Supertaal - RDF-voer
http://gesellig.co.za/
Re: Baie dankie Gesellig
http://gesellig.co.za/mv/msg/44529/140130/#msg_140130
Louis Basson2022-08-29T13:36:25-00:00Re: Baie dankie Gesellig
http://gesellig.co.za/mv/msg/44529/140129/#msg_140129
Dit was die tyd voor sosiale media toe penmaats nog ‘n werklikheid was. Om met penmaats te kon korrespondeer, moes ons tussen ‘n pen en ‘n tikmasjien en tussen ‘n skryfblok met koeverte, ‘n aerogram en ‘n poskaart kies. Verder het ons ‘n wye keuse van posseëls gehad wat ons op die posstuk kon plak nadat elke posseël eers met die tong natgelek moes word. Selfs die koevert was met die lek van die tong verseël. Daarna moes ons tussen seepos en lugpos kies. ‘n Posstuk per seepos het 14 dae geneem om Europa te bereik terwyl dit per lugpos 2 dae kon neem.
Daar was ‘n werklike band tussen penmaats as gevolg van ‘n werklike straatadres, ‘n persoonlike en unieke handskrif en selfs ‘n eie reuk aan elke posstuk. Sonder om na die afsender se adres agterop die posstuk te kyk, het die handskrif gewys van wie die posstuk afkomstig was. Toe ek in std. 5 op skool was, het ek 52 penmaats in lande rondom die aarde gehad met wie ek in Afrikaans, Engels, Frans, Italiaans en Esperanto gekorrespondeer het. In std. 6 het Duits en in std. 9 het Russies ook bygekom. Dit het baie deure na kontak vir my oopgemaak en was soveel keer meer persoonlik as vandag se sosiale media.
Mag daar nog sommer baie verhale en artikels op Gesellig verskyn.
]]>Louis Basson2022-08-29T13:34:45-00:00Re: Baie dankie Gesellig
http://gesellig.co.za/mv/msg/44529/140106/#msg_140106
Jammer om te hoor dat Woes.co.za nie meer aktief is nie. Ons kan maklik hulle data hier laai, as hulle dit beskikbaar sou stel.
Terloops, ek het die meeste van jou gedigte gelees en moet sê dat jy 'n besonderse talent het.
Pos gerus meer!]]>admin2022-08-26T16:53:23-00:00Baie dankie Gesellig
http://gesellig.co.za/mv/msg/44529/140094/#msg_140094
Daar is egter iets wat my pla en wat werklik jammer is.
Wanneer ek na die lys van lede kyk, sien ek dat daar gereeld nuwe lede aansluit, wat verblydend is en waarvoor ‘n mens dankbaar is, maar onder “Boodskappe Bygevoeg” sien ek geen beweging nie. Ek kan nie glo dat daar soveel lede op die tuiste is, maar dat daar geen aktiewe byvoegings verskyn nie.
Ek besef dat nie elke nuwe lid ‘n digter is nie, maar ek is nie die enigste Afrikaanse digter in ons land nie. Hoekom verskyn slegs my gedigte op die tuiste? Ek kla nie, want ek sien dit word gelees en daarvoor is ek baie dankbaar, want selfs as slegs een van my gedigte vir iemand daarbuite iets positiefs kan beteken, sal dit my die gelukkigste mens maak. Dit is al wat ek wil bereik. Ek wonder net waar al die ander digters hulle gedigte plaas. Voor 2017 was Woes.co.za die plek, maar nou is dit nie meer daar nie.
Alle voorsped met Gesellig.
]]>Louis Basson2022-08-25T12:10:28-00:00Re: Telegram
http://gesellig.co.za/mv/msg/43505/139493/#msg_139493
https://translations.telegram.org/af/
Groep vir bespreking: https://t.me/translation_af]]>Jan die Man2022-06-04T12:48:11-00:00Telegram
http://gesellig.co.za/mv/msg/43505/139060/#msg_139060
Hier is 'n paar groepe om by aan te sluit.
Laat weet gerus as u enige ander goeies ontdek.
Afrikaanse Musiek https://t.me/AfrikaanseMusiek
Die Amptelike @AfrikaanseMusiek kanaal. Iets na almal se smaak.
Musiek is Volksbesit en jy MAG trots wees!
Gesellig Afrikaans https://t.me/gesellig]]>Jan die Man2022-03-14T18:45:45-00:00Re: Radio Stasies
http://gesellig.co.za/mv/msg/43434/138997/#msg_138997
Radio Ooroord se webtuiste is ook af, so ek het hom maar vir eers uitgehaal.]]>admin2022-02-28T07:10:01-00:00Re: Radio Stasies
http://gesellig.co.za/mv/msg/43434/138992/#msg_138992
Pretoria FM - werk
RSG - werk
Perron FM - werk
Luister FM - werk
Lekker FM - werk
Bok Radio werk
Bosveld - werk
Groot FM - werk
Radio Namakwaland - werk
Radio Rosestad - werk
Radio Oorboord - werk nie!!!
Stereo Sonder Grense - werk
Jou Stasie - werk]]>Jan die Man2022-02-27T14:41:45-00:00Radio Stasies
http://gesellig.co.za/mv/msg/43434/138990/#msg_138990
Sal dit moontlik wees om die skakels na die res van die stasies te herstel aub.
Groete in Afrikaans.
Hansie]]>Hansie2022-02-27T13:46:29-00:00Soekfunksie
http://gesellig.co.za/mv/msg/42666/138265/#msg_138265
Om vir iets te soek, tik doodgewoon die woord of frase in die relevante veld en druk 'enter' om die resultate te sien. As u te veel resultate kry, beperk die soektog verder. Maak o.a. seker u in die regte forum soek. As 'n mens 'n grappie soek, gaan jy dit byvoorbeeld nie in die woordeboek kry nie.
As daar geen resultate is nie, sal ons die soekfrase se spelling nagaan en voorstelle maak.
As voorbeeld, soek vir iets soos "eetlepel", maar laat een van die e's uit.
Die resultaat is: Bedoel u: eetlepel eetplek...
Vir blokkiesraaisels, gebruik "_" om 'n enkele karakter uit te laat en "%" vir 'n hele greep.
As voorbeeld, watter woord pas "_ar_lo_p"?
Kyk self by http://gesellig.co.za/s/_ar_lo_p]]>admin2021-10-21T11:20:56-00:00