glo, al is jy sleg, dan is alles OK? Regtig? As jy wat
> doen dan is jy verdienstelik genoeg?

'n Mens word nie anders as deur die verdienste van Christus verlos nie! - en
daardie verdienste verkry jy net deur die geloof in Hom.


>> Jou ideologie is dieselfde as hulle s'n - trouens dieselfde as Karl Marx
>> en
>> die kommuniste s'n! - skep jou eie utopia hier en nou met jou eie
>> verdienste!
> ----So dis maar beter om sleg te wees en kerk toe te gaan as om goed te
> wees en nie kerk toe te gaan nie?

Dis 'n drogargument wat hoegenaamd nie afgelei kan word uit wat ek hierbo of
op enige ander plek gesê het nie.
Re: Torreke en sy kerk [boodskap #112205 is 'n antwoord op boodskap #112150] Do, 18 Januarie 2007 10:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" [/color]
>>> -----Hier wil ek
>>>> ook 'n straaltjie bypiepie. Wat is die nut van die magdom mense op
>>>> aarde as die doel was dat net 'n klein hoeveelheid sou die hemel haal?

>> Presies dieselfde as die biljoene sperms in een saadstorting terwyl net
>> een
>> die eier bevrug, die duisende ogies aan een boom, terwyl slegs enkeles
>> nuwe
>> takkies word, die biljoene sardyne in een skool terwyl slegs enkele
>> duisende
>> grootword. Kyk my ander antwoord oor die boesman.
> -----Nee, en weer nee!

Verbasend dat jy so skerp reageer terwyl jy in elk geval nie die Bybel
aanvaar nie. Ek gee jou 'n argument wat ek uit die natuur neem. Jy
ignoreer die argument, het nie 'n teenargument nie, maar sê: "Nee, en weer
nee!"

> Wat jy eintlik vir ons sê is dat as jy nie 'n uitverkorende in elk geval by
> geboorte is nie, gaan jou geloof in elk geval nie help nie?

Jy sal nie glo as jy nie 'n uitverkorene is nie! Ek het jou en ander mense
op die ng gesê dat ek jou nie kan oortuig om te glo nie - geen mens kan
nie! - net die Heilige Gees kan! Die Gees gee die geloof aan mense wat
uitverkies is. Die geloof is 'n gawe van God. Die geloof is die
noodwendige gevolg van die uitverkiesing! As jy uitverkies is, sal jy glo!

So die argument van "as jy nie 'n uitverkorene is nie, gaan jou geloof nie
help nie" is 'n drogredenasie wat op 'n wanvoorstelling berus!
Re: Torreke en sy kerk [boodskap #112207 is 'n antwoord op boodskap #112149] Do, 18 Januarie 2007 10:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" < wrote in
>
>>>> die verskil is dat die gelowiges se rekening daarvoor betaal is en die
>>>> ander
>>>> s'n nie! - dat die gelowiges die vooruitsig het dat hulle eendag
>>>> daarvan
>>>> ontslae sal wees omdat God hulle nuut sal maak, en die ander nie
>>>> daardie
>>>> vooruitsig het nie.
> -----Ek sê steeds hierdie is nie sinvol nie. Julle suiker die storie net
> om met 'n ander storie. 'n Gelowige kan gered word nie omdat hy self
> homself kan regruk nie, hy moet deur die kerk en die geloof gaan om dit te
> doen, anders is dit 'n 'useless' oefening want hy kan nie 'nuut' gemaak
> word nie as hy ongelowig is nie?

Ek versuiker niks met 'n ander storie nie - dis jou strategie daai!
Ons ontvang die saligheid deur die geloof, nie deur die kerk nie! Maar die
kerk is wel die draer van die boodskap waardeur die geloof kom.

>
>> Ek het nou al verskeie kere vir jou gesê vergifnis werk nie soos 'n
>> boetekaartjie nie en elke keer kom jy met die boetekaartjie opvatting
>> terug.
> ----Ek probeer bloot die probleem verskerp as om die algemeen te praat.
> Dis vir my onaanvaarbaar dat bv. 'n baba kan doodgaan sonder dat hy iets
> van godsdiens geweet het en basies verdoem is omdat hy nog die die posisie
> gehaal het waarin hy gered kan word nie.

As so 'n baba binne die verbond gebore is, het hy wel buite sy wete aan die
verdoemenis in Adam deel, maar netso word hy buite sy wete in Christus in
genade aangeneem.


>> Soli Deo Gloria - alleen om God, die Skepper, te verheerlik!

>>> Hoekom wil jy vir ewig lewe?

>> Om presies dieselfde rede! - om God te verheerlik!
> ----Jy is fanaties en is dit nie teenstrydig met jou 'te' teorie nie?

Is 'n kind wat so wil leef dat hy sy ouers eer, "fanaties"?
Of is 'n werknemer wat sy werk so wil doen dat hy sy werkgewer plesier,
"fanaties"?
Is dit 'n "te" as jy jou ouers wil eer en jou werkgewer wil plesier?

Duidelik werk ek jy nie met dieselfde definisies van "te" en "fanaties" nie.

Vir my beteken "te" - "meer as wat nodig is". Wat beteken dit vir jou?

En vir my beteken "fanaties" dat iemand géén ruimte aan 'n ander gee om te
glo en te doen wat hy/sy wil nie - desnoods met geweld hom dwing om te doen
soos die fanatieke wil hê hy/sy moet doen. Wat beteken dit vir jou?

Maar terug na die oorspronklike vraag: Waarom wil enigiemand ewig lewe?

Die drang om te lewe is die mees basiese en die sterkste drang in alle
lewende wesens!
As mens 'n lewende verhouding met 'n lewende liefdevolle Vader het, dan is
dit die mees natuurlikste ding om dit te wil behou!
Maar ek kan my goed voorstel dat as jy nie so 'n verhouding het nie, dan wil
jy ook hê dat die dood die liggie vir goed uitknip.
My verhouding met God, maak die lewe lekker en sinvol! - en daarom wil ek
nie hê dit moenie ophou nie! - ek wil dit vir altyd hê! - volmaak hê!
Maar SONDER God, sou my kos sy smaak verloor, seks net 'n liggaamsfunksie
wees,
my geld waardeloos! - dan sou mens sekerlik wens dat as jy dood is, net 'n
karkas oorbly wat wegvrot!

>
>> Nee, my vriend, maar ek sou baie graag alles van God se kant af wou sien,
>> baie graag Hom self sien, baie graag verstaan waarom het alles gebeur, en
>> baie graag God dien en prys sonder dat hier 'n duiwel op my skouer sit
>> wat my anders probeer beduie!
> -----Hoekom is dit noodwendig die duiwel?

Ag, man, dit was tong in die kies gesê. Die Skrif leer dat die
sondige wêreld, die duiwel en ons eie sondige natuur ons tot sonde verlei!
Meestal is dit ons sondige natuur! As jy in gedagte hou wat ek gesê het oor
ons sondige natuur, sal jy wel aanvaar dat ek gewoonlik vir mense sê hulle
moenie elke keer die duiwel beskuldig vir hulle eie mislukkings nie - die
duiwel is nie orals
teenwoordig soos God nie! In ieder geval het ek gesê "'n duiwel" nie "die
duiwel" soos jy dit verander het nie - die owerste van die duiwels het 'n
klomp "klein duiweltjies" wat hy vir sy vuilwerk gebruik!


>> Wil jy nie ook baie graag weet nie? Is dit nie waarom jy hoop dat die
>> wetenskap die vrae vir jou sal beantwoord nie?
> -----Nix. Ek het nie 'n fanatiese hoop om te weet waar die aarde en al
> die dinge vandaan kom nie. Dit sou interessant wees om te weet, die sal
> ek toegee. Ek kan egter nie sien vir watter rede wil mens meer as een
> lewe lewe nie? Om wat te maak....in 'n paradys rondwandel en vlerkies
> klap. Dit mag soos 'n staatsamptenaar se droom klink, maar vir my klink
> dit maar erg vervelig.

Die Bybel leer ons dat die "ewige lewe" 'n heerlikheid is wat geen oog
gesien, geen oor gehoor en wat in die hart van geen mens opgekom het nie.
Die Bybel druk dit gewoonlik net in die negatief uit - sê wat dit nie is
nie! Geen dood, geen siekte, geen pyn, geen dag en nag, geen sonde! En
positief in simboliese taal: 'n Stad (die Nuwe Jerusalem), met God wat dit
verlig, en 'n boom wat dwarsdeur die jaar die vrugte van die lewe dra!

Om nou te maak of jy weet presies wat dit inhou en daarvoor te sê "Nee,
dankie" is tipies van jou arrogansie!

In ieder geval dink ek nie dat die verlostes net sal rondloop en vlerkies
klap nie - ons gaan nie engele met vlerkies word nie!

Ek stel my voor dat ons steeds sinvolle en kreatiewe werk sal doen. Die
sonde het die lekker
uit ons werk geneem en dit in moeite verander, het ons arbeid en godsdiens
van mekaar geskei. Verlossing moet noodwendig ook beteken dat dié situasie
weer omgedraai word na werk wat een plesier is! - wat nie moeite en verdriet
is nie! - na 'n situasie waar ons werk godsdiens is en ons godsdiens werk!

Maar al sou ons arbeid net wees om voortdurend God se lof te besing! - wat
is lekkerder as samesang? - wat is meer verheffend as musiek? Hoe
ongelooflik lekker moet dit wees om met 'n volmaakte, unieke stem, volmaak
te kan sing? Hoe fantasties heerlik moet dit wees om deel van 'n volmaakte
koor en volmaakte orkes te wees?

>
>> Net dink ek nie dat die wetenskap ooit die vraag oor die bestaan van God
>> kan beantwoord nie. Al sou hulle presies kon aantoon hoe het lewe
>> ontstaan! - dus 'n presies verklaring daarvoor gee! - sou dit nie 'n
>> bewys wees dat God nie is nie! - en nie 'n bewys wees dat dit gebeur het
>> omdat God "gesê" het dit moet gebeur nie!
> -----Dis dan presies hoekom jy verkeerd is want jy is fanaties. Makie
> sakie wat gebeur nie, jy sal God se hand in alles sien. As 'n Marsman
> vir jou die masjien wys waarmee hy jou gemaak het, sal jy vir hom sê God
> het daai masjien gebou...of dan gaan soek na daardie oorsprong. Dis
> seker veilig om te sê jy's 'n gevoelswese en ek nie?

Is jy wat God se hand nêrens sien en nêrens wil sien nie, nie ewe "fanaties"
nie? (wil natuurlik steeds weet wat jou definisie van "fanaties" is?)
"Makie sakie wat gebeur nie", jy sal God nie sien nie, want jy wil Hom nie
sien nie. As 'n Marsman vir jou sê "God het ons gemaak", sal jy vir hom sê
"Bewys dit?"

As jy sê dat jy nie 'n gevoelswese is nie, dan is jy nie 'n mens nie, want
alle mense is gevoelwesens! - die "chemistry" in jou brein beheer dit en jy
kan maar min daaraan doen!

Of wag, miskien is jy regtig nie 'n gevoelswese is nie!!
Miskien korrespondeer ek met 'n intelligente robot wat Toyota ontwerp
en gebou het en wat ons almal nog al die tyd vir die gek hou omdat hy hom as
'n mens voordoen!!

> -----Wie is foutloos? Ipv om op God se wil te beroep as rede vir
> gebeure, reken ek kommunikasie tussen die betrokkenes maak alles reg. As
> ek poep in die bad en een van my huisgesin hou nie daarvan nie, dan het
> hulle die vrye reg om dit vir my te sê en my te vra om op te hou daarmee.
> Dit gee my die reg om te vra hoekom dit hom/haar affronteer en hulle kan
> dit vir my sê. Dan neem ons saam 'n besluit om tot 'n oplossing te kom.
> Daarvoor het ek g'n berader nodig nie.

Man, as kommunikasie, onderhandelings, vredesamesprekings en watter ander
"gimmic" die sondes en foute uit die weg kon "praat", dan het ons lankal 'n
volmaakte wêreld gehad.
Die mense "prata, prata, prata" maar die wêreld se probleme word net erger!

>

>> Nee, ek sê nie so nie! Die Roomse Kerk sê wel so. Ek sê dat die geloof
>> in Christus - God! - iemand salig maak, kerklidmaat of nie! Ek het geen
>> twyfel daaroor dat daar mense is wat nie aan 'n kerk behoort nie, wat tog
>> salig sal word.

>> Maar hoe salig? Ek gaan nou 'n ding sê wat baie mense hier gaan skok:
>> Daar is grade van saligheid en grade van hel!!!
> ----Bel vir Marietta Theunessen en sê vir haar jy glo haar en die kerk sal
> jou verdoem tot in die Sahara en terug.

Verskoon die onkunde, maar ek is nie met jou nie.


>> Maar ek sê ook nie dat iemand wat aan die kerk behoort noodwendig saliger
>> sal wees as een wat nie aan die kerk behoort nie. Jesus sê: Daar is
>> eerstes wat sal laaste wees en laastes wat sal eerste wees!

>> Wat ek wel sê, is: As iemand ernstig is oor sy geloof en verhouding met
>> God, sal hy noodwendig ernstig wees oor 'n lewende verhouding met
>> mede-gelowiges! - en daarom aan die kerk behoort!

>>> Die groot vraag is nou, watter een van die duisende kerke is die regte
>>> ene want elkeen sit met sy eie net en elkeen het verskillende grootte
>>> gate!

>> 'n Mens moet maar die kerk beoordeel aan die hand van die beginsels van
>> die Skrif en aansluit by een wat na jou oordeel die naaste is aan wat God
>> wil hê die kerk moet wees!
> -----So jy moet iets ekstra doen om in die voorste gestoeltes te kom?

Nou waar kom jy nou daaraan?

> Nou wonder ek wat sal jou beter maak? Net geloof? Of die ou wat die
> meeste gee?

Jou storie oor die kerk en die "bakhand" alweer. Nes 'n grammofoonplaat wat
vasgehaak het...

Jy is darem so bekommerd oor jou geldjies - dat, as jy glo en by 'n kerk
aansluit, hulle jou geldjies sal wil hê.

>> Is dit regverdig teenoor die biljoene ander spermselle in een
>> saadstorting dat net één sperm die eier bevrug?
>> Is dit regverdig teenoor die duisende ogies op die tak van 'n boom dat
>> net enkeles nuwe takkies groei?
>> Is dit regverdig teenoor die biljoene sardyne in 'n skool dat net 'n paar
>> duisend volwassenheid bereik?

>> As die antwoord op lsg 3 vrae "ja" is, dan is dit beslis ook regverdig
>> dat God net sommige mense uit die mensdom red en die ewige lewe gee!
> -----So dit hang alles af van hoe gelukkig jy is by geboorte? Nou
> verskil ek en jy heeltemal. Ek kan vir jou mense noem wat ek in my lewe
> geken het wat nooit in sy lewe naby 'n kerk was nie en dis omdat daar
> nooit 'n kerk bestaan het nie. Geslagte op geslagte swart Afrikane wat
> gelewe en gedood het in Afrika vir duisende jare en almal is gedoem net
> omdat hulle nog nie jou geloof geken het nie? Twak!

Nou hoe moet ek jou nou verstaan? Jy vertel my as mens doodgaan is jy net
'n karkas ! - dus: ewig dood! - en as ek sê die ouens wat nie glo nie is
ewig dood! - dan sê jy: "Twak!"

't Lyk my jy kan okkie jou 'mind' so lekker opmaak oor hoe jy dit nou
eintlik
wil hê nie.

Jy antwoord nie die vraag of die 3 voorbeelde wat ek jou noem "regverdig" is
nie! Is dit regverdig?

> Net soos die storie dat 'n baba voor hy gedoop is gedoem is as die sou
> sterf.

Watter kerk verkondig dit?

> Jy praat van 'n genadige God. Wat jy vir my beskryf is die wreedste van
> die wredes?

Waarom is die verdoeming van mense wreder
- as die verdoeming van biljoene sardyne?
- of die verdoeming van biljoene spermselle?
- of biljoene sade wat net in die grond vrot?
- of plankton wat by die tonnemaat deur die walvisse gevreet word?
- of die rooibokke wat by die dosyne in die leeus se pense eindig?
- of die koedoe wat stukkie vir stukkie lewend deur die wilde honde gevreet
word?

Waarom is "natuurlike seleksie" vir jou aanvaarbaar, maar God se "seleksie"
van sommige mense uit die gevalle mensdom, antwoord jy met: "Nee, en weer
nee!"?

Kan jy God van wreedheid teenoor mense beskuldig, Suidwester?
En wil jy nou 'n beskuldigende vinger na God wys omdat ek sê Hy maak met sy
goed wat Hy wil?
- en jou dan op die miljoene Afrikane beroep wat in hulle onkunde gesterf
het?
- Jy wat sê jy sorg vir jou hond want hy is jou verantwoordelikheid, maar jy
het nie 'n saak met al die Afrikane wat in die
lokasies krepeer en van ellende omkom nie?
- Jy wat jou goed met niemand wil deel nie?
- Jy wat sê dis jou goed en jy maak met jou goed wat jy wil!

- Is God onregverdig as Hy een vrot appel weggooi en 'n ander vrot appel se
vrot uitsny en hou?
Re: Torreke en sy kerk [boodskap #112211 is 'n antwoord op boodskap #112200] Do, 18 Januarie 2007 12:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:eonkel$675$5@ctb-nnrp2.saix.net...
>
>> ----Nee magtag! Nou het ek alles gehoor. Dubbelspraak in sy ergste
>> vorm. So as die slegtheid jou pas en dis tot jou voordeel, doen dit?
>> Wat
>> van jy het nie bedwelming nodig as jou lewe reg is nie? Ek sou dink dit
>> is wat die geloof behoort te propageer...juis dat jy nie bedwelming nodig
>> het nie!
>
> Wonder waarom jy die woord "magtig" nodig het om krag aan jou woorde te
> verleen?
----Dis 'n manier van praat en dis nie vloek in enige vorm nie. Ek vra jou
nie uit oor jou manier van praat nie.
>
> Jou liggaam produseer ook 'n dwelmmiddel genaamd "endorfien" (saamgestel
> uit "endo" en "morfien") om jou pyn te
> verlig wanneer jy seerkry!! Dis dubbelslagtige gedrag, Mnr. Perfek,
> dubbelslagtige gedrag! - jy wat nie
> bedwelming nodig het nie, se liggaam oortree jou reëls wanneer jy seerkry!
-----Maar jy het nie willekeurige beheer daaroor nie. Jy kan nie vinnig 'n
bietjie endorfien produseer net om jou pyn met Jake White se Bokke se
verloor te verlig nie.

>
>>> Die Bybel! - en elke mens se "common sense"!
>> -----En daai Bybel sê jy kan maar drink solank jy nie suip nie? Hier is
>> darem 'n heel paar ouens wat baie bly gaan wees!
>
> Jip! ----Sê mos hoeka julle is skynheilig.....
>
>
>>> "Common sense" sê dat obesiteit 'n misbruik is! - of om die kinders se
>>> kos vir die honde te gee - of om "morning, noon and night" te werk en
>>> geen tyd vir jou gesin te hê nie, jou liggaam en gees te "breek"! - of
>>> om
>>> onnodig en onverskillig te ry! - ens. Totius het tong in die kies gesê:
>>> Alles waar 'n "te" by kom, behalwe "te perd" en "tevrede", is verkeerd!
>> ----So as 'n ou 14 ure op 'n dag moet werk om vir die familie kos te gee
>> en hy nie die opleiding of kwalifikasies het om groter geld te verdien
>> nie, dan is hy 'n sondaar?
>
> Ag, man, jy weet wat ek bedoel! Jy soek net geselskap.
------Nee, nee. Jy is die man wat sê 'n man mag nie oordryf nie. As hy
ambisieus is en harder werk as wat hy nodig het om sy familie te voed, dan
kwalifseer hy vir sonde doen? Twak!
>
> Ek praat van "kerk" en jy reageer met "dominies".
> -"Kerk" en "dominie" is nie dieselfde ding nie
> - Dis 'n Roomse siening daai: "Ibi papa, ibi ecclesia!"
> - of te wel "Waar die pous (priester) is, is die kerk" !
----Hoe wil jy die amptenary van die kerk skei van mekaar? Hulle is die
bek van die kerk, om dit so te stel. Die PRO. Watter lidmaat sal dit
waag om op te staan in die kerk en vir die dominie sê Torretjie het gestorie
dat ons maar mag drink en dronkwees, solank ons net nie te veel suip nie.
Vra hy hulle hoe weet hulle wanneer is te veel drank te veel, dan sê hulle
Torretjie het gesê elke individu moet in sy Bybel lees en self besluit.
Lekker!
>
Re: Torreke en sy kerk [boodskap #112212 is 'n antwoord op boodskap #112204] Do, 18 Januarie 2007 13:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:eonkeo$675$6@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "Suidwester" < wrote
>
>> ---Jy lees verkeerd. Ek sê as 'n ou se dogter doodgeskiet word in 'n
>> roof [nie hy nie!] en jy, die prediker vertroos hom deur te sê dat hy
>> moet
>> berus want dit is die wil van God, dan praat jy eintlik twak?
>
> Nee, hy praat nie twak nie! Die sonde is onder die toelatende wil van
> God!
> God het toegelaat dat Job alles verloor (Job 1 en 2) om aan die Satan te
> bewys dat Job God nie dien om die finansiële gewin soos die duiwel
> beskuldig
> het nie, maar omdat Job God waarlik liefhet! ---Dis wat die storie vertel, ja.
>
> Om net na die "wil van God" in gebeure te verwys, is eintlik 'n halwe
> waarheid! Dit opereer met 'n voorstelling van God wat daar ver buite sit
> en
> goed bloot bestuur volgens sy wil.
> Jesus sê: Word twee mossies nie vir 'n stuiwer verkoop nie, en nie een val
> op die aarde sonder julle Vader nie. Let wel, "sonder DIE WIL van julle
> vader nie", maar wel "sonder julle
> Vader nie". Dit wil sê: God is by wanneer die mossies val! Die mossies
> se
> val staan nie los van God se bestaan nie - weg van sy teenwoordigheid nie!
> Die mossies se val sê nie God is afwesig nie! Ek herinner aan die
> voorbeeld van die
> magnetisme! Ek sou daarby kon voeg: Alle vorme van energie!
----So wat jy vir my sê is dat alles NIE geskied volgens God se wil nie?
Hy sit en kyk die storie so en sien net alles wat gebeur?
>
> Die dogter wat doodgeskiet word, gebeur nie sonder God nie! - sonder sy
> energie nie! - selfs nie die sonde nie! Dis wat so verskriklik is van die
> sonde! - dat God se energie téén Hom ingespan word!
----Interessant dat die God wat almagtig is en dat die moord in ons storie
nie volgens sy WIL is nie, sal sit en toekyk dat onskuldige mense vermoor
word? Net kyk en niks doen nie? Iets aan hierdie storie van jou rym nie
lekker nie....

>> ----Dis waar ek drasties met jou verskil. Hoe kan jy sê dat God se
>> bedoelings goed was deur 'n klein dogtertjie soos die een in die nuutste
>> Rapport, wees gelaat word deurdat albei ouers dood is? Watter nut of
>> beproewing kan daar wees vir so 'n klein kind wat nog nie eers kans gehad
>> het om droog te maak nie? Die enigste manier wat jy dit kan regverdig,
>> is om vir my te sê jy glo in die 'after life', nie noodwendig die hemel
>> nie want daarvoor moet jy eers later opstaan?
>
> Nee, ou vriend, ek weet nie waarom God dit toelaat nie! - maar dat Hy
> goeie
> bedoelings daarmee het, daarvan is ek seker. Dit sal wel later blyk.
----Maar jy het hierbo netnou gesê dat God nie beheer het oor hierdie
gebeurtenisse nie...net Sy teenwoordigheid?
>
> Nie net die Bybel nie, daar's derduisende voorbeelde elke dag hoe dat erge
> trauma die beste in mense na vore bring! Dis te midde van die
> vernietiging,
> bloed, dood en trane van oorlog dat die helde gebore word. Die Bybel sê
> dat
> ons deur die beproewing soos goud gelouter word. Ek het dit in my ouers
> se
> lewens gesien - persoonlik in my eie lewe ervaar! Elke gelowige sal vir
> jou
> sê dat die beproewings wat God oor jou bring, jou nader aan Hom bring en
> 'n
> beter Chrsiten van jou maak!
-----Ek was vele male in die situasie waar mense naby my doodgeskiet geword
en die een ding wat ek daaruit geleer het, was beter voorbereiding en om
beter te 'duck'.
>

>> Ek dink steeds dis nie die regte tyd om vir iemand wat
>>> in rousmart is oor sy verlies, sy "fout" / "sonde" onnodig in te vryf
>>> nie,
>> ---So jy lieg maar solank om die ou te troos?
>
> Kyk my antwoord hierbo! ----Presies!
>
>>> Het die lae misdaadsyfer in die Moslemlande niks met godsdiens te doen
>>> nie? -
>>> niks met die fanatieke toepassing van godsdienstige wette te doen nie?
>> ----Wat ek sê dit behoort niks met godsdiens te doene te hê nie. Dis
>> waarvoor jy wette behoort te hê en 'n stelsel wat dit reg toepas. Jou
>> kerk behoort boggerall invloed te hê oor hoe die land bestuur word.
>
> Nou verander jy jou storie. Jy't gesê die verval van dissipline in die
> land
> het niks met godsdiens te doen nie!
---Verskoon my, maar lees weer. Ek het gesê dit [die misdaadsyfer]het niks
met godsdiens te doen en en toe sê ek die verval van dissipline het niks met
godsdiens te doene nie....
>
> Natuurlik sal jy sê dat die kerk geen invloed mag uitoefen oor hoe die
> land
> bestuur word nie! Maar as ek sê "dis nie die staat se werk om voor te
> skryf
> dat ek net met een vrou getroud mag wees nie" (Netso min as wat die staat
> kan sê 'n witte mag nie met 'n swarte trou nie), dan vat jy my ook daaroor
> aan.
----Jy praat met 'n gesplete tong! Natuurlik is dit die bestuur van 'n
land se verantwoordelikheid om die wette vir sy gemeenskap te maak. Ek
reken die kerke kan insette lewer met die opstel van die wette om dit aan te
pas by godsdienstige invloede, maar die uiteindelike wet gaan die reëls van
die samelewing neerlê.

>> -----Was dit dalk nie eerder 'n geval waar die mense in die ou dae
>> oningelig was nie? Toe was dit makliker om die mense 'n storie te spin
>> en hul verbeelding het die res gedoen. Dit is soos die rugby. Meeste
>> mense dink Frik du Preez was hierdie moerse slot, maar die man was skaars
>> 6'2" lank en sou vandag skaars flank kon haal op sy lengte! Oor die
>> algemeen met Supersport raak rugby 'over exposed' deurdat die TV-kykers
>> elke plooi en spatsel kan sien en hul EIE opinies kan vorm en nie die van
>> die kommentators s'n nie. Is dit nie ook maar wat met die kerke gebeur
>> nie. Jy kan nie meer net 'BOO!!' skree en almal skik nie. Die mense
>> raak meer ingelig en vra aan hulleself meer vrae.
>
> Dit wat as aanvaarbare wetsgehoorsaame gedra beskou word,
> kan eenvoudig nie weggedink word van die godsdienstige wette waaruit die
> regstelsel gegroei het nie!
-----JY reken alle wette het 'n godsdienstige grondslag en dalk is dit so.
Ek sê nie die kerke is summier sleg nie. Dit is ook so dat lidmate van die
kerke oor die algemeen meer gematigde gedrag openbaar. So daar moet iets
goed wees aan die hele storie, die gee ek toe. Net so is lede van die
Lions ook veel meer betrokke by hulle gemeenskappe as wat meeste kerkers is,
en so aan. So ek pyn nie oor die goed wat die kerke doen nie. Dis 'n
uitstekende besigheid. Ek glo maar net nie slaaf die hele ou verhaaltjie
nie ......
>
> Jy projekteer jou sienings en redes waarom jy niks met die kerk te doen
> wil
> nie, oor op alle ander mense! Ek het nog baie min ongelowiges in my lewe
> te
> gekom!
-----Nou klink jy net soos Soois! Wil jy nie ook maar vir my 'kill file'
nie sodat ek kan verdwyn nie? Dis presies hoe julle kerkers is. Julle
glo julle storie met passie en praat daaroor met passie. Net so 'vermoor'
julle enige ander teenstand teen julle geloof met passie. Selfs ander kerke
wat nie soos julle glo nie [lees soos Katoliek] word gelooi by die enige
geleentheid, maar dat iemand dit nou waag en dieselfde met julle doen dan
tjank julle lang trane en wil skielik verdwyn. Hoekom? Julle is self nie
so lekker seker van julle saak nie!
>
> Die bangmaakstorie bestaan net in jou verbeelding!
> - dis nie die kerk se 'sales pitch' nie!
> - dis een van jou verkoopsstrategieë vir jou teorie teen God, die kerk en
> die kerkers!
-----Jy's 'n kwasi-prediker. Jy het nog nooit vir 'n persoon gesê dat as
hy nie glo nie, is hy verdoem tot die hel nie? Wat is dit anders as
afdreiging?

>> ----Mens praat so maklik van misdaad, maar het jy geweet dat hulle op 'n
>> kol 'n ondersoek gedoen het op alledaagse, goeie gemiddelde werkers in
>> die
>> semi-staat departemente van Pretoria en omgewing om te bepaal hoeveel
>> steel die mense van hulle werk? Jy moet onthou jou werkgewer betaal jou
>> om 8 ure te werk. So as jy lood swaai, dan steel jy van hom. Elke
>> potlood, pen en papier wat jy wegdra vir jou eie of jou kinders se
>> gebruik
>> is steel. As jy die firma se kar gebruik om vinnig vir jou 'n koerant
>> te
>> gaan koop, dan steel jy. As jy 'n stuk kos waarvoor jy 'n toelaag kry,
>> koop en jy weet eintlik moes jy nie nog weg van die firma af wees nie,
>> dan
>> steel jy. Fotostate vir jouself is steel. En so kan ek aangaan.....
>> Die syfers wat 'n plek soos Unisa jaarliks verloor aan 'geleende'
>> skryfbehoeftes, is skrikwekkend. Nou vertel weer vir my jou lidmate is
>> misdaadvry?
>
> Jy sê ek "preek"!
> - Wat is hierdie lesing oor al die maniere waarop mense hulle werkgewers
> besteel anders as 'n "preek" teenoor iemand wat dit in elk geval weet /
> behoort te weet?
----He-he!! Jy weet nie wat om te antwoord nie! Lekker! Jy sal vind dat
meeste van hierdie daaglikse stelers goeie Christen mense is wat elke Sondag
in die kerk sit! Steel jy? Het jy al tyd of skryfbehoeftes van jou
werkgewer gesteel? Wees 'n slag eerlik met jouself.

> Ek dink dis redelik om te aanvaar dat die ongelowige werknemers op
> dieselfde
> manier steel en ek het nog nooit ontken dat gelowiges sonde doen nie,
> inteendeel... So die twee balanseer mekaar!
> Ek het 'n stelling gemaak dat die kerkers nie die ouens is wat in die
> tronke
> beland nie - op enkeles na! - en daardie argument probeer jy systap met
> jou
> diefstal-prekie - jy beantwoord dit nie!
----Nee vriend, jy spartel. Die ongelowige ou steel 'eerlik' en worry nie
verder daaroor nie. Dis die 'gelowiges' wat steel en dan 'n heilige gesig
voorhou dat hulle lekker op pad na 'n hiernamaals is. Skynheilig...soos ek
van die begin af gesê het.

>> ----Ek persoonlik dink Verwoerd was die swakste leier wat SA ooit gehad
>> het. Dit het niks met intelligensie te doene gehad nie....hy het 'n
>> drastiese gebrek aan 'commen sense' gehad.
>
> Dan onderstreep jy mos net wat ek sê!
> Verwoerd se intelligensie en geleerdheid was nie 'n waarborg dat hy die
> pot
> missit nie, maar jy verwag die predikante se intelligensie en geleerdheid
> moet so 'n waarborg wees!
----Dan het julle kerke een moerse probleem as julle touleiers nie eers die
kerk se eie reëls kan volg nie.
>
> Doen jy nooit iets wat jy byvoorbaat weet is verkeerd nie?
----O baie! Net ek hou my nie self voor as hoogheilig nie. Ek jaag kak
aan met lus en vrede in die gemoed.

>> ----Presies, as daai selle ou sy buurvrou gespyker het, dan sê jy vir hom
>> hy moet dit nie weer doen nie en dan kan hy weer kerk toe kom? Dan sê
>> hy
>> OK en alles is reg volgens jou model? Intussen doen hy dit weer en weer
>> en as jy hom nie uitvang nie dan's alles dollies?
>
> Strooi! Jy opereer steeds met jou boetekaartjie - "delete"-knoppie
> wanvoorstelling! ----Nou vertel jy my op watter punt word ons owerspeler vergewe?
>
> 'n Mens word nie anders as deur die verdienste van Christus verlos nie! -
> en
> daardie verdienste verkry jy net deur die geloof in Hom.
----Nou kom jy presies waar jy twee dinge praat. As die ou glo en hy doen
sonde, dan is hy mos vergewe omdat hy glo? Wow!

>> ----So dis maar beter om sleg te wees en kerk toe te gaan as om goed te
>> wees en nie kerk toe te gaan nie?
>
> Dis 'n drogargument wat hoegenaamd nie afgelei kan word uit wat ek hierbo
> of
> op enige ander plek gesê het nie. ----Nou wat sê jy dan?
>
Re: Torreke en sy kerk [boodskap #112213 is 'n antwoord op boodskap #112207] Do, 18 Januarie 2007 14:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:eonket$675$9@ctb-nnrp2.saix.net...
>> -----Ek sê steeds hierdie is nie sinvol nie. Julle suiker die storie
>> net
>> om met 'n ander storie. 'n Gelowige kan gered word nie omdat hy self
>> homself kan regruk nie, hy moet deur die kerk en die geloof gaan om dit
>> te
>> doen, anders is dit 'n 'useless' oefening want hy kan nie 'nuut' gemaak
>> word nie as hy ongelowig is nie?
>
> Ek versuiker niks met 'n ander storie nie - dis jou strategie daai!
> Ons ontvang die saligheid deur die geloof, nie deur die kerk nie! Maar
> die
> kerk is wel die draer van die boodskap waardeur die geloof kom.
----Dan kan jy mos nie kerk en geloof van mekaar skei nie. Jy skuif bloot
die verantwoordelikhede van die een na die ander soos jy vashaak.

> As so 'n baba binne die verbond gebore is, het hy wel buite sy wete aan
> die
> verdoemenis in Adam deel, maar netso word hy buite sy wete in Christus in
> genade aangeneem.
---Spel vir my uit. As sy ouers ongelowiges was, dan is die baba gered
volgens julle?
>
>>> Om presies dieselfde rede! - om God te verheerlik!
>> ----Jy is fanaties en is dit nie teenstrydig met jou 'te' teorie nie?
>
> Is 'n kind wat so wil leef dat hy sy ouers eer, "fanaties"?
> Of is 'n werknemer wat sy werk so wil doen dat hy sy werkgewer plesier,
> "fanaties"?
> Is dit 'n "te" as jy jou ouers wil eer en jou werkgewer wil plesier?
----Ek is jammer, maar ek is nie 'n massavolger nie. Ek dink een leeftyd
van lewe is oorgenoeg.

> Vir my beteken "te" - "meer as wat nodig is". Wat beteken dit vir jou?
----Presies! Is 'n leeftyd se kerk nie vir jou genoeg nie? Jy is
fanaties en sommer ver te veel 'te'! Jy sondig!
>
> En vir my beteken "fanaties" dat iemand géén ruimte aan 'n ander gee om te
> glo en te doen wat hy/sy wil nie - desnoods met geweld hom dwing om te
> doen
> soos die fanatieke wil hê hy/sy moet doen. Wat beteken dit vir jou?
----Stem met jou saam. Soos julle kerkers niemand anders sy standpunt gun
nie. Jy sal weet!

> Die drang om te lewe is die mees basiese en die sterkste drang in alle
> lewende wesens!
----Miskien moet jy meer werk en minder droom? As ek so lees wat jy skryf,
dan het jy baie tyd vir oplees van dinge. Dit beteken vir my net een ding:
Jy lêóf nie jou lewe nie. So sit skouer aan wiel en doen iets sinvol met
jou twee hande vir 'n slag.

> As mens 'n lewende verhouding met 'n lewende liefdevolle Vader het, dan is
> dit die mees natuurlikste ding om dit te wil behou!
> Maar ek kan my goed voorstel dat as jy nie so 'n verhouding het nie, dan
> wil
> jy ook hê dat die dood die liggie vir goed uitknip.
> My verhouding met God, maak die lewe lekker en sinvol! - en daarom wil ek
> nie hê dit moenie ophou nie! - ek wil dit vir altyd hê! - volmaak hê!
> Maar SONDER God, sou my kos sy smaak verloor, seks net 'n liggaamsfunksie
> wees,
> my geld waardeloos! - dan sou mens sekerlik wens dat as jy dood is, net 'n
> karkas oorbly wat wegvrot!
----Ek het vreeslike slegte nuus vir jou. Jou karkas gaan net so vrot soos
myne.
>
> Die Bybel leer ons dat die "ewige lewe" 'n heerlikheid is wat geen oog
> gesien, geen oor gehoor en wat in die hart van geen mens opgekom het nie.
> Die Bybel druk dit gewoonlik net in die negatief uit - sê wat dit nie is
> nie! Geen dood, geen siekte, geen pyn, geen dag en nag, geen sonde! En
> positief in simboliese taal: 'n Stad (die Nuwe Jerusalem), met God wat dit
> verlig, en 'n boom wat dwarsdeur die jaar die vrugte van die lewe dra!
-----Ja swaer, so het die staatsdiens nog al die jare vir die amptenary
vertel het: Maak 'n loopbaan by ons en ons sal vir jou 'n pensioen gee wat
skrik vir niks nie. Jy sal vir jou 'n huisie by die see kan bou en elke
dag kan gaan visvang en skinder by die bure. Weet jy wat? Hier op ons
kus is letterlik swetterjoele afgetredenes en ek moet nog een ou kry wat nie
spyt is dat hy nie meer gelewe het toe hy jonk was nie. Ouderdom is nie
vir sissies nie. Wat help die geld as jyself moertoe is en dit nie kan
gebruik nie? Ek leef nie op beloftes nie.
>
> Om nou te maak of jy weet presies wat dit inhou en daarvoor te sê "Nee,
> dankie" is tipies van jou arrogansie! ----Soos ek hierbo sê, beloftes doen dit nie vir my nie.
>
> In ieder geval dink ek nie dat die verlostes net sal rondloop en vlerkies
> klap nie - ons gaan nie engele met vlerkies word nie! ----Sommer net vir die snaaksheid wat ek sien.....
>
> Ek stel my voor dat ons steeds sinvolle en kreatiewe werk sal doen. Die
> sonde het die lekker
> uit ons werk geneem en dit in moeite verander, het ons arbeid en godsdiens
> van mekaar geskei. Verlossing moet noodwendig ook beteken dat dié
> situasie
> weer omgedraai word na werk wat een plesier is! - wat nie moeite en
> verdriet
> is nie! - na 'n situasie waar ons werk godsdiens is en ons godsdiens werk!
----Ek wil nou nie snaaks wees nie, maar alles wat lekker is, is oor die
algemeen sonde! So wat gaan oor wees? G'n vet vleis nie, g'n tjoklits
nie en g'n vet biltong nie. Niks van ander se siele te versondig met die
stryery oor rugby nie, ens. Nee wat. 'Boring!'
>
> Maar al sou ons arbeid net wees om voortdurend God se lof te besing! - wat
> is lekkerder as samesang? - wat is meer verheffend as musiek? Hoe
> ongelooflik lekker moet dit wees om met 'n volmaakte, unieke stem, volmaak
> te kan sing? Hoe fantasties heerlik moet dit wees om deel van 'n
> volmaakte
> koor en volmaakte orkes te wees?
----Elke ou het sy eie voorkeure. Sang is nou nie juis my idee van
tydverdryf nie.....

>
> Is jy wat God se hand nêrens sien en nêrens wil sien nie, nie ewe
> "fanaties"
> nie?
-----Sekerlik, maar ek worry nie daaroor nie. Ek probeer jou nie oortuig
nie en ook nie ander kerkers nie. Ek dink ook nie jy is verlore omdat jy
'n kerkganger is nie. Elke ou het die reg om te doen wat hy wil. Ek
oordeel nie....reg in teenstelling met julle!
>
> As jy sê dat jy nie 'n gevoelswese is nie, dan is jy nie 'n mens nie, want
> alle mense is gevoelwesens! - die "chemistry" in jou brein beheer dit en
> jy
> kan maar min daaraan doen!
----Moet jy alles by die letter van die woord vat? Het jy g'n verbeelding
nie? Sal dromer jou beter pas?
>
> Of wag, miskien is jy regtig nie 'n gevoelswese is nie!!
> Miskien korrespondeer ek met 'n intelligente robot wat Toyota ontwerp
> en gebou het en wat ons almal nog al die tyd vir die gek hou omdat hy hom
> as
> 'n mens voordoen!! ----Toyota sal darem ten minste 'n betroubare robot bou.
>
> Man, as kommunikasie, onderhandelings, vredesamesprekings en watter ander
> "gimmic" die sondes en foute uit die weg kon "praat", dan het ons lankal
> 'n
> volmaakte wêreld gehad.
> Die mense "prata, prata, prata" maar die wêreld se probleme word net
> erger!
----Ja want julle gemagtigdes wil nie toelaat dat 'n ordentlike oorlog weer
bietjie die getalle verminder nie! Julle soek redes om moordenaars nie te
hang nie. Om stelers se hande nie af te kap nie. Om verkragters se vole
nie af te chop nie. Die wêreld en sy natuurlike bronne raak te klein vir
die massas mense.

>>> Maar hoe salig? Ek gaan nou 'n ding sê wat baie mense hier gaan skok:
>>> Daar is grade van saligheid en grade van hel!!!
>> ----Bel vir Marietta Theunessen en sê vir haar jy glo haar en die kerk
>> sal
>> jou verdoem tot in die Sahara en terug.
>
> Verskoon die onkunde, maar ek is nie met jou nie.
----Sy's mos die antie wat heldersiende is op TV? Verskeie predikante het
hulle verbaal gedistansie�r met haar storie.

>>> Wat ek wel sê, is: As iemand ernstig is oor sy geloof en verhouding met
>>> God, sal hy noodwendig ernstig wees oor 'n lewende verhouding met
>>> mede-gelowiges! - en daarom aan die kerk behoort!
----Wie's DIE kerk? Enige kerk?
>
>>> 'n Mens moet maar die kerk beoordeel aan die hand van die beginsels van
>>> die Skrif en aansluit by een wat na jou oordeel die naaste is aan wat
>>> God
>>> wil hê die kerk moet wees!
>> -----So jy moet iets ekstra doen om in die voorste gestoeltes te kom?
>
> Nou waar kom jy nou daaraan?
----OK. Wie bepaal watter kerk is die naaste aan wat God wil hê? Jy sê bv
NG, en 'n ander ou sê Katoliek. Die Jood hou vol dis hulle kerk.
>
>> Nou wonder ek wat sal jou beter maak? Net geloof? Of die ou wat die
>> meeste gee?
>
> Jou storie oor die kerk en die "bakhand" alweer. Nes 'n grammofoonplaat
> wat
> vasgehaak het...
---Nee swaer, ek het dit beleef. Meer spesifiek weet ek van manne wat kus
toe gekom het en met groot skenkings aan die kerk hulleself op die kerkraad
'ingekoop' het.
>
> Jy is darem so bekommerd oor jou geldjies - dat, as jy glo en by 'n kerk
> aansluit, hulle jou geldjies sal wil hê.
----Ons wil darem nou nie die kerk ryk genoeg maak om 'n casino te begin
nie!

>
>>> As die antwoord op lsg 3 vrae "ja" is, dan is dit beslis ook regverdig
>>> dat God net sommige mense uit die mensdom red en die ewige lewe gee!
>> -----So dit hang alles af van hoe gelukkig jy is by geboorte? Nou
>> verskil ek en jy heeltemal. Ek kan vir jou mense noem wat ek in my lewe
>> geken het wat nooit in sy lewe naby 'n kerk was nie en dis omdat daar
>> nooit 'n kerk bestaan het nie. Geslagte op geslagte swart Afrikane wat
>> gelewe en gedood het in Afrika vir duisende jare en almal is gedoem net
>> omdat hulle nog nie jou geloof geken het nie? Twak!
>
> Nou hoe moet ek jou nou verstaan? Jy vertel my as mens doodgaan is jy
> net
> 'n karkas ! - dus: ewig dood! - en as ek sê die ouens wat nie glo nie is
> ewig dood! - dan sê jy: "Twak!" -----Torreke, ou swaer, vriend, ek redeneer met jou oor jou standpunt, hoor!
>
>> Net soos die storie dat 'n baba voor hy gedoop is gedoem is as die sou
>> sterf.
>
> Watter kerk verkondig dit? ----Is dit nie die groot verskil oor groot en klein doop nie?
>
>> Jy praat van 'n genadige God. Wat jy vir my beskryf is die wreedste van
>> die wredes?
>
> Waarom is die verdoeming van mense wreder
> - as die verdoeming van biljoene sardyne?
> - of die verdoeming van biljoene spermselle?
> - of biljoene sade wat net in die grond vrot?
> - of plankton wat by die tonnemaat deur die walvisse gevreet word?
> - of die rooibokke wat by die dosyne in die leeus se pense eindig?
> - of die koedoe wat stukkie vir stukkie lewend deur die wilde honde
> gevreet
> word?
>
> Waarom is "natuurlike seleksie" vir jou aanvaarbaar, maar God se
> "seleksie"
> van sommige mense uit die gevalle mensdom, antwoord jy met: "Nee, en weer
> nee!"?
----Seker maar net oor die mens meer intelligent en 'die uitverkorenes is'.?
Jy dwaal. Ons redeneer oor jou standpunt.
>
> Kan jy God van wreedheid teenoor mense beskuldig, Suidwester?
> En wil jy nou 'n beskuldigende vinger na God wys omdat ek sê Hy maak met
> sy
> goed wat Hy wil?
> - en jou dan op die miljoene Afrikane beroep wat in hulle onkunde gesterf
> het?
> - Jy wat sê jy sorg vir jou hond want hy is jou verantwoordelikheid, maar
> jy
> het nie 'n saak met al die Afrikane wat in die
> lokasies krepeer en van ellende omkom nie?
> - Jy wat jou goed met niemand wil deel nie?
> - Jy wat sê dis jou goed en jy maak met jou goed wat jy wil!
----Maar ek het nooit gesê ek of enige mens is 'n god nie! Of dat ons nie
wreed en onregverdig is nie. JY is die een wat vir my wil vertel dat daar
'n opperwese is wat swakker is as die mens?
>
> - Is God onregverdig as Hy een vrot appel weggooi en 'n ander vrot appel
> se
> vrot uitsny en hou?
----En dis alles deel van Sy volmaakte skaping? Dalk nie so volmaak nie,
huh?
>
Re: Torreke en sy kerk [boodskap #112214 is 'n antwoord op boodskap #112205] Do, 18 Januarie 2007 14:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:eonkep$675$7@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "Suidwester" >>> -----Hier wil ek
>>>> > ook 'n straaltjie bypiepie. Wat is die nut van die magdom mense op
>>>> > aarde as die doel was dat net 'n klein hoeveelheid sou die hemel haal?
>
>>> Presies dieselfde as die biljoene sperms in een saadstorting terwyl net
>>> een
>>> die eier bevrug, die duisende ogies aan een boom, terwyl slegs enkeles
>>> nuwe
>>> takkies word, die biljoene sardyne in een skool terwyl slegs enkele
>>> duisende
>>> grootword. Kyk my ander antwoord oor die boesman.
>> -----Nee, en weer nee!
>
> Verbasend dat jy so skerp reageer terwyl jy in elk geval nie die Bybel
> aanvaar nie. Ek gee jou 'n argument wat ek uit die natuur neem. Jy
> ignoreer die argument, het nie 'n teenargument nie, maar sê: "Nee, en weer
> nee!"
----Maar swaer, JY is die een wat gesê het 'kyk my antwoord oor die
boesman'! Hoekom mag jy verwys en ek nie? Of moet ek vir jou dinge
duideliker uitspel?

> Jy sal nie glo as jy nie 'n uitverkorene is nie! Ek het jou en ander
> mense
> op die ng gesê dat ek jou nie kan oortuig om te glo nie - geen mens kan
> nie! - net die Heilige Gees kan! Die Gees gee die geloof aan mense wat
> uitverkies is. Die geloof is 'n gawe van God. Die geloof is die
> noodwendige gevolg van die uitverkiesing! As jy uitverkies is, sal jy
> glo!
----Nou wat sukkel jy? Ek is nie uitverkorene nie en al doen jy wat, ek
kan nie uitverkorene raak nie want as jy dit slaag om dit te doen, dan val
jou hele argument plat soos 'n pannekoek!
>
> So die argument van "as jy nie 'n uitverkorene is nie, gaan jou geloof nie
> help nie" is 'n drogredenasie wat op 'n wanvoorstelling berus!
----Lekker! Soos ek hierbo sê, jy reken as ek uitverkorene was, dan sou ek
geglo het. Nou wat anders beteken die omgekeerde dan? Luister na
jouself.....jy probeer bloot die argument wen.
>
Re: Torreke en sy kerk [boodskap #112215 is 'n antwoord op boodskap #112198] Do, 18 Januarie 2007 14:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:eonkej$675$3@ctb-nnrp2.saix.net...
>
>
>>> Ek ontken dat die kerk waaraan ek behoort die reëls so skryf dat dit
>>> elkeen
>>> pas!
>> ----Staan daar 'n reël dat as 'n lidmaat nie kerk toe kom nie, maar tog
>> sy
>> maandelikse bydrae gee, hy geskors moet word?
>
> Ek het jou op 'n ander plek gesê dis nie die kerk se werk om sondelysies
> op
> te stel nie.
----Nou wie is die bliksems wat so droogmaak dan?

> Ek het geweet jy sal nie die geleentheid laat verbygaan om die geloof, die
> Bybel, God, sy verlossing - alles! - te verkleineer en belaglik te maak
> nie!
>
> Die vraag is: Waarom, Suidwester?
----Omdat dit presies is wat gebeur het, jy kan my nie werklik antwoord nie
en dan verander jy in die rigting in 'n 'waarom doen jy dit'? Eintlik
erken jy jy het die redenasie verloor en daarom soek jy nou redes vir my
argumente. Dis presies waar ek was aan die begin van die redenasie en dit
is dat meeste van die kerkers behou vir hulle die reg voor om ongelowiges te
kritiseer, te verkleineer of belaglik maak, maar julle kan nie julle eie
medisyne vat nie. As jy my nie kan oortuig nie, dan beledig jy of dreig om
my te 'kill file' soos wat Soois gemaak het. Dit is onverdraagsaamheid in
die ergste graad en is julle eintlik nie eers waardig om julleself met die
geloof en die beeld van goedheid en verdraagsaamheid te identifiseer nie.
Dus: Julle is skynheilig en die fondamente van julle geloof is ook maar op
los sand gebou.
>
> Wat jaag jou?
> - dat jy my 'n die kerk 'n die geloof nie kan/wil uitlos nie?
> - dat jy die predikante, kerk, kerkers, geloof, ens. verkleineer en
> bespotlik probeer voorstel?
----Net as mens die anderkant van die draad bekyk, dan verkleineer jy en
bespot jy? Jy kan nie verdra dat 'n mens die anderkant moet raaksien nie
want jy is onseker oor jou eie saak!
>
> Ek sal jou sê wat ek dink die antwoord is!!!

-----Dankie vir die preek, maar moenie jou eie onvermoë daarin probeer
verskuil nie.
>
Re: Torreke en sy kerk [boodskap #112237 is 'n antwoord op boodskap #112152] Sa, 20 Januarie 2007 03:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hessie

Jy het my al voorheen op hierdie punt aangevat, waarna ek jou gevra het om
vir my enige godsdiens/religie te wys wat nie gegrond is nie op eie
verbetering van 'n persoon se self, om daardeur 'n hoër status, paradys,
nirvana, hemel, etc. te bereik. Ek ken nie al die godsdienste van die
wêreld nie, ek weet net dat ek as ellendige mens nie goed genoeg is om aan
die Skepper van die heelal te oortuig dat ek goed genoeg is vir Hom nie. Ek
noem weer die term "substitutional atonement" en vra jou watter religie in
die wêreld, anders as die Christelike geloof glo daaraan. Veroordeel ons
hulle wat anders glo? Nee, want ons is beveel om nie te veroordeel nie.
Vertel ons hulle wat ons glo die regte Weg is? Ja, want ons is beveel om dit
te doen. "Christene" wat ander veroordeel, tree verkeerd op, en daar is
ongelukkig sulkes, baie van hulle. Deur egter op die verskille te wys
tussen wat ek glo en wat ander glo, veroordeel ek nie mense nie. Die selfde
persoon wat my opdrag gegee het om nie ander te veroordeel nie, het vir my
gesê dat Hy die enigste weg tot die saligheid is en ek glo dit, soos Torreke
dit glo. Kundigheid oor ander gosdienste is van hulp, maar definitief nie
nodig nie. Maak dit my 'n christenvark? Dan is al wat ek vir jou kan sê:
"Oink, oink, oink dankie dat Jesus my gered het!"
"Hessie" wrote in message
news:1168955059.066040.292260@11g2000cwr.googlegroups.com...

Torreke skryf

> Dis juis die groot verskil tussen die christelike geloof en alle ander
> godsdienste. Die ander kom almal met 'n storie van jouself verlos deur
> jou
> eie goeie werke en jou eie verdienste.

Onsin, Torreke. Hierdie stelling bewys dat jy
(a) 'n Christian chauvinist pig is, wat dink dat
net jou standpunt die regte is.
(b) 'n Totale onkunde van "ander godsdienste."
(c) Deur hierdie stelling verloën jy ook die
rigsnoere van jou "eie godsdiens." Dink
daaraan.

Gloudina
Re: Torreke en sy kerk [boodskap #112275 is 'n antwoord op boodskap #112095] Ma, 22 Januarie 2007 07:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" <
> Wil jy dus se God het 'n klomp mense geskape in die wete en met die doel
> dat hulle nie eendag die ewige lewe kon / sou erf nie.

Jip!!!

So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil barmartig wees en Hy verhard wie Hy
wil verhard!
"Alles het God geskape vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van
oordeel!"
"Die pottebakker het mag oor die klei... (Romeine)
Re: Uitverkiesingsleer - was Re: Torreke en sy kerk [boodskap #112276 is 'n antwoord op boodskap #112201] Ma, 22 Januarie 2007 07:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" <wrote
> On Wed, 17 Jan 2007 08:20:39 +0200, "Torreke" <tor...@toktokkie.net>
> wrote:
>
>
>> Kerke / gelowiges wat die uitverkiesingsleer verwerp, voer ALTYD 'n vorm
>> van
>> eie verlossing in! - Christus PLUS nog iets! Dis so bitter moeilik vir
>> mense om te aanvaar dat hulle NIKS goeds uit hulle eie kan doen nie.
>> Christus PLUS "goeie werke" (Die Roomse Kerk). Christus PLUS my eie
>> keuse!
>> (Pelagiane, Remonstrante, Methodiste, Charismatiese) Christus PLUS die
>> groot
>> doop (Wederdopers, Baptiste en Charismatiese). Christus PLUS sewende dag
>> sabbat (7e Daagse Adventiste)


>
> en vir die tradisionele kerke is dit 'die Bybel PLUS die Heidelberg
> Katagisme'.

Staan terug en dan lees jy weer! Ek praat van "Christus PLUS..." en jy
verander dit na "die Bybel PLUS..."
Jy vergelyk nie appels met appels nie, my vriend!

Een van die grondbeginsels van die Gereformeerde godsdiens is "sola
scriptura" - "alleen die Skrif" as bron van kennis! Ek nooi jou vriendelik
uit om 'n greintjie bewys te lewer dat die Gereformeerdes êrens leer "die
Bybel PLUS die Heidelbergse Kategismus".

In ieder geval ontken jy nie dat julle leer "Christus PLUS my eie finale
keuse!" nie, inteendeel die Verklaring van Efesiërs 1:4 wat jy hieronder
aanhaal, bewys dit! Julle glo nie aan "sola gratia" - "genade alleen" nie -
maar aan genade PLUS my eie keuse!

>
> Ek is Pinkster georienteerd, en vir ons is dit nie 'Groot Doop' of
> 'Klein Doop' nie, maar wel 'doop na bekering' soos die skrif leer.

"'doop na bekering' soos die skrif leer'. Waar?

> (soos jy self gesê het,
> 'sal mense ooit 100% met alles kompleet saamstem(?):-)))'
>
>
> Efésiërs 1:4
> Soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld
> om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees

Dankie dat jy dit woord vir woord aanhaal!

> This is what God chose before the overthrow of Lucifer's world - that
> all of the new race of Adam who accept Jesus Christ should be holy and
> without blame before Him in love. It is this plan that is chosen for
> all believers, not the individual conformity of any one person to that
> plan.

Let op die byvoeging "all of the new race of Adam who accept Jesus Christ"
tussen die woorde "uitverkies..." en "...om"!!! Daar staan niks van in die
teks nie en dit kan nie uit die teks afgelei word nie. Hierdie is nie
eksegese (uitlegkunde) nie, maar eisegese (inlegkunde). Daar word in die
teks ingelees wat nie daar staan nie om by die teks wat andersins vierkantig
in die verklaarder se pad staan, verby te kom.

As mens die Bybel wil verklaar, moet jy éérlik wees! Jy moet uitlê wat die
teks sê - nie inlê wat jy graag wil hê dit moet sê nie!

Die teks wil eintlik net sê: God het ons nie uit verdienste gekies nie - nie
OMDAT nie, maar OM (sodat)... - nie omdat ons heilig en sonder gebrek was
nie! - maar sodat ons heilig en sonder gebrek sal wees. Ons goeie werke,
ingesluit ons keuse vir Hom, is
die gevolg, nie die oorsaak van ons verkiesing nie!

> The final choice is left up to the the individual and not to God. All
> are called and chosen to become holy before God in love if they want
> to accept this plan and choice of God, but only those who meet the
> conditions will be so blessed (Jn. 3:16-20; Mk. 16:15-16; 1 Tim. 2:4;
> 2 Pet. 3:9; Rev. 22:17;)

Ek vra jou net weer wat ek elders in ander woorde gevra het: Kan jy iets
sonder God doen? Kan jy kies as God jou nie die keuse laat maak nie? Het
ons dan 'n wil wat nie van God afhanklik is nie?

> This is the true meaning of election and predestination wherever
> found in Scripture, that is, the plan is predestined and foreknown,
> not the individual conformity to the plan.

Wie dit geskryf het, het nie so lekker konsekwent daaroor nagedink nie. God
het die plan opgestel en in die breë gepredestineer, sê hy, maar nie die
individuele persoon se konformering daarmee nie.

Met ander woorde: As Hy iemand liefhet, sy genade vir daardie persoon
aanbied, maar die persoon wil niks daarvan weet nie, dan staan dié almatige
God magteloos voor die mens wat Hy liefhet se onwilligheid! Regtig?

Hy beheer ALLES! - die wind en die wolke en die see! Gaan lees bietjie
weer Psalm 145 - 150 in die Bybel en die laaste hoofstukke van Job se
beskrywings van hoe God ALLES beheer en bestuur!

Hy regeer ALLES! - net die wil van die mens nie, sê jy: Voor die wil van die
mens moet selfs die almagtige God buig! Regtig?
Re: Torreke en sy kerk [boodskap #112280 is 'n antwoord op boodskap #112211] Ma, 22 Januarie 2007 07:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:eoo13p$8p6$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "Torreke" wrote in message
> news:eonkel$675$5@ctb-nnrp2.saix.net...

>>> ----Nee magtag! Nou het ek alles gehoor. Dubbelspraak in sy ergste
>>> vorm. So as die slegtheid jou pas en dis tot jou voordeel, doen dit? Wat
>>> van jy het nie bedwelming nodig as jou lewe reg is nie? Ek sou dink
>>> dit
>>> is wat die geloof behoort te propageer...juis dat jy nie bedwelming
>>> nodig
>>> het nie!

>> Wonder waarom jy die woord "magtig" nodig het om krag aan jou woorde te
>> verleen?
> ----Dis 'n manier van praat en dis nie vloek in enige vorm nie. Ek vra
> jou nie uit oor jou manier van praat nie.

Nee, jy beskuldig my net van skynheiligheid en vernis wat kwansuis sou
afkom!


>> Jou liggaam produseer ook 'n dwelmmiddel genaamd "endorfien" (saamgestel
>> uit "endo" en "morfien") om jou pyn te
>> verlig wanneer jy seerkry!! Dis dubbelslagtige gedrag, Mnr. Perfek,
>> dubbelslagtige gedrag! - jy wat nie
>> bedwelming nodig het nie, se liggaam oortree jou reëls wanneer jy
>> seerkry!
> -----Maar jy het nie willekeurige beheer daaroor nie. Jy kan nie vinnig
> 'n bietjie endorfien produseer net om jou pyn met Jake White se Bokke se
> verloor te verlig nie.

So redeneer jy alweer in 'n kring, so al om...

Jy't gewonder waarom 'n mens nou eintlik 'n behoefte aan verdowing sou hê.
Toe gee ek jou 'n rede! En ek wys jou sommer dat die natuur daardie
behoefte aanspreek. Nou kom jy met hierdie stront-storie van
"onwillekeurig". Probeer jou nou sê: Ja, dis goed as dit onwillekeurig
gebeur, maar willekeurige verdowing is verkeerd. Ons het nie 'n verstand en
'n wil gekry om dit verantwoordelik te gebruik nie.

Jy praat 'n bol pruimtwak! En die feit dat jy die verantwoordelike gebruik
wat in die Bybel goedgekeur word teenoor die misbruik wat afgewys word,
probeer afkraak en bespotlik voorstel, bewys jou onvermoë om gebalanseerd te
dink en te redeneer! Jy gebruik enigiets! - enigiets! - wat jy dink 'n
handvatsel is om die geloof in God, die kerk en die Woord by te kom.

En dan sê jy jy's so verdraagsaam!!!

>
>>
>>>> Die Bybel! - en elke mens se "common sense"!
>>> -----En daai Bybel sê jy kan maar drink solank jy nie suip nie? Hier
>>> is
>>> darem 'n heel paar ouens wat baie bly gaan wees!

>> Jip!
> ----Sê mos hoeka julle is skynheilig.....

Grammofoonplaat! met 'n stomp naald!


>>
>>>> "Common sense" sê dat obesiteit 'n misbruik is! - of om die kinders se
>>>> kos vir die honde te gee - of om "morning, noon and night" te werk en
>>>> geen tyd vir jou gesin te hê nie, jou liggaam en gees te "breek"! - of
>>>> om
>>>> onnodig en onverskillig te ry! - ens. Totius het tong in die kies
>>>> gesê:
>>>> Alles waar 'n "te" by kom, behalwe "te perd" en "tevrede", is verkeerd!
>>> ----So as 'n ou 14 ure op 'n dag moet werk om vir die familie kos te gee
>>> en hy nie die opleiding of kwalifikasies het om groter geld te verdien
>>> nie, dan is hy 'n sondaar?

>> Ag, man, jy weet wat ek bedoel! Jy soek net geselskap.
> ------Nee, nee. Jy is die man wat sê 'n man mag nie oordryf nie. As hy
> ambisieus is en harder werk as wat hy nodig het om sy familie te voed, dan
> kwalifseer hy vir sonde doen? Twak!

En ek sê: 'n Goeie begryper het 'n halwe woord nodig! En 'n man wat 'n
sinvolle gesprek wil voer, ruk nie wat iemand ander sê aspris uit verband en
verstaan aspris verkeerd nie.


>> Ek praat van "kerk" en jy reageer met "dominies".
>> -"Kerk" en "dominie" is nie dieselfde ding nie
>> - Dis 'n Roomse siening daai: "Ibi papa, ibi ecclesia!"
>> - of te wel "Waar die pous (priester) is, is die kerk" !
> ----Hoe wil jy die amptenary van die kerk skei van mekaar? Hulle is die
> bek van die kerk, om dit so te stel. Die PRO. Watter lidmaat sal dit
> waag om op te staan in die kerk en vir die dominie sê Torretjie het
> gestorie dat ons maar mag drink en dronkwees, solank ons net nie te veel
> suip nie. Vra hy hulle hoe weet hulle wanneer is te veel drank te veel,
> dan sê hulle Torretjie het gesê elke individu moet in sy Bybel lees en
> self besluit. Lekker!

Daar's 'n hemelsbreë verskil tussen die Roomse siening van "kerk" en die
Gereformeerde siening daarvan, die Roomse siening van die ampsdraers en die
Gereformeerde siening. Ons het dit nou die dag vir jou uitgewys toe jy die
NG Kerke se eiendomme so sommer in een pot wou roer.

Maar, nou ja, jy weet mos beter as enige kerker wat "kerk" en "amsdraers"
is....
Jy weet beter as enige kerker waaroor sonde en verlossing gaan.
Niks wat mens vir jou sê verander jou persepsies nie!
En alles wat mens vir jou sê, word met spot, skeeftrekking, verkleinering en
verwerping ("Ek weet beter") begroet!

G'n wonder Dave het na jou as "daai doos in Suid-Wes verwys nie".

Geniet gerus jou speletjie met ander mense, ek speel nie meer saam nie!
Re: Uitverkiesingsleer - was Re: Torreke en sy kerk [boodskap #112281 is 'n antwoord op boodskap #112186] Ma, 22 Januarie 2007 08:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Die fatalis sê: Alles is voorafbepaal! wat help dit dat ek 'n poging
aanwend? Ek is die ongelukkige slagoffer van wat gebeur en ek kan niks
daaraan doen nie.

Die predestinasieleer stem saam alles is vooruitbepaal, maar voeg daaraan
toe: Jy bly 100% verantwoordelik vir jou gedrag en waar jy teregkom. Ons
het nie 'n lysie uit die hemel gekry waarop die uitverkorenes se name
geskryf staan nie! - en géén insig in sy raadsplan vir die wêreld en vir ons
elkeen persoonlik nie, behalwe dit wat in die Bybel en meestal in baie
algemene of simboliese terme beskryf word! Vir ons is gesê: "Maak dissipels
van alle nasies...". Dus verkondig die kerk: "Glo in die Here Jesus
Christus en jy sal gered word!" Dis 'n belofte wat aan ALLE mense gemaak
word - en God maak nie valse beloftes nie! Hy sê: "Stry hard om in te gaan
deur die nou poort...",

Maar wanneer ons wel deur die nou poort is en ons sou terugkyk op die pad
wat ons gekom het, sal ons moet erken: Ons is deur daardie nou poort omdat
God ons gekies en daar deur gesleep het!

Eers wanneer elkeen sterf sal hy/sy persoonlik finaal sekerheid oor sy/haar
uitverkiesing/verwerping hê. En eers in die oordeelsdag wanneer Jesus
"skape" en "bokke" van mekaar afskei, sal ons insae in God se boeke kry
waarin Hy die name opgeskryf het...

"Katryn" skryf in boodskap news:us3tq2ld4palgt1qqjpa8j2sj1b65502m1@4ax.com...
> "Torreke" skryf:
>
>> Die sg. Calvinistiese uitverkiesingsleer is in werklikheid 'n
>> Augustiniaanse
>> uitverkiesingsleer. Calvyn en sy gereformeerde tydgenote het netso by
>> Augustinus gekry.
>
> Die bekende TULIP, nê?
> (Total Inherited Depravity, Unconditional Election, Limited Atonement,
> Irresistible Grace, and Perseverance of the saints.)
>
> Waaroor ek wonder, en hoop jy sal my kan antwoord - hoe verskil
> hierdie doktrine van "fatalisme" en "determinisme"?
>
Re: Torreke en sy kerk [boodskap #112282 is 'n antwoord op boodskap #112214] Ma, 22 Januarie 2007 08:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:eoo141$8p6$4@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "Torreke" wrote in message
> news:eonkep$675$7@ctb-nnrp2.saix.net...

>> "Suidwester"
>>>> >-----Hier wil ek
>>>> >> ook 'n straaltjie bypiepie. Wat is die nut van die magdom mense op
>>>> >> aarde as die doel was dat net 'n klein hoeveelheid sou die hemel
>>>> >> haal?
>>
>>>> Presies dieselfde as die biljoene sperms in een saadstorting terwyl net
>>>> een
>>>> die eier bevrug, die duisende ogies aan een boom, terwyl slegs enkeles
>>>> nuwe
>>>> takkies word, die biljoene sardyne in een skool terwyl slegs enkele
>>>> duisende
>>>> grootword. Kyk my ander antwoord oor die boesman.
>>> -----Nee, en weer nee!

>> Verbasend dat jy so skerp reageer terwyl jy in elk geval nie die Bybel
>> aanvaar nie. Ek gee jou 'n argument wat ek uit die natuur neem. Jy
>> ignoreer die argument, het nie 'n teenargument nie, maar sê: "Nee, en
>> weer
>> nee!"
> ----Maar swaer, JY is die een wat gesê het 'kyk my antwoord oor die
> boesman'! Hoekom mag jy verwys en ek nie? Of moet ek vir jou dinge
> duideliker uitspel?
>
>> Jy sal nie glo as jy nie 'n uitverkorene is nie! Ek het jou en ander
>> mense
>> op die ng gesê dat ek jou nie kan oortuig om te glo nie - geen mens kan
>> nie! - net die Heilige Gees kan! Die Gees gee die geloof aan mense wat
>> uitverkies is. Die geloof is 'n gawe van God. Die geloof is die
>> noodwendige gevolg van die uitverkiesing! As jy uitverkies is, sal jy
>> glo!
> ----Nou wat sukkel jy? Ek is nie uitverkorene nie en al doen jy wat, ek
> kan nie uitverkorene raak nie want as jy dit slaag om dit te doen, dan val
> jou hele argument plat soos 'n pannekoek!


Nog ek nog jy weet op hierdie oomblik met enige sekerheid of jy 'n
uitverkorene is of nie. Jy sê jy glo nie, ek glo dit nie. Maar al is dit
ook waar, beteken dit nie dat die Heilige Gees nie jou gesindheid op een of
ander stadium sal verander en dat jy dan wel tot die geloof kom nie.

Ek saai saad! Dis my opdrag! Of jy glo of nie. Dis die Heilige Gees wat
die saad sal laat groei, as Hy so wil!

>> So die argument van "as jy nie 'n uitverkorene is nie, gaan jou geloof
>> nie help nie" is 'n drogredenasie wat op 'n wanvoorstelling berus!
> ----Lekker! Soos ek hierbo sê, jy reken as ek uitverkorene was, dan sou
> ek geglo het. Nou wat anders beteken die omgekeerde dan? Luister na
> jouself.....jy probeer bloot die argument wen.

Lees hierbo! Lees ook wat ek vir Katryn gesê het oor hoe die
uitverkiesingsleer van fatalisme verskil.
Re: Torreke en sy kerk [boodskap #112283 is 'n antwoord op boodskap #112215] Ma, 22 Januarie 2007 08:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:eoo142$8p6$5@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "Torreke" wrote in message
> news:eonkej$675$3@ctb-nnrp2.saix.net...

>>
>>>> Ek ontken dat die kerk waaraan ek behoort die reëls so skryf dat dit
>>>> elkeen
>>>> pas!
>>> ----Staan daar 'n reël dat as 'n lidmaat nie kerk toe kom nie, maar tog
>>> sy
>>> maandelikse bydrae gee, hy geskors moet word?

>> Ek het jou op 'n ander plek gesê dis nie die kerk se werk om sondelysies
>> op
>> te stel nie.
> ----Nou wie is die bliksems wat so droogmaak dan?

Jy bly opereer met jou verkeerde siening van die kerk - die Roomse een! -
wat "dominie" en "kerk" aan mekaar gelykstel.
Ek herhaal dis nie kerk se werk om sondelysies op te stel nie! - dis wel die
kerk se werk om die beginsels uit te spel en dit aan die lidmate se
verantwoordelikheid oor te laat om dit in sy eie lewe toe te pas. Dit
beteken beslis nie dat 'n predikant nie in sy toepassing van 'n preek tussen
regte en verkerd gedrag by wyse van voorbeeld kan onderskei nie!

>
>> Ek het geweet jy sal nie die geleentheid laat verbygaan om die geloof,
>> die Bybel, God, sy verlossing - alles! - te verkleineer en belaglik te
>> maak nie!

>> Die vraag is: Waarom, Suidwester?
> ----Omdat dit presies is wat gebeur het, jy kan my nie werklik antwoord
> nie en dan verander jy in die rigting in 'n 'waarom doen jy dit'?
> Eintlik erken jy jy het die redenasie verloor en daarom soek jy nou redes
> vir my argumente. Dis presies waar ek was aan die begin van die
> redenasie en dit is dat meeste van die kerkers behou vir hulle die reg
> voor om ongelowiges te kritiseer, te verkleineer of belaglik maak, maar
> julle kan nie julle eie medisyne vat nie. As jy my nie kan oortuig nie,
> dan beledig jy of dreig om my te 'kill file' soos wat Soois gemaak het.
> Dit is onverdraagsaamheid in die ergste graad en is julle eintlik nie eers
> waardig om julleself met die geloof en die beeld van goedheid en
> verdraagsaamheid te identifiseer nie. Dus: Julle is skynheilig en die
> fondamente van julle geloof is ook maar op los sand gebou.

Ja, nou probeer jy my in die hoek inverf waar jy staan.


>> Wat jaag jou?
>> - dat jy my 'n die kerk 'n die geloof nie kan/wil uitlos nie?
>> - dat jy die predikante, kerk, kerkers, geloof, ens. verkleineer en
>> bespotlik probeer voorstel?
> ----Net as mens die anderkant van die draad bekyk, dan verkleineer jy en
> bespot jy? Jy kan nie verdra dat 'n mens die anderkant moet raaksien nie
> want jy is onseker oor jou eie saak!

Ek is nie onseker van my saak nie! - ek het géén rede om te wees nie! - jy
is onseker van jou saak en jy het alle rede om te wees!


>> Ek sal jou sê wat ek dink die antwoord is!!!
>
> -----Dankie vir die preek, maar moenie jou eie onvermoë daarin probeer
> verskuil nie.

Eerste keer wat jy "dankie" sê vir 'n preek! Jy vorder!!!!

Die feit dat jy die "preek" uitvee en dit op my probeer omdraai, wys dit het
getref waar dit saakmaak!
Re: Torreke en sy kerk [boodskap #112291 is 'n antwoord op boodskap #112283] Ma, 22 Januarie 2007 09:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:ep1tml$ivi$14@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:eoo142$8p6$5@ctb-nnrp2.saix.net...

>> "Torreke" wrote in message
>> news:eonkej$675$3@ctb-nnrp2.saix.net...
>
>>> Ek het jou op 'n ander plek gesê dis nie die kerk se werk om sondelysies
>>> op
>>> te stel nie.
>> ----Nou wie is die bliksems wat so droogmaak dan?
>
> Jy bly opereer met jou verkeerde siening van die kerk - die Roomse een! -
> wat "dominie" en "kerk" aan mekaar gelykstel.
> Ek herhaal dis nie kerk se werk om sondelysies op te stel nie! - dis wel
> die kerk se werk om die beginsels uit te spel en dit aan die lidmate se
> verantwoordelikheid oor te laat om dit in sy eie lewe toe te pas. Dit
> beteken beslis nie dat 'n predikant nie in sy toepassing van 'n preek
> tussen regte en verkerd gedrag by wyse van voorbeeld kan onderskei nie!
----Ek vra weer, wie is die mense wat besluit dat as 'n ou nie kerk toe gaan
nie en ook nie 'n bydrae maak nie, dat die kerk kan weier om vir die persoon
of 'n lid van sy familie 'n begrafnis te gee?
>
> Ja, nou probeer jy my in die hoek inverf waar jy staan.
----Snaaks ek staan vas en lekker op my standpunt. Jy's die een wat
spartel.
>
> Ek is nie onseker van my saak nie! - ek het géén rede om te wees nie! - jy
> is onseker van jou saak en jy het alle rede om te wees! -----Hoekom? Omdat ek nie glo wat jy glo nie? Jy is verwaand!
> Eerste keer wat jy "dankie" sê vir 'n preek! Jy vorder!!!!
>
> Die feit dat jy die "preek" uitvee en dit op my probeer omdraai, wys dit
> het getref waar dit saakmaak! ----Ek het nie ADSL nie en ek maak die goed so kort moontlik.
>
Re: Torreke en sy kerk [boodskap #112292 is 'n antwoord op boodskap #112282] Ma, 22 Januarie 2007 09:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:ep1tmk$ivi$13@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> Nog ek nog jy weet op hierdie oomblik met enige sekerheid of jy 'n
> uitverkorene is of nie. Jy sê jy glo nie, ek glo dit nie. Maar al is dit
> ook waar, beteken dit nie dat die Heilige Gees nie jou gesindheid op een
> of ander stadium sal verander en dat jy dan wel tot die geloof kom nie.
>
> Ek saai saad! Dis my opdrag! Of jy glo of nie. Dis die Heilige Gees wat
> die saad sal laat groei, as Hy so wil!
-----Een ding kan ek vir jou mooi sê: 'n boer sal jy nooit wees nie want
jy ken nie eintlik van saai nie.
Re: Torreke en sy kerk [boodskap #112294 is 'n antwoord op boodskap #112280] Ma, 22 Januarie 2007 09:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:ep1tmi$ivi$11@ctb-nnrp2.saix.net...
> Jy praat 'n bol pruimtwak! En die feit dat jy die verantwoordelike
> gebruik wat in die Bybel goedgekeur word teenoor die misbruik wat afgewys
> word, probeer afkraak en bespotlik voorstel, bewys jou onvermoë om
> gebalanseerd te dink en te redeneer! Jy gebruik enigiets! - enigiets! -
> wat jy dink 'n handvatsel is om die geloof in God, die kerk en die Woord
> by te kom.
>
> En dan sê jy jy's so verdraagsaam!!!
-----Ek is die een wat nog die hele tyd sê dit maak nie vir my saak wat die
Bybel sê nie. Dis vir jou riglyne en nie vir my nie. Ek bly steeds by my
standpunt dat 'n organisasie soos 'die kerk' [almal van hulle] protesteer
teen die gebruik van gevaarlike dwelms, dan ignoreer hulle gerieflik vir
alkohol wat die gevaarlikste van almal is. Hoekom? Seker omdat julle
kerkers almal aan ontrekkingsimptome gaan ly? Hoekom anders? Omdat suip
lekker is? Omdat bedwelming lekker is? Twak man!

> Grammofoonplaat! met 'n stomp naald!
----Wat die waarheid so in jou ore uitkras.........

>>> Ag, man, jy weet wat ek bedoel! Jy soek net geselskap.
>> ------Nee, nee. Jy is die man wat sê 'n man mag nie oordryf nie. As
>> hy ambisieus is en harder werk as wat hy nodig het om sy familie te voed,
>> dan kwalifseer hy vir sonde doen? Twak!
>
> En ek sê: 'n Goeie begryper het 'n halwe woord nodig! En 'n man wat 'n
> sinvolle gesprek wil voer, ruk nie wat iemand ander sê aspris uit verband
> en verstaan aspris verkeerd nie.
----Nog 'n voorbeeld van jou skeiheiligheid. Jy plooi dinge om jouself en
jou gebruike te pas.

>> ----Hoe wil jy die amptenary van die kerk skei van mekaar? Hulle is die
>> bek van die kerk, om dit so te stel. Die PRO. Watter lidmaat sal dit
>> waag om op te staan in die kerk en vir die dominie sê Torretjie het
>> gestorie dat ons maar mag drink en dronkwees, solank ons net nie te veel
>> suip nie. Vra hy hulle hoe weet hulle wanneer is te veel drank te veel,
>> dan sê hulle Torretjie het gesê elke individu moet in sy Bybel lees en
>> self besluit. Lekker!

> Maar, nou ja, jy weet mos beter as enige kerker wat "kerk" en "amsdraers"
> is....
> Jy weet beter as enige kerker waaroor sonde en verlossing gaan.
> Niks wat mens vir jou sê verander jou persepsies nie!
> En alles wat mens vir jou sê, word met spot, skeeftrekking, verkleinering
> en verwerping ("Ek weet beter") begroet!
-----Ja en jy redeneer soos 'n vroumens. As jy nie 'n standpunt kan maak
nie, dan verwyt jy. Hie-haa-haaa!!!!!
>
> G'n wonder Dave het na jou as "daai doos in Suid-Wes verwys nie".
------Ek het die ou drol heel eerste as die Dom Doos gebrandmerk doer in die
jare toe hy gereken het jy sien die wit strepe op die soutpaaie langs ons
kus. Ek het vir hom gesê hy moenie so lieg nie en toe tjank hy. En so
aan.....
>
> Geniet gerus jou speletjie met ander mense, ek speel nie meer saam nie!
----Aag OK. Soos jy sê jy kan nie meer nie. So, gaan sit maar in jou
hoek en breek jou speelgoed. Die oom sal jou darem nie pakslae gee daaroor
nie, hoor!
>
Re: Torreke en sy kerk [boodskap #112299 is 'n antwoord op boodskap #112294] Ma, 22 Januarie 2007 15:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Mmmmm. Suidwester - geloof, op sigself, is ook 'n baie potente dwelm....

Annette

" Dis vir jou riglyne en nie vir my nie. Ek bly steeds by my
> standpunt dat 'n organisasie soos 'die kerk' [almal van hulle] protesteer
> teen die gebruik van gevaarlike dwelms, dan ignoreer hulle gerieflik vir
> alkohol wat die gevaarlikste van almal is.
Re: Uitverkiesingsleer - was Re: Torreke en sy kerk [boodskap #112304 is 'n antwoord op boodskap #112276] Ma, 22 Januarie 2007 18:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 22 Jan 2007 09:35:47 +0200, "Torreke" wrote:

> "'doop na bekering' soos die skrif leer'. Waar?
>

Mt. 28:19

in alle gevalle is belydenis gevra voor die doopsessie
Mt. 3;8,11; Mk. 1:5; Lk. 3:3;
Lk. 3:8-14; Hand. 2:38

Op 'n vreemde wyse is ek op hierdie oomblik gelei na Jak. 2: 20-26

Slegs gelowiges is gedoop na bekering
Mt. 28:19; Mk. 16:16; Hand. 2:38, 41; 8:12-13, 37-38;
Hand. 16:14-15; 31-33; 18:8; 19:1-7;
en in sommige gevalle na vervulling met die Heilige Gees
Hand. 9: 17-18; 10:44-48

Jesus wat geen sonde gehad het nie, het hom laat doop
om alle geregtigheid te laat vervul.

dit is 'n simbool van die dood en opstanding van Jesus

Nie 'n absolute vereiste nie 1 Kor 1: 13-21

Christus vergewe sonde sonder die doop Mt. 9: 1-7
Luk 7: 36-50; en vele meer

>
>> (soos jy self gesê het,
>> 'sal mense ooit 100% met alles kompleet saamstem(?):-)))'


>> Efésiërs 1:4
>> Soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld
>> om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees
>
> Dankie dat jy dit woord vir woord aanhaal!
>
>
> Met ander woorde: As Hy iemand liefhet, sy genade vir daardie persoon
> aanbied, maar die persoon wil niks daarvan weet nie, dan staan dié almatige
> God magteloos voor die mens wat Hy liefhet se onwilligheid! Regtig?
>
> Hy beheer ALLES! - die wind en die wolke en die see! Gaan lees bietjie
> weer Psalm 145 - 150 in die Bybel en die laaste hoofstukke van Job se
> beskrywings van hoe God ALLES beheer en bestuur!
>
> Hy regeer ALLES! - net die wil van die mens nie, sê jy: Voor die wil van die
> mens moet selfs die almagtige God buig! Regtig?
>
>
>

Jou laaste sin sê vir my dat jy te veel met die namibiër gesels, en
nou al sy spreektaal ook aanleer. Want wat jy hier doen, is tipies
waarvan jy hom beskuldig - my buite verband aanhaal.

Die almagtige God is soos gesê, almagtig.

Hy het egter nie robots geskep nie, en aan die mens 'n diskressie
gegee. Om mee te doen soos ons goed dink. En aan ons 'n Handboek gegee
met verduideliking waarheen die verskillende diskressies lei.

Ek is nie van plan om dit nou te gaan soek nie, maar erens hier het jy
jouself weerspreek deur te sê:
1. Slegs uitverkorenes sal glo
2. Slegs na jou dood sal jy weet
Dat ek dit nie eers gaan uithaal nie, wys vir jou hoe min lus ek is
vir 'n stryery. (Seker verbaas dit sommige bekendes hier, maar
mens word langs die pad groot:-)

Opsomming:
Slegs een plek het jy en ek 'n 100% verskil in
siening. Dit is jou siening oor uitverkiesing teenoor my absolute
geloof in 'n regverdige God wat niemand wat na Hom gaan sal
verwerp nie. En dat almal geroep is. Onthou jy die kaartjies wat
volop was in ons kinderjare - prentjie van Hom wat klop aan 'n deur
met die woorde 'Ek klop en as jy oopmaak, sal Ek ingaan'
Daarin glo ek steeds soos 'n kind.

Die verskil in siening hieroor is vir my geen uitnodiging
tot 'n stryery nie.
Re: Torreke en sy kerk [boodskap #112316 is 'n antwoord op boodskap #112299] Di, 23 Januarie 2007 06:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Yep. Dit maak 'n deur oop vir jou om alles onwettig en onheilig te geniet
'n te kan regverdig want jy het mos die agterdeur wat vir jou alles kan
vergewe en regmaak. Dit móét verslawend wees want nes enige dwelm bied dit
'n uitweg van jou gewete af.......

"Annette" skryf in boodskap news:1169480530.654756@vasbyt.isdsl.net...
> Mmmmm. Suidwester - geloof, op sigself, is ook 'n baie potente dwelm....
>
> Annette
>
> " Dis vir jou riglyne en nie vir my nie. Ek bly steeds by my
>> standpunt dat 'n organisasie soos 'die kerk' [almal van hulle] protesteer
>> teen die gebruik van gevaarlike dwelms, dan ignoreer hulle gerieflik vir
>> alkohol wat die gevaarlikste van almal is.
>
Re: Uitverkiesingsleer - was Re: Torreke en sy kerk [boodskap #112317 is 'n antwoord op boodskap #112304] Di, 23 Januarie 2007 06:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" skryf in boodskap news:uqn9r2hdm3fgl8l7l75mh972b5jpqmvcif@4ax.com...

> Slegs een plek het jy en ek 'n 100% verskil in
> siening.

En hier stem ek weer 100% saam met jou Dave

Dit is jou siening oor uitverkiesing teenoor my absolute
> geloof in 'n regverdige God wat niemand wat na Hom gaan sal
> verwerp nie. En dat almal geroep is. Onthou jy die kaartjies wat
> volop was in ons kinderjare - prentjie van Hom wat klop aan 'n deur
> met die woorde 'Ek klop en as jy oopmaak, sal Ek ingaan'
> Daarin glo ek steeds soos 'n kind.
Re: Torreke en sy kerk [boodskap #112321 is 'n antwoord op boodskap #112299] Di, 23 Januarie 2007 07:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" Mmmmm. Suidwester - geloof, op sigself, is ook 'n baie potente dwelm....[/color]

En jy kan natuurlik uit eerstehandes ervaring praat, nie waar nie?
Re: Torreke en sy kerk [boodskap #112330 is 'n antwoord op boodskap #112321] Di, 23 Januarie 2007 08:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:ep4bt2$g7r$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "Annette" > Mmmmm. Suidwester - geloof, op sigself, is ook 'n baie potente dwelm....
>
> En jy kan natuurlik uit eerstehandes ervaring praat, nie waar nie? ----Observasie, broer, obeservasie! Ons kyk mos vir jou!!
>
Re: Uitverkiesingsleer - was Re: Torreke en sy kerk [boodskap #112335 is 'n antwoord op boodskap #112304] Di, 23 Januarie 2007 10:15 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" Die verskil in siening hieroor is vir my geen uitnodiging[/color]
> tot 'n stryery nie.

Baie "vasgevang" vandag met te veel goed wat onbepland om my afgestorm het.
Daarom reageer ek net gou op hierdie laaste sin wat ek graag wil
onderstreep: Ek wil ook nie met jou of Riaan in 'n stryery betrokke raak
nie. Ek dink ons almal vind veel meer vreugde in die feit dat ons gelowiges
is as oor die punte waar ons van mekaar verskil. Enige verdere diskussie
oor die doop, uitverkiesing, ens. sou ek in daardie gees wou hou - 'n
diskussie en gedagtewisseling! - en nie 'n stryery nie.

Dis altyd moeilik om te besluit presies wanneer mens so 'n gesprek soos ek
met Suidwester gehad het, moet beëindig... Jy's reg ek het te lank met
Suidwester gestry! Jy sou wel moontlik opgemerk het dat ek hom gesê het
hy kan maar sy speletjie met ander mense speel, ek speel nie verder saam
nie! Hy laat my nogal verstaan wat die Here bedoel het toe Hy gesê het:
Dit is makliker vir 'n kameel om deur 'n naald se oog te gaan as vir 'n ryk
man om in die Koninkryk van die hemele te kom. Tog.... Al is ek nie bereid
om verder met hom te praat nie, sal ek nie ophou om vir hom te bid nie.
Vorige onderwerp: Groepe in en om die kerk
Volgende onderwerp: Geloofsgeneesing
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 12:02:13 MGT 2024