Supertaal - RDF-voer
http://gesellig.co.za/
Winter Vakansie.....2011 Carmen's Bushcamp Safaris.
http://gesellig.co.za/mv/msg/19865/119928/#msg_119928
vakansie?? Stuur hulle bosveld toe.. Ons wys en leer hulle meer van
die Natuur. Alles ingesluit. Besoek ons webtuiste vir meer
besonderhede. Spesiale prys van R850.00 per persoon per dag as julle
meer as 14 in 'n groep is.
Slegs geldig vir hierdie winter vakansie.. Webtuiste:
www.carmenmichellesonnenberg.webs.com]]>Carmen Michelle Sonne2011-04-19T06:38:04-00:00Boskamp vir Jong mense.
http://gesellig.co.za/mv/msg/19838/119880/#msg_119880
paar sente te maak. En die politiek maak almal sommer die joos in. En
hoe weet ek my kind gaan veilig wees. Wie is in elke geval hierdie
sonnenberg vroumens? Nog iemand op die "bandwagon".
Darem nie heeltemal nie. Ek is al 30 jaar in toerisme en 20 jaar 'n
opgeleide gids en pas ouma geword.
En neem al jare oorsese se mense op toer deur ons land. Ons vergeet
baie keer van ons eie mense. Nie ek nie.
Was pas met 'n oulike klomp mense Wilderness toe vir Kersfees. Dit was
'n fees en 'n half.
Wat leer die kinders dan??? Bietjie meer as die gewone.. Hoe om seep
te maak van doring bossies. Weet kinders ooit van 'n bobejaan stert
plant wat in die berge groei en dat die oumense dit gebruik het om 'n
lig te maak. Hulle het dit aan die brand gesteek om die omgewing te
belig.
Kom ek neem julle almal saam om 'n bietje meer van die bos te leer.
Besoek my googlegroep: carmensbushcampsafaris.
laat hoor van julle.]]>Carmen Michelle Sonne2011-02-11T15:22:28-00:00Grensbeheer en so meer
http://gesellig.co.za/mv/msg/19026/116902/#msg_116902
Apr 21 2008 10:30:56:167PM - (SA)
Buks Viljoen
Bring die weermag terug grens toe. Die polisie is nie gereed om die
land se grense te beveilig nie.
Mnr. Fish Mahlalela, Mpumalanga se LUR vir veiligheid en sekuriteit,
het dié noodkreet gister aan die nasionale regering gerig.
Die polisie het die patrollering van die grenslyn tussen Suid-Afrika
en Mosambiek, asook die grenslyn tussen die Republiek en Swaziland, op
1 April by die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag oorgeneem.
"Die polisie kan nie dié taak suksesvol verrig nie en die weermag moet
die verantwoordelikheid terugvat totdat ons al die nodige hulpmiddels
het om dit self te doen."
Hy gaan dié week nog 'n dringende beroep op mnr. Mosiuoa Lekota,
minister van verdediging, doen om die weermag weer op die grens te
ontplooi.
Mahlalela sê hy het ná 'n onlangse toer van die grenslyn van twee weke
besef dat dit 'n bykans onbegonne taak vir die polisie is om die grens
te beskerm. "Die heining self lyk soos 'n sif. Op plekke bestaan daar
nie eens drade nie," sê hy.
Die grensdraad tussen Suid-Afrika en Mosambiek, voorheen beter bekend
as die Kaftan-kaplyn, was eens 'n bykans ondeurdringbare heining wat
onder meer geëlektrifiseer en met 'n gesofistikeerde alarmstelsel
toegerus was.
"Die onwettige paaie wat oor die grens tussen die republiek en ons
twee buurlande loop, is op plekke besiger as die N4-hoofweg!"
Misdaad gedy weens die toestande op die grense, sê Mahlalela.
Volgens hom het die polisie eenvoudig nie genoeg mannekrag om die
heining doeltreffend te patrolleer nie.
"Ons moet raap en skraap om lede van polisiestasies te kry om die werk
te doen."
Volgens hom is daar nie eens een polisieman wat die grensdraad tussen
Mbuzini, die mees noordelike grenspos tussen SA en Swaziland, en
Oshoek in die suide, patrolleer nie.
Daar is ook nie genoeg voertuie of ander noodsaaklike toerusting, soos
radio's, beskikbaar nie.
Die weermag, wat nog al die jare vir grensbeveiliging verantwoordelik
was en hoofsaaklik by die Sandrivier-basis in die Krugerwildtuin en
die Makadamia-basis naby Komatipoort gestasioneer was, het aan die
einde van Maart onttrek. Die regering het reeds in 2004 besluit dat
grenspolisiëring die polisie se verantwoordelikheid moet word en dat
dit oor vyf jaar ingefaseer moes word.
Mahlalela sê een van die probleme wat die polisie ondervind, is dat
die pad langs die grenslyn so onbegaanbaar is dat hulle nie betyds op
plekke kan uitkom wanneer grenskruipers wel opgespoor word nie.
Volgens Mahlalela het hy self gestaan en kyk hoe Swaziland-burgers
doodluiters naby die Mbuzini-grenspos heen en weer oor die grens stap
om onder meer inkopies in Suid-Afrika te kom doen, klinieke te besoek
en selfs hul kinders hier na skole toe te bring.
"Dit is business as usual," sê die LUR.
"Die probleem wat 'n Suid-Afrikaanse polisieman het om teen
misdadigers uit Mosambiek op te tree, is dat daar nie 'n
uitruilooreenkoms tussen dié twee lande is nie. Hy kan vir die
polisieman staan en lag en die Suid-Afrikaanse polisieman kan niks
doen nie."
Mahlalela sê misdrywe soos gewapende aanvalle, huisbraak en diefstal
en deesdae ook al hoe meer veediefstal, ruk hand uit in die
Onderberg-gebied.]]>Ferdi2008-04-22T10:15:46-00:00Re: Kamp Raad
http://gesellig.co.za/mv/msg/18804/115621/#msg_115621
> Sotlike olie, ja, onthou om julle tanks te recharge voor 12
Ek het in elk geval gehoor sitronella-olie gee mens hare in jou hande.]]>Koot2007-12-05T19:22:31-00:00Re: Kamp Raad
http://gesellig.co.za/mv/msg/18804/115610/#msg_115610
>
>>> Hans Walvis :
>>> Afgesien van die sotlike antwoorde op jou pos - probeer sitronella
>>> olie of sitronella kerse brand... Dit werk..
>
> Koot sê heel onthuts:
>> Ek was selfs taamlik ontsteld oor sommige antwoorde. Sies.
>
> Ek ook, Koot..! En die eerste keer wat ek hoor van sotlike kerse.
Sotlike olie, ja, onthou om julle tanks te recharge voor 12]]>duif2007-12-04T13:39:07-00:00Re: Kamp Raad
http://gesellig.co.za/mv/msg/18804/115609/#msg_115609
> On Dec 3, 6:46 pm, Hans Walvis wrote:
>> On Dec 3, 10:21 am, "Riaan" wrote:
>>> Het enige iemand hier vir my raad ten opsigte van vlieë tydens kampering.
>> Hans Walvis :
>> Afgesien van die sotlike antwoorde op jou pos - probeer sitronella
>> olie of sitronella kerse brand... Dit werk..
>
Koot sê heel onthuts:
> Ek was selfs taamlik ontsteld oor sommige antwoorde. Sies.
Ek ook, Koot..! En die eerste keer wat ek hoor van sotlike kerse.]]>duif2007-12-04T13:35:59-00:00Re: Kamp Raad
http://gesellig.co.za/mv/msg/18804/115602/#msg_115602
> On Dec 3, 10:21 am, "Riaan" wrote:
>
>> Het enige iemand hier vir my raad ten opsigte van vlieë tydens kampering.
>
> Hans Walvis :
> Afgesien van die sotlike antwoorde op jou pos - probeer sitronella
> olie of sitronella kerse brand... Dit werk..
Ek was selfs taamlik ontsteld oor sommige antwoorde. Sies.]]>Koot2007-12-04T09:43:32-00:00Re: Kamp Raad
http://gesellig.co.za/mv/msg/18804/115590/#msg_115590
> Het enige iemand hier vir my raad ten opsigte van vlieë tydens kampering.
Hans Walvis :
Afgesien van die sotlike antwoorde op jou pos - probeer sitronella
olie of sitronella kerse brand... Dit werk..]]>Hans Walvis2007-12-03T16:46:08-00:00Re: Kamp Raad
http://gesellig.co.za/mv/msg/18804/115587/#msg_115587
> Ja, dit werk. Pasop net vir die vingers. My broer het sy pinkie so
> verloor.
Is jou broer dan 'n vlieg?]]>Ferdi2007-12-03T12:25:54-00:00Re: Kamp Raad
http://gesellig.co.za/mv/msg/18804/115586/#msg_115586
> Het enige iemand hier vir my raad ten opsigte van vlieë tydens kampering.
Sorry, al wat ek kan aanbeveel is: Moenie gaan kamp nie...]]>Ferdi2007-12-03T12:24:56-00:00