Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Reis & vakansie » 'n Naweek Uitstappie
Re: Vang 'n gly en skaats .... [boodskap #61508 is 'n antwoord op boodskap #61505] Vr, 03 Mei 2002 17:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> My woordeboeke gee "slegs ek vang 'n gly" en nie
> "ek vang 'n skaats nie". Ek het al albei gehoor, maar
> gebruik self net eersgenoemde. Laasgenoemde het
> vermoedelik in onbruik verval.

Ek sal vir my een suster vra. As sy nie
daarvan gehoor het nie, sal ek ingee dat
ek verkeerd is. Ek dink jy kan nie in
'n woordeboek 'n hele frase soek nie,
Wouter. In ons Idiomatiese woordeboek
is daar geen spoor van "ek vang 'n gly"
nie. In ons woordeboek is daar geen
betekenis van "gly" wat naastenby kom
aan " 'n skaats het" nie. Ek sal verbaas
wees as iemand in enige Departement van
Afrikaans-Nederlands hierdie slang-frase
as "goeie Afrikaans" sal bestempel. Maar
laat ons nou kyk wat my suster sê. Baie
mense het al staatgemaak op haar kennis
van die taal. Laat ons sien.

Gloudina
Re: Vang 'n gly en skaats .... [boodskap #61515 is 'n antwoord op boodskap #61508] Vr, 03 Mei 2002 20:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter
> My woordeboeke gee "slegs ek vang 'n gly" en nie
> "ek vang 'n skaats nie".

Gloudina
Ek dink jy kan nie in 'n woordeboek 'n hele frase soek nie, Wouter.

Wouter
gly, (ge-), glide, slip, skid; slide;
iets LAAT ~, let something go;
oor 'n SAAK ~, treat a matter lightly;
iets in die SAK laat ~, slip something into a pocket;
~dende SKAAL, sliding scale;
'n ~ in iem., iets VANG, (geselst.), be irritated by something (someone)

skaats, (s) (-e), skate; (w) (ge-), skate
Re: My hart verlang na die Drakensberge [boodskap #61516 is 'n antwoord op boodskap #61498] Vr, 03 Mei 2002 22:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Doringrosie  is tans af-lyn  Doringrosie
Boodskappe: 19
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Junior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> Ek moet byvoeg, ek het meeste van hierdie
> pieke bereik deur die baie langer maar makliker
> toeriste-paaie na die piek. Niks het ons egter
> voorberei vir die kettingleer net onder die
> plato bo op Mont-aux-Sources nie (waar ons die
> nag wou slaap nie.) Ons, drie mans en drie meisies,
> het sterk daaraan gedink om om te draai, maar is
> tog toe maar op. Ek het hardop begin sing van die
> banggeid. My vriendin Rita sê toe later vir my sy
> wou doodgaan van vrees, maar toe sy my hoor sing,
> toe dink sy, as Gloudina sing-sing die ding kan
> uitklim, moet sy maar ook haar moed bymekaarskraap.
>
> Gloudina

DR: Dan het ons sowaar veel meer in gemeen! Toe ek tyd en dae gelede
n offisier in die Voortrekkers was met n spannetjie dogters, het ek
hulle altyd geleer om te sing wanneer mens bang word. En een jaar was
ons op n kamp waar ons skielik deur n onverwagte donderstorm oorval
is. Ek het van twee dogters verdwaal geraak en toe ek hulle ná die
storm gaan soek, het ek hulle styf in mekaar se arms allenig in n
groot weermagtent gekry. Hulle vertel my toe dat hulle dwardeur die
storm en hael gesing het en dat die singery gehelp het vir hul
bangheid!
Re: 'n Naweek Uitstappie [boodskap #61519 is 'n antwoord op boodskap #61480] Vr, 03 Mei 2002 22:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> Annette wrote:
>
>
>> Maar ons praat nooit ooit van 'n skaats in iets het nie - vra maar vir jou
>> manlief G.
>
> Ek beledig nie my man deur hom "manlief" te
> noem nie. Ek het 'n skaats daaraan. Maar hy
> is baie seker dat hy ook die uitdrukking ken.
> Dis vir my baie snaaks dat julle dit nie ken
> nie. Ek sal wyer aan my korrespondente in SA
> hieroor moet vra.
>
> Gloudina

KinkY: Is hy dan nou iemand anders se "manlief" of hoe sou jou man
die uitdrukking ken?
Re: Vang 'n gly en skaats .... [boodskap #61521 is 'n antwoord op boodskap #61515] Sa, 04 Mei 2002 01:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> 'n ~ in iem., iets VANG, (geselst.), be irritated by something (someone)

OK, Wouter, ek gee op. Al wat ek kan sê, is dat
ek nog nooit hierdie uitdrukking gehoor het of
gelees het nie. En dat dit vir my baie kunsmatig
en common klink. En dat dit snaaks is dat 'n
uitdrukking soos "ek het 'n skaats in..." so
gou kan uitsterf in 'n taal. Want ons het dit
definitief op Stellenbosch gebruik. En nie net
in my klein kring in Huis de Villiers nie. Hulle
moes dit ook in Huis Marais geken het, waar my
man was.

Gloudina
Re: My hart verlang na die Drakensberge [boodskap #61522 is 'n antwoord op boodskap #61507] Sa, 04 Mei 2002 01:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Dave Du Plessis wrote:

> sy praat van die klim teen die op omdat hulle haar
> omgekoop het met "vir Champagne en Castle. net onder
> die laaste piek"

Ek weet nie of hulle dit vandag nog doen
nie, maar mense wat vir Champagne Castle
geklim het, het sjampanje gekry by hulle
terugkoms.
Ek kan nou nog onthou hoe teleurgesteld
ek was dat hulle nie maar vir ons sjampanje
gegee het nie, want ons het so naby die
hoogste punt omgedraai. Ons was eintlik daar,
op die plato, maar moes terugdraai omdat dit
al so laat geword het. Ons is vieruur in die
oggend weg van die hotel. Ek, 'n vriendin
Margaret en twee jong Frans-sprekende sendelinge
uit Lesotho. Ons het seker ses of sewe uur geloop
voordat ons by die onderkant van die piek gekom
het. Teen hierdie tyd het die twee Franse besluit
dat hulle nie verder kan nie, en Margaret en ek
is toe met ons omtrent sestienjarige klein Sotho-
gids verder. Hy het geen Engels geken nie. Elke
keer wanneer die voetpad langs 'n baie senutergende
afgrond gaan, en ek senuweeagtig vra of ons nie
daar gaan afval nie, dan sê hy "yes." Uiteindelik
is ons toe bo op die plato, maar nadat ons daar
ge-eet het, het ons besluit om om te draai, want
dit was al redelik laat in die middag. Toe ons
aan die voet van die berg kom, vind ons tot ons
verbasing dat die twee sendelinge vir ons gewag het.
Ons is toe terug, deels in die maanskyn, want ons
het eers twee-uur in die nag by die hotel uitgekom.
Alhoewel ons nie sjampanje gekry het nie, het
'n goeie bergklimmer vir ons uitgenooi om saam met
hom in die berge te stap. Ongelukkig (of gelukkig)
moes ons terug, want dit was aan die einde van ons
skoolvakansie.
Een goeie wenk vir amateurs in die Drakensberge.
Moenie hoë pieke aanvat sonder dat jy dae voor die tyd
jouself in oefening gekry het nie. Dis wat ons gedoen
het. Die Franse sendelinge het dit nie gedoen nie.

Gloudina
Re: My hart verlang na die Drakensberge [boodskap #61528 is 'n antwoord op boodskap #61522] Sa, 04 Mei 2002 09:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ons het Champagne Castle uitgeklim, tent bo opgeslaan, een lank dag daar bo
lekker rond geloop, en toe die derde dag afgeklim.
Ons het nie sjampanje gekry nie - daardie tradisie het seker teen daardie
tyd al uitgesterf:))
Op 'n ander geleentheid het ons Gatberg uitgeklim - wat baie meer
vreeswekkend was as Champagne Castle.
Annette

skryf in boodskap news:3CD339FF.1020707@rogers.com...
>
> Dave Du Plessis wrote:
>
>
>> sy praat van die klim teen die op omdat hulle haar
>> omgekoop het met "vir Champagne en Castle. net onder
>> die laaste piek"
>
>
> Ek weet nie of hulle dit vandag nog doen
> nie, maar mense wat vir Champagne Castle
> geklim het, het sjampanje gekry by hulle
> terugkoms.
> Ek kan nou nog onthou hoe teleurgesteld
> ek was dat hulle nie maar vir ons sjampanje
> gegee het nie, want ons het so naby die
> hoogste punt omgedraai. Ons was eintlik daar,
> op die plato, maar moes terugdraai omdat dit
> al so laat geword het. Ons is vieruur in die
> oggend weg van die hotel. Ek, 'n vriendin
> Margaret en twee jong Frans-sprekende sendelinge
> uit Lesotho. Ons het seker ses of sewe uur geloop
> voordat ons by die onderkant van die piek gekom
> het. Teen hierdie tyd het die twee Franse besluit
> dat hulle nie verder kan nie, en Margaret en ek
> is toe met ons omtrent sestienjarige klein Sotho-
> gids verder. Hy het geen Engels geken nie. Elke
> keer wanneer die voetpad langs 'n baie senutergende
> afgrond gaan, en ek senuweeagtig vra of ons nie
> daar gaan afval nie, dan sê hy "yes." Uiteindelik
> is ons toe bo op die plato, maar nadat ons daar
> ge-eet het, het ons besluit om om te draai, want
> dit was al redelik laat in die middag. Toe ons
> aan die voet van die berg kom, vind ons tot ons
> verbasing dat die twee sendelinge vir ons gewag het.
> Ons is toe terug, deels in die maanskyn, want ons
> het eers twee-uur in die nag by die hotel uitgekom.
> Alhoewel ons nie sjampanje gekry het nie, het
> 'n goeie bergklimmer vir ons uitgenooi om saam met
> hom in die berge te stap. Ongelukkig (of gelukkig)
> moes ons terug, want dit was aan die einde van ons
> skoolvakansie.
> Een goeie wenk vir amateurs in die Drakensberge.
> Moenie hoë pieke aanvat sonder dat jy dae voor die tyd
> jouself in oefening gekry het nie. Dis wat ons gedoen
> het. Die Franse sendelinge het dit nie gedoen nie.
>
> Gloudina
>
Re: Vang 'n gly en skaats .... [boodskap #61537 is 'n antwoord op boodskap #61521] Sa, 04 Mei 2002 11:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wouter Plaasvark wrote:
> 'n gly in iem., iets VANG, (geselst.), be irritated by something (someone)

Gloudina
OK, Wouter, ek gee op. Al wat ek kan sê, is dat
ek nog nooit hierdie uitdrukking gehoor het of
gelees het nie. En dat dit vir my baie kunsmatig
en common klink. En dat dit snaaks is dat 'n
uitdrukking soos "ek het 'n skaats in..." so
gou kan uitsterf in 'n taal. Want ons het dit
definitief op Stellenbosch gebruik. En nie net
in my klein kring in Huis de Villiers nie. Hulle
moes dit ook in Huis Marais geken het, waar my
man was.

Wouter
Soos ek gesê het, het ek beslis ook al die skaats vang gehoor.
Waar of wanneer kan ek nie onthou nie. Ek het (verkeerdelik)
gedink dis 'n Anglisisme, daarom gebruik ek ook die baie
meer gebruiklike gly vang

Maar 'n taal soos Afrikaans se sêdinge kan oor 'n paar dekades
nogal baie verander. Dalk ook omdat ons baie streekstale het,
maar dit meesal nie as dialekte erken nie en dus mense probeer
leer (het) om "reg" te praat?

Wat vir jou kunsmatig of kommin klink sal dus meermale normale
spreektaal wees. Baie van jou stelwyses kom vir my vreemd of
outyds voor. Nie noodwendig verkeerd nie, maar ongewoon.
Re: Vang 'n gly en skaats .... [boodskap #61540 is 'n antwoord op boodskap #61537] Sa, 04 Mei 2002 12:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Soos ek gesê het, het ek beslis ook al die skaats vang gehoor.
> Waar of wanneer kan ek nie onthou nie. Ek het (verkeerdelik)
> gedink dis 'n Anglisisme, daarom gebruik ek ook die baie
> meer gebruiklike gly vang

Nou hoekom vertel jy nou eers vir my dat
jy ook van die "skaats in" weet? Ek het
begin wonder of ek droom. En hoekom het
jy gedink dis 'n anglisisme? Wat sou die
Engelse ekwivalent wees? Ek het al begin
wonder of dit nie 'n verafrikanisering van
'n Duitse frase is nie, iets met "schade"
in, of soiets.

Gloudina
Re: My hart verlang na die Drakensberge [boodskap #61545 is 'n antwoord op boodskap #61528] Sa, 04 Mei 2002 17:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Ons het Champagne Castle uitgeklim, tent bo opgeslaan, een lank dag daar bo
> lekker rond geloop, en toe die derde dag afgeklim.
> Ons het nie sjampanje gekry nie - daardie tradisie het seker teen daardie
> tyd al uitgesterf:))
> Op 'n ander geleentheid het ons Gatberg uitgeklim - wat baie meer
> vreeswekkend was as Champagne Castle.

Ja, dis 'n baie beter plan om die ding
stuk-stuk te doen. Ek dink die hotel het
'n kans gevat om vier mense met 'n jong
seun as gids so die verte in te stuur.
Met geen manier om in kontak te kom as
daar iets met een van ons gebeur nie.
En dis teveel loop vir een dag. Ek onthou
die laaste uur of twee was die pyne in my
rug en bene so erg dat ek eenkeer plat op
die grond in die maanskyn gaan lê het om
'n bietjie verligting te kry. Die een
sendeling het daarna vir my vertel dat hy op
daardie stadium my posisie effens vreemd
gevind het en gewonder het of daar iets van
hom verwag word. Op daardie stadium sou ek
vir niks geskrik het nie, selfs nie vir die
missionary position nie.

Gloudina
Re: Vang 'n gly en skaats .... [boodskap #61548 is 'n antwoord op boodskap #61537] Sa, 04 Mei 2002 18:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Hier is my suster se opinie oor skaats/gly.
Ek dink ons moet nou maar verder oor die ou sakie
swyg. Ek kan egter nie dink dat hierdie suster van
my ooit die uitdrukking "ek vat 'n gly" sal gebruik
nie. Dit klink nie soos iets wat 'n welgesproke
Afrikaans-sprekende sou sê nie.
Gloudina

"Ek ken albei uitdrukkings, maar weet nie wat die huidige
gebruik is nie. HAT bevat ook nie een van hulle
nie, dus is albei seker maar "slang". Ek voel 'n mens moet suinig
werk met dié soort uitdrukking, veral op die internet. Ek sou liewer
die meer neutrale "Ek hou nie van..."
gebruik, of miskien "Ek het 'n renons aan..." - maar dié is
ook al weer te sterk na my sin..."
Re: My hart verlang na die Drakensberge [boodskap #61549 is 'n antwoord op boodskap #61545] Sa, 04 Mei 2002 19:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Aantie!!! Ek is bekommerd!! Is jy siek?
Jy het my sowaar laat lag!:)))))
Baie, baie snaaks Gloudina, miskien omdat ek presies weet hoe moeg jy kon
gewees het:))

Ons is met twee 10-man tente op die rug teen daardie koppie uit - elkeen het
vir 'n halfuur lank 'n beurt gekry om slawe-arbeid te verrig.
Annette

skryf in boodskap news:3CD420D8.4070400@rogers.com...
>
> Annette wrote:
>
>> Ons het Champagne Castle uitgeklim, tent bo opgeslaan, een lank dag daar bo
>> lekker rond geloop, en toe die derde dag afgeklim.
>> Ons het nie sjampanje gekry nie - daardie tradisie het seker teen daardie
>> tyd al uitgesterf:))
>> Op 'n ander geleentheid het ons Gatberg uitgeklim - wat baie meer
>> vreeswekkend was as Champagne Castle.
>
> Ja, dis 'n baie beter plan om die ding
> stuk-stuk te doen. Ek dink die hotel het
> 'n kans gevat om vier mense met 'n jong
> seun as gids so die verte in te stuur.
> Met geen manier om in kontak te kom as
> daar iets met een van ons gebeur nie.
> En dis teveel loop vir een dag. Ek onthou
> die laaste uur of twee was die pyne in my
> rug en bene so erg dat ek eenkeer plat op
> die grond in die maanskyn gaan lê het om
> 'n bietjie verligting te kry. Die een
> sendeling het daarna vir my vertel dat hy op
> daardie stadium my posisie effens vreemd
> gevind het en gewonder het of daar iets van
> hom verwag word. Op daardie stadium sou ek
> vir niks geskrik het nie, selfs nie vir die
> missionary position nie.
>
> Gloudina
>
Re: My hart verlang na die Drakensberge [boodskap #61878 is 'n antwoord op boodskap #61528] Vr, 10 Mei 2002 18:18 Na vorige boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 4 May 2002 11:31:48 +0200, "Annette" wrote:

> Ons het Champagne Castle uitgeklim, tent bo opgeslaan, een lank dag daar bo
> lekker rond geloop, en toe die derde dag afgeklim.
> Ons het nie sjampanje gekry nie - daardie tradisie het seker teen daardie
> tyd al uitgesterf:))
> Op 'n ander geleentheid het ons Gatberg uitgeklim - wat baie meer
> vreeswekkend was as Champagne Castle.
> Annette
>

As jy Champagne Castle uitklim
is dit nie baie slim...
om dit met 'n champagne te vier
as jy net daarna na Gatberg stuur.
Want om sulke tradisies te dien
kan jy dalk dan jou gat sien
Vorige onderwerp: Weer Baviaanskloof
Volgende onderwerp: Indaba 2002 SA Toeriste Expo in Durban
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 15:32:19 MGT 2024