Supertaal - RDF-voer
http://gesellig.co.za/
Re: Petrol 93c?
http://gesellig.co.za/mv/msg/19219/128893/#msg_128893
Vanaf 1 Januarie 2020 kos 95 oktaan-petrol in Gauteng R16,16 en R15,52 aan die kus, terwyl diesel R14,62 in Gauteng en R14,08 aan die kus sal kos.]]>Jan die Man2019-12-29T08:45:56-00:00SA in tegniese resessie
http://gesellig.co.za/mv/msg/23036/120768/#msg_120768
Die ekonoom Chris Hart het getweet: "As Suid-Afrika sedert 2010 die gemiddelde groeikoers van Sub-Sahara en sy eweknieë in die ontluikende markte kon handhaaf, die ekonomie vandag sowat R1 miljard groter sou wees. Dit is self-veroorsaak deur oorbelasting, oorregulering en weghol-korrupsie."
Selfs Dawie Roodt het gewaarsku: "Alle Suid-Afrikaners behoort baie, baie bekommerd te wees." Hy raai selfs mense aan om in veiliger plekke as Suid-Afrika te belê.
Volgens pres. Ramaphosa sal die regering in die komende dae 'n plan van aksie bekendmaak. Hy het die publiek gemaan om nie moed te verloor nie en dat alle lande deur siklusse met op- en afwaartse fases gaan. Die ingryping om verhogings in brandstofpryse te absorbeer is een van hierdie maatreëls.
Die regering se uitspraak dat "mens grond aan mense kan gee op 'n manier wat werkskepping sal bevorder en die ekonomie laat groei" laat mens egter wonder of hulle weet hoe 'n ekonomie werk. En, vanoggend in die Rapport: "Grondpryse val 32%".
Laat ons maar eerder nie oor die Rand se swak vertoning praat nie...
]]>Jan die Man2018-09-09T15:17:04-00:00Arm wittes ná maand steeds sonder hulp
http://gesellig.co.za/mv/msg/19672/119651/#msg_119651
2010-04-28 23:46
Alet Rademeyer
Pretoria
’n Maand nadat pres. Jacob Zuma en verskeie ministers die informele
nedersetting Bethlehem in die weste van Pretoria besoek en beloftes
aan arm wit mense gemaak het, is daar nog steeds geen hulp vir hulle
nie.
Dr. Danie Langner, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende
Hand, het gesê die organisasie het inligting gekry oor verskeie
voorvalle waar arm wit inwoners van dié nedersetting toegang tot die
beloofde staatshulp geweier is.
Hy het gesê tydens ’n onlangse besoek aan die kantore van die Suid-
Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) is Helpende
Hand ingelig dat die aansoeke vir vanjaar se voedselkoepons ter waarde
van R1 080 reeds einde Maart gesluit het.
Me. Beverly Maunatlala, ’n inspekteur by Sassa, het glo oor Zuma se
beloftes dat arm wit mense om die koepons kan aansoek doen, gesê “die
president weet nie wat in hul begrotings aangaan nie”.
Talle van die aansoekers het sedert 2008 al drie keer onsuksesvol
aansoek om die koepons gedoen.
Langner het gesê hy is baie bekommerd oor die duidelike oningeligtheid
van inspekteurs by Sassa oor die kwessie van wit armoede.
Hy het ook verwys na voorvalle verlede maand waar amptenare van die
departement van maatskaplike ontwikkeling glo vir rassiste uitgekryt
is toe hulle voedselkoepons aan arm wittes wou uitdeel.
- Die Burger
Oorsprong:Die Burger
( http://www.dieburger.com/Suid-Afrika/Nuus/Arm-wittes-n%C3%A1 -maand-steeds-sonder-hulp-20100428
)]]>Etienne Marais2010-04-29T21:24:45-00:00Re: Hoekom styg die rand?
http://gesellig.co.za/mv/msg/19454/119252/#msg_119252
news:13f92aac-3f8e-4099-b723-f51d2c938e23@s16g2000vbp.google groups.com...
>
> "Ballermann, Bodo" skryf
>
>> Rest of the world is weak!
>
> Nee, ek dink nie dat dit die hele storie is
> nie. Een analise wat ek gesien het, is dat
> die markte verlig is dat die verkiesing oor
> is, sonder enige geweld, en dat daar geen
> teken is van drastiese beleidsveranderings
> nie. Ook dat Trevor Manuel 'n versterkte
> posisie in die kabinet het.
>
> Gloudina
Gloudina,hoe gaan dit daar in die kou Canada,geen kou voete?]]>ikke2009-12-23T17:27:19-00:00Re: Hoekom styg die rand?
http://gesellig.co.za/mv/msg/19454/119147/#msg_119147
> Rest of the world is weak!
Nee, ek dink nie dat dit die hele storie is
nie. Een analise wat ek gesien het, is dat
die markte verlig is dat die verkiesing oor
is, sonder enige geweld, en dat daar geen
teken is van drastiese beleidsveranderings
nie. Ook dat Trevor Manuel 'n versterkte
posisie in die kabinet het.
"Hessie" wrote in message
news:ced10d46-f0e1-4176-ab9d-8b145116c123@l5g2000vbc.googleg roups.com...
> Ek merk dat die rand taamlik goed aansterk.
> Hoekom?
>
> Gloudina]]>Ballermann, Bodo2009-05-14T14:01:29-00:00Hoekom styg die rand?
http://gesellig.co.za/mv/msg/19454/119134/#msg_119134
Hoekom?
Gloudina]]>bouer2009-05-06T15:00:08-00:00Jan Taks en die Wet
http://gesellig.co.za/mv/msg/19416/118924/#msg_118924
Desember het ek beswaar aangeteken teen die aanslag omdat
ek belas word met 100% van ons huurinkomste terwyl my vrou en ek binne
gemeenskap van goedere getroud is en die eiendomme dus op ons albei se
name geregistreer is.
In Desember het ek hulle daarop gewys dat hulle verkeerd is en ek
slegs met 50% daarvan belas moet word, omdat indiidue afsonderlik
belas word. Dit is met eFiling gedoen en begin Feb kry ek 'n brief
(seker vormbrief wat aan almal gestuur is) wat sê dat hulle inligting
daarop dui dat ek nie van eFiling gebruik maak nie. Dit is die tweede
jaar al wat ek via eFiling pos.
My antwoord daarop was dat my inligting daarop dui dat hulle nie van
die eFilingvoordele gebruik maak nie en iemand moet kry om hulle te
leer hoe om daarmee te werk. En hulle uitgenooi om my te bel.
Nie om hulle te leer nie maar as hulle dit wou bespreek.
Nou kry ek (so paar dae gelede) weer slegs my oorspronklike aanslag
geherpos aan my, met fasilliteite om dit (die oorspronklike) te
verander. Ek het nou net 'n stink antwoord gestuur, en daarop gedui
wat die wet sê oor die feit dat individue al jare lank afsonderlik
belas word.
Hulle probleem is dat ek in Afrikaans skryf. En hulle skryf geen woord
terug nie maar stuur net vorms wat ek weer in Afrikaans antwoord.
Mense verdra te veel van hulle. Die jaar waarin ons hierheen getrek
het, het hulle gesê dat ek R25000 moet inbetaal. Ek het gesê dat hulle
nie weet wat hulle praat nie, maar dat hulle my geld skuld. Hulle gaan
sien en hulle het my R7000 betaal. Dit was ook nie die eerste keer
nie. Mense moet nie net betaal wat Jan Taks wil hê nie.
Nou is dit interessant wat nou gaan gebeur. Toe ek in eFiling sê dat
my taal by hulle aangeteken is as Afrikaans en waarom ek my
aanslagvorms en alle ander korresondensie in Engels kry, is dit ook
bloot (in Engels) geignoreer.]]>Daun Johnson2009-02-19T12:11:17-00:00die rente is 'wettig'
http://gesellig.co.za/mv/msg/19377/118636/#msg_118636
en dit is dus gekonfiskeer. Die rente daarop was blykbaar nie
onwettiige verdienste nie en hy, die NVG en regspaktisyns
deel dit.
Nou vra hy vir begenadiging en sommer op die koop toe die R34M
ook terug! Hy wag nie eens vir Zuma om aan bewind te kom nie!
Dit blyk dus dat jy 'n taxi kan steel en wanneer jy gevang word
sal die taxi terug geneem word maar die geld wat jy daarmee
gemaak het is joune. Of so iets.]]>Daun Johnson2009-01-23T10:38:42-00:00Re: Hoever word SA geaffekteer deur die ekonomiese tsunami
http://gesellig.co.za/mv/msg/19334/118453/#msg_118453
> Ek het vantevore al die vraag gevra - hoeveel word SA geaffekteer
> deur die onlangse finansiële skokgolwe wat die wêreld tot in sy
> fondamente skud. As ek so vir Beeld op die internet lees, dan
> lyk dit of baie min aangaan wat stof tot vrees is. Ek weet dat die
> huismark deur die situasie getref is, maar verder kan ek geen teken
> sien dat dit die nuus van die dag is, soos dit hier in Noord-Amerika
> is. Alhoewel Kanadese banke nie drasties geaffekteer was deur die
> aanvanklike skommelinge nie ( omdat hulle konserwatief opereer
> en daar streng reëls is wat hulle praktyke reguleer) begin ons nou
> die pyn voel. Baie van die karre wat die drie groot karmakers
> vervaardig, word hier in Kanada net oor die grens aanmekaargesit
> en dan na die VSA uitgevoer. As een of meer van die karmakers
> nou bankrot speel, dan sal dit veral Ontario se ekonomie
> katastrofies affekteer. Dit is daarom dat die Kanadese regering
> oorweeg om ook te help met die "bail-out" waarvoor hulle nou
> vra.
>
> Gloudina
Gloudina
Ek wonder hoeveel mense wat gereeld hier deelneem jou regtig sal kan
sê. Ek dink Dave is in besigheid, dus sal hy dalk kan. Trevor Manual
en die Ekonome op RSG praat in verskillende rigtings. Die grootste
probleem is dat dinge in Suid-Afrika gewoonlik 'n hele ruk neem om te
reageer, maar daar is alreeds groot probleme wat die gewone mense en
kleiner besighede raak; die huis- en motormark, landbou, pryse, sprake
van afdankings oor 'n wye spektrum ens ens ens. Lees die Sake bylaag
van Beeld. Ek het nog nooit probeer nie, dus weet ek nie of mens dit
op die Internet kan doen nie. Seker darem.